Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: Meraai vannie Baai on January 01, 2013, 11:07:22 PM

Title: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 01, 2013, 11:07:22 PM
Ek misssss vir jou  :crybaby2: :icon_scratch: Alles reg???
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Gawelina on January 02, 2013, 05:36:49 AM
Mmmmm,ekke wil ook daai ene weet asb.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 02, 2013, 06:58:56 AM
Dan sleep ek maar onse twee stoeletjies nader en sambreel. Twee glase ook so virrie wis en onwis. Tot ons nuus gekry het  :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 02, 2013, 10:43:31 AM
Sjie Gawes dalk moet jy so drie kortes en een lange gee daar na onse sustertjie toe. Ek 'like' niks van die stilte nie  :dontknow: :crybaby2:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Gawelina on January 02, 2013, 11:09:51 AM
PM is okey. Nou net met haar gepraat. Sy maak huis skoon en tuin reg vir kuiergaste. Smaak my soos die een groep by die hek uitry, trek die ander groep kort op hulle hakke daar in. Ek het haar mooi laat verstaan dat 'n driepoot nie lekker staan as een van sy pote nie okey is nie.  Sy stuur liefde.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 02, 2013, 10:57:28 PM
Ek is so jammer dat ek julle laat komkommer het.  Dit het net (en sal nog vir 'n dag of drie) vreeslik rof gaan.  Jannas het 'n paar beeltjies en potte en 'n "what not" vir moeder wyn geskenk en "by hook or by crook" moes alles net 'n staanplek kry.  Hulle kuier ook hier met die twee dogtertjies en toe ons nog gaste kry moes ek spring om vir almal 'n lêplek reg te kry wat nie deur spinnekoppe oorgeneem is nie.  Julle wil nie weet hoe hard ek gespook het nie, maar dit het sommer gehelp om die helfte van die huis weer in 'n leefbare toestand te kry. 
Nou is almal se magies vol en in die kooi. 
Ek soebat hard by JC om iemand anders te stuur om die projek by Heidelberg te gaan klaarmaak sodat ek kan begin om my huis reg te kry.  Die tuin lyk baie mooi en ek is heel tevrede met die harde werk agter die rug. 
As alles volgens plan verloop sal my tuinjong weer more aanmeld vir diens, dan kan die avo's en blare maar val sonder dat dit  my probleem is. 
Nou soek my kop 'n kussing. 
Dankie dat julle lief is vir my en dat ek mag lief wees vir julle.   :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 02, 2013, 11:03:05 PM
Oe grooot lekkerte. GENIET! So dankbaar alles is wel en sambliefie vir sneppies van die geskenke.   :bootyshake: Gawie ek lief daai driepootuitdrukking van jou  :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 02, 2013, 11:10:06 PM
Daar lees ek jou nou raak Sustertjie.  Ek sal sodra ek 'n rustigheidjie beleef 'n paar snappies kom plak. 
Ja, ek stem saam, 'n driepoot staan nie op twee bene nie.  Liefe jou matertjie, nou gaan ek regtig slaap anders is ek more vodde. 

