Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on January 16, 2013, 06:55:25 AM

Title: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: Meraai vannie Baai on January 16, 2013, 06:55:25 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Waterlelie2013_zps98ba2ddf.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/lelieenvissies_zps308ca29a.jpg)

Na die storm wat ons gehad het, is die water redelik vuil maar die vreugde van die ou watergaatjie en sy besoekers nog ewe groot. Dit neem gewoonlik 'n paar dae vir die filter om die water weer skoon te kry.
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: PM on January 16, 2013, 07:32:40 AM
Dankie Raaitjie.  Dit is asemrowend mooi.  Ek lief dit.  Die bytjies en die blommetjies.   :icon_biggrin:
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: Fransi on January 16, 2013, 12:51:13 PM
So mooi! Pragtig.
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: Meraai vannie Baai on January 23, 2013, 04:18:44 AM
Nog enetjie vir julle :love7:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Ponlockieseperstrots_zpsd7886173.jpg)
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: PM on January 23, 2013, 07:32:46 AM
Dankie Raaitjie, dit is so mooi, as dit in my dammetjie was sou ek my stoeltjie net daar parkeer het.   
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: Meraai vannie Baai on January 23, 2013, 09:55:06 AM
Moet erken ek maak gereeld 'n laaaang draai daar PM  :toothy4:
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: Fransi on February 02, 2013, 05:20:09 PM
Sjoe, die kleure en detail slaan my asem weg. So mooi.
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: Meraai vannie Baai on February 03, 2013, 11:43:28 PM
Die lelie altyd 'n oogplesier Fransi. Ek lief ook al die besoekers , het jy gesien hoe die sonlig die by se lyfie vang?  :love7:
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: PM on February 04, 2013, 04:28:52 AM
Hier sien ek dit nou eers. Kan jy dalk daardie foto'tjie 'n bietjie groter maak Raaitjie.

(Bly om jou hier raak te loop, ek was al bekommerd.)
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: Meraai vannie Baai on February 04, 2013, 05:15:56 AM
Ek sal probeer, ons kamera neem vreeslike groot fotos en dan wil die program dit nie laai nie. As ek dit so rangskik met PhotoScape maak hy dit self kleiner sodat mens dit gedeel kry. Sal loer of ek apart kan probeer plaas PM hoor!
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: Fransi on February 04, 2013, 09:11:32 AM
Ja, dit is werklik besonders. :-)  :love7:
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: Ah Willa on February 04, 2013, 09:46:33 AM
die mooiste pers  :toothy4:
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: adele on February 05, 2013, 05:51:29 AM
met sonsopkoms sit ek hier langes die mooiste mooi

 :grommit:
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: Meraai vannie Baai on February 05, 2013, 09:49:32 AM
Vandag weer al om die watergaatjie gedwaal en dit saam met julle geniet matertjies  :love7:
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: Wikus on February 06, 2013, 05:18:26 AM
Het jou nogal daar gesien dwaal.  Dit bring altyd rustigheid  vir 'n mens se gemoed. 
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: Meraai vannie Baai on October 12, 2015, 08:49:26 AM
Snik snik snik. Hierdie waterlelies het die winter nie oorleef nie. Vandag die pot uit die watergaatjie gehaal en daar was niks... net mooi niks. Gelukkig blom die eerste witleletjie weer :love7: Langs die pad na die plaas waar Meisiekindjie en haar gesin bly, het ek 'n gaatjie water gesien en daar was perslelies aan't blomme. Daar ook nie heining om die watergaatjie so ek dink dalk moet ons 'n draaitjie daar gaan loop en 'n emmer en hark saamneem  :toothy4:
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: Fransi on October 12, 2015, 09:52:25 AM
Gelukkig is die natuur vol vernuwing en herlewing. Ek is bly oor die witlelie. :-)
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: AB on October 21, 2015, 06:12:06 PM
Dankie, dis pragtig
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: PM on December 09, 2015, 10:47:31 AM
Raaitjie, het jy toe 'n lelie of twee gekry?
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: Meraai vannie Baai on December 09, 2015, 11:18:55 AM
PM, ons pienk lelies blom so een-een maar die blare baie treurig. Die hitte-golwe hierdie jaar ongenadig teenoor mens, dier en plant  :crybaby2:
Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: Meraai vannie Baai on March 10, 2016, 04:00:43 AM
Weer probeer om die foto op te spoor van die bytjie op die lelie PM maar heelaas, tussen der duisende omtrent 'n onbegonne taak   :icon_bigsmurf: Kon darem vir jou die brawe laaste pogings om te blom van ons ander waterlelies vanoggend afneem. Herfs is besig om sy merke te maak.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07082a.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC07082a.jpg.html)

Van bietjie nader...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07083a.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC07083a.jpg.html)



Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: Meraai vannie Baai on March 10, 2016, 04:25:52 AM
Kon nou wel nie die bytjie-foto kry maar die baba monstertjie het so pragtig vir my geloer vandag, dat ek hom toe ook maar liefies kliek. Mens moet mooi kyk om hom raak te sien waar hy lief is om in die son te baai. Die outjie het hier in ons tuin die eerste lewenslig aanskou en sy ouers vele male afgeneem onder die moerbeiboom  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07095.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC07095.jpg.html)

Skies. Foto is uit fokus maar wou die pragtige merke op sy lyfie wys.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07085.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC07085.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07093.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC07093.jpg.html)

Title: Re: Eerste waterlelies in Ponlockie vir 2013
Post by: PM on March 23, 2016, 11:04:00 AM
Goeiste, kyk nou net!  Die goggatjie is werklik pragtig en ek lief die stomp waarop hy/sy sit!

Ons is ook bevoorreg om 'n paar soorte "koggelmannertjies" hier te hĂȘ.  Dan het ons ook die likkewane wat heelwat groter word.  Hulle is nogal baie lastig deurdat hulle nes maak bo in die dak. 

Baie dankie vir die deel Raaitjie, dit is wonderlik.