 :bootyshake:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 02, 2013, 11:16:01 PM
Lekker doeks  :love7: My siel sal ook nou tot ruste kom dat ons weet jy is 'okey'  :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Gawelina on January 03, 2013, 05:25:52 PM
En noudat onse ou driepootjie weer stewig staan en ons 'n bossie kuberblommetjies daarop kon staanmaak, het ek vandag 'n hengske werkslading voltooi. Ek is skoon vodde, maar my hart was lig.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 04, 2013, 03:54:29 PM
Ai, ai, ek jaag ook deur die lewe met 'n huis vol mense.  Sondag ry ons weer Grootvlei toe.  Vandag het Hannes net 'n e-pos gekry van waar ons ons verblyf al laaaank terug bespreek het.  Dit lees:  Vir twee nagte kan julle hier in die huis slaap, die volgende drie nagte trek julle studio toe, die volgende drie nagte slaap julle in die vierbedkamer en dan en dan... "en dan vlieg jy sommer in 'n rigting wat reguit hel toe gaan, want jy gaan my nie weer so rond trek nie!"  Klaar gepraat.  Nou soek ek weer verblyf!
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 05, 2013, 12:49:20 AM
Ek het plek heheheh. Sterkte matertjie. Dit klink na frustrasie in hoofletters, geonderstreep en gebold  :headbang:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 05, 2013, 05:33:38 AM
Elke saak het twee kante, dit verstaan ek.  Hulle probeer soveel moontlik geld maak en ek wil net rustig bly waar ek bly sonder om van kamer tot kamer te spring.  Ek moet kook, ek trek nie net met 'n tassie klere nie.  Een houer het net soppe, speserye en kruie in.  Dit kos 'n ou 'n fortuin om elke keer by elke nuwe plek 'n klomp goed, wat in elk geval oud word, te gaan
koop.  Ek pak dit maar in en vat dit saam. 
Dan is daar goed wat nie orals in elke selfsorgeenheid beskikbaar is nie.  'n Fyndrukker, sif, ordentlike blikoopmaker, skerp messe, vergietes, tupperhouers, ens.  Ek neem my rooiwynglase saam, want ek verseg om my wyn uit 'n poepglasie te drink.
Dit is vir poep, nie vir rooiwyn nie.   :icon_biggrin:
'n Verlenging of twee met die nodige proppe is 'n moet.  My klikbeksak met die verkyker en die vogelboeke moet ook in.  Dan praat ek nie van my ander boeke nie.  So kan ek nog 'n paar dinge opnoem, maar dit is vervelig. 
Dit is nie sommer net vir trek nie!  :dontknow:

Ons sou darem 'n fees gehad het as ons kon saam kuier Raaitjie.  Ek sou ook my strepiesbers en rooiwyn ingepak het, dan kon ons saam onder die sterre lê en vir die maan wuif! In die dag sou ons net geboek het.  Ek wens ek wens...
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 05, 2013, 12:26:50 PM
En ekke verstaan jou probleem  :bootyshake: en voorwaar sou ons GEKUIER het. Mag ons nooit ophou wens en droom nie!! Eendag is eendag ....  :hello:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Angelica on January 05, 2013, 12:34:49 PM
Julle sal dat ek al my spaarvarkies nek omdraai en saam gaan le op bersies met 'n wynbottel in die regterhand en wuif vir die maan. 
Himmel, dit klink mos na besigheid.  Maak asb seker dat daar nie stadsligte rondom ons is nie.  Ek wil die sterre ook sien.
Elkeen bring 'n klomp stories saam.  Sodat ons kan lag.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 05, 2013, 12:58:24 PM
Dit sal so wonderlik wees.  My pa het altyd gepraat van "wanneer sy skip kom".  As my skip kom kan jy maar die spaarvarkies se lewens spaar.   :angel4:  Eendag is eendag...   Haai, ons kan mos met dieselfde skip gaan!   :hello2:

Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 05, 2013, 01:18:08 PM
Vanaand droom ek mooooie mooooie drome. Omring deur my sielematertjies. Lief julle soooooo baie baie  :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Gawelina on January 05, 2013, 01:19:00 PM
Hoop dis 'n groot genoeg skip vir my ook.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 05, 2013, 01:21:24 PM
Dit sal 'n groot groot skip wees met baie plek vir almal!  Natuurlik gaan ons nêrens heen sonder jou nie!
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 05, 2013, 01:26:47 PM
Toe ons van NZ na Aus getrek het, het onse goedjies met die skip oor die waters gevaar en ek het drie maande moes wag vir hom aan land te kom met onse aardse skatte. Al moet ek vir ewig wag vir die skip waarop julle drietjies is, sal ek!!
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 05, 2013, 01:29:38 PM
Ai my sustertjie.  Ek wens ek wens en ek droom en droom.  Intussen vlieg ek maar op my besempie tussen die sterre deur en waai elke aand vir jou daar van bo af! 
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 05, 2013, 01:35:00 PM
As hier nou 'n 'ekke lieffff dit' knoppie was het ek hom sommer drie male gedruk  :icon_biggrin: Vanaand kuier ek so lekker tussen die lyne ek vergeet skoon om te gaan slaap. Gaan nou eers gou draaitjie buite maak en kyk of ekke vir jou sien waai PM'pie  :angel4:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 05, 2013, 01:37:11 PM
Kyk net skuins bokant die ponlokkie, daar is ek.   :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 07, 2013, 12:59:36 AM
Jy was die blinkste sterretjie aan die hemelruim. Jou GESIEN en toe jy jou stertjie wou waai ... daar verskiet jy en vir eerste keer het dit asof in slowmotion gebeur ... dink ek bymyself: dit was nou in simphatie gewees  :love7: Waaaar in die wye wereld gaan jy dit nog kry? So uniek is onse vrindskap!
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 07, 2013, 05:07:18 AM
Jy laat my soos 'n  klein spikkeltjie voel Raaitjie.   :notworthy:  Mag ek jou en my ander matertjies nooit teleurstel nie.  Julle is vir my meer as al die skatte op die aardbol werd.   :love7:
As daai vervlakste skip van my nou net wil aankom kan ek almal bymekaarmaak en vir jou kom kuier.  Hoe ver is jou huis van die hawe af?  Ons sal vir jou, Outop en al julle mensies kom oplaai om saam te toer.   :angel4:  Kan julle dink hoe mooi die sterrehemel lyk daar diep op die water waar daar geen ander ligte is nie. 
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 07, 2013, 05:55:10 AM
 :love7: Ons is so drie en halwe uur se ry van die hawe af, en ek het klaar my grootste soetkysie gaan afstof hehehe. Daai skip van jou se seil sien ek al op die horison!!
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 07, 2013, 12:06:33 PM
Ek hoop darem my skip het groot masjiene en 'n uitkyktoring.  Jy weet mos, daai kamer met al die navigasiegoeters en toerusting wat nodig is om koers te hou.   :icon_biggrin:  Ons gaan ver toer. 
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 07, 2013, 11:09:25 PM
Ek loer in die gees alreeds deur een van die kajuitvensters en geniet die sterre aan die hemel en die langs my ewe veel  :love7: Hoe wonderlik dat ons tyd kry om vir mekaar te laat weet: ekke lief julle 
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Gawelina on January 09, 2013, 04:27:57 PM
Ekke verlang julle big time!  Weereens my tyd gemors! Whaaaaa!!!!! Ek is lus en kou 'n paar klippe.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 09, 2013, 11:21:13 PM
Oeeee kom eers hier lat ek jou kan drrrrrruk Gawes. Ons mis en verlang ons stikkint man  :crybaby2:  Wanneer kom jy terug???
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Gawelina on January 09, 2013, 11:29:12 PM
Oom Jan sê as ons vrydag klaar ontbyt geëet het, gaan ons huis toe. Ons is moedeloos moeg en ons leer fietôl. My bene en voete lyk soos boomstompe geswel, my knieg pyn en my sitvlak is vierkantig. Hulle leer ons wat is telaktiwiteite, wat is breuke, sê mens grootste en kleinste getalle of meer en minder. Die gr. 3 vakadviseur vertel ons dat sy ons werkboeke geskryf het en hoe goed hulle is en hoe lekker hulle werk. By die kultuurvergadering leer ons van kurt darren se liedjies wat onaanvaarbaar is en hansie slim wat so mooi is. Die kinders mag nie volksvreemde danse soos hip hop danse doen nie en gr.1's se redenaarstemas is; bygelowe 2013. Ek is ga....vol! Moereloos verby. Skuus, nou kla ek net.  Liefe julle tonne tonne
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 10, 2013, 01:15:55 AM
Ek dink die ouens wat die goed reel is volksvreemd! Vlieg sommer op my besem soontoe en pak jou soetkysie vir jou Juffrou Gawie  :love7: Jou plekkie op die swaai in onse tuin is leeeeeeeeg.  :crybaby2:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 10, 2013, 06:08:33 AM
Welkom Juffrou Gawie.   :wave:  Hier is die regte plek om te kom afpak as dit druk gaan. 
Kyk matertjie, dit is al die 10de en more is Vrydag.  Nog net een slapie! 
Sou ek daar wees sou ek daai voete ingesmeer en beter gesoen het. 
Ek het 'n skakel geplaas waar jy Loeloeraai kan gaan lees as jy "tyd op hande" het.   :icon_biggrin:
Ons wag vir jou.   :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Gawelina on January 10, 2013, 04:51:17 PM
Vandag was dit beter. Bitter interessante lesing gehad oor kinders met emosionele probleme. Tweede sessie was weer lees elke sin van die papiertjie af en toe verdaag ons. Die baas het my Milaydi's toe gevat en. Ogal ge"escort" oor die straat en weer terug. Ek voel baie gevlei, maar dis nogal ongemaklik om klere te kyk as jou baas saam met jou in die winkel is. Hehehehe.  Nuwe ervaring.

Ek het nou 'n lekker stort gevat en nou lê ek en my seer voetjies heerlik voor die waaier. Die weer grom, so ek dink ons kan reën verwag. More vroeg, na ontbyt, vat ons die lang pad terug. My kinders verlang glads na my. Hehehehe.

Saterdag sal ek beslis op my pos wees in die tuin. Soek net die dik voete en julle sal my vind. Hie hie hie
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 10, 2013, 05:09:05 PM
Ek is so bly dit gaan beter.  Saam jou baas?  In 'n klerewinkel?  Hê-hê.  Het hy jou help kies? 
Ons sien jou Saterdag in die tuin.  Kan nie wag dat jy moet rerug wees nie.   :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 11, 2013, 05:23:56 AM
Ek gaan my vrolikste blommetjiesromp aantrek met my nuwe hoed en gewapen met pienkborrels vir die okkasie  :love7: :notworthy:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 11, 2013, 09:47:03 AM
Ek bring die eetgoedjies!  Sien jou daar!
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 14, 2013, 10:23:48 PM
Sustertjies van my, net gou laat weet ekke gaan ons tuinkuiertjies mis vir 'n paar dae. Ons 'trek uit' sodat die lugsuiweraarsisteem geinstalleer kan word. LIefe julle baie baie  :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Gawelina on January 14, 2013, 10:33:52 PM
Ek neem kennis. Dalk vang ek so 15 minute langer slapie dan. Dit gaan rod die kant. Die girls knip nog uit aan die skoolwerk wat vanmiddag gedoen is. Sterkte met die werkery hoor!
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 15, 2013, 07:38:58 AM
Ek het gaan soek daar in die tuin en net "spore van gister" daar raakgeloop. 
Geluk met meisiekind se verjaarsdag Gawie, ek weet sy sal vir julle nog baie vreugde bring.  Drukkie vir haar.
Raaitjie, ek hoop na dese sal dit sommer baie beter gaan met skoon lug.  Kom vertel sustertjie. 
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 15, 2013, 11:47:28 AM
Ons sal alles mooi aanteken en kom vertel hoe dit gaan. Nou wil julle  liewers nie weet hoe dit hier lyk nie. Dit is heeeerlik koel en die vars lug wonderlik maar die reuke nog baie sterk en alles is toe onder die stof. Ons sal seker vanaand en moreaand nog in wieletjies huis deurbring tot dat die reuke verdwyn het. Ons het blykbaar baie goeie houtbalke in die dak en die ouens moes deur dit saag om by elke vertrek 'n ventilasieluik in te kon sit. Die oumense het nog 'goed' gebou se die man vir ons. Dit ruik soos saagmeule hier LOL! More is dit operasie skoonmaak, gordyne en beddegoed was. Dan die terugsit/hang  :icon_scratch: grooot werk!
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 15, 2013, 12:44:31 PM
Ek is bly dit is darem al so ver Raaitjie.  Voorspoed met die skoonmaak.  Vat dit rustig, moenie jouself verwoes nie. 
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Gawelina on January 15, 2013, 09:05:28 PM
Oeeee heh eh! Ek bewonder jou moed! Vat dit rustig jong, ek lê net smiddae met geswelde, krampende beentjies. Dis nag nella,die een hittegolf na die ander. Die kiddies is sover baie soet, maar nog baie babatjie. Sal nou rukkie vat voor hulle aangepas het.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 15, 2013, 11:58:36 PM
Gelukkig het ek wonderlike hulp in die vorm van Oupa Blessie en sal meer in toesighoudende rol oor sy skouer loer. Plan van aksie klaar uitgewerk: Gaan rolspel toepas  :headbang: ek is 'n nursie met my wit masker...ek voorsien swarigheid vir my 'hulp' want ek sukkel om my hande van hom af te hou as hy so fiks voor my woel  :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 29, 2013, 01:05:55 PM
PM het klaar gepak.  Ons is oppad om die laaste dokumente af te handel vir die oorgawe van die projek.
Ons sal kontak as ons daar is. 
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 29, 2013, 11:04:34 PM
Hoop alles verloop vlot PM!! Diekant van die aardbol het ons vanoggend geen toegang tot enige kuberbronne in Aus LOL.  :dontknow: Probeer ek uit moedeloosheid kyk wat gebeur as ons op die forum se skakel druk - en raai wat? Ons kan julle kontak maar ons hele possisteem in Gatkantland is versuip smaak dit my  :icon_biggrin: Daar is wel 'n boodskap wat opspring by die nuusberigte oor die voorsiener wat verskoning vra vir groooooot onderbrekings, hulle werk daaraan.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 30, 2013, 07:01:20 AM
Die forum het my ook 'n paar keer gehelp toe ons oor die grense was.  Ek kon van hier af e-pos stuur en
ontvang.   :hello2:

Ek hoop julle poskoetsie kry gou nuwe wiele Raaitjie. 
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 30, 2013, 10:29:01 AM
En hier is ons nou, veilig gery. 

My modem werk op die forum, maar die internet bly net wielietjiedraai.  Vreemd. 

Hier is die skakel as julle wil sien.  Dit is verklaar as 'n nasionale monument. 

http://www.safarinow.com/go/DeRustGuestHouseHeidelberg
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 31, 2013, 03:21:13 AM
Wys jou HOE belangrik is die woorderf  :love7: Ek kon gisteraand laat gou weer toegang kry tot die gevreetboekie, net om 'n halfuur later weer gestrand te sit. Nie een van my poskoets se wiele draai produktief nie - hoeka net bloot vir die bluf draai en draai die spulletjie tot vervelens toe - selfs ons lokale weerskakel staan en koggel my so!

Ons grootste vrees was dat die paaie nog onbegaanbaar gaan wees volgende week wanneer die laaste toets in Brisbane gedoen moet word. Ek het omtrent benoud sit en  :icon_scratch: oor hoe gaan hulle die bloedtoetse ontleed as daar nie voertuie in die stad kan kom nie?

 :angel8: Daar is mos altyd 'n silwer streep verskuil in die donkerste wolk: Genadiglik laat die polisie toe vir Outop hulle vandag weet dat daar een pad weer oopgestel is na die Goue Kus en Brisbane van ons kant af. Alhoewel dit 'n draai van bykans 300 km is, sal ons wel die bloedtoetse betyds kan laat ontleed vir die prosedure op die 7de Feb.

Wat 'n verligting!! Hoop julle kry ook goeie nuus en is weldra weer tuis en eet jou eie kossies!  :love7: :hello2:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 31, 2013, 01:58:03 PM
Dit is wonderlike nuus Raaitjie.  Ek is baie bly jy is gerusgestel daaroor.

Ons het so pas veilig tuis aangekom.  Die slegte nuus is dat daar parte gestuur is wat nie by die transformator pas nie.  Dit moet nou vervang word, dus is ons nog nie klaar nie.  Volgende week maak ons weer so. 

Die ou plek waar ons gewoon het is pragtig verby.  Daar lê skatte en skatte en geskiedenis wat ongelooflik interessant is.  Gebou, ek dink in 1906, maar ek sal nog die regte inligting bring.  Die oorspronklike eienaar se dogter het die plaas ge-erf.  Tannie Lydia is 83.  Wat 'n wonderlike ervaring om haar te kon ontmoet en twee dae saam te kuier.  Oeee, ek is soooo bevoorreg!
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on February 07, 2013, 03:32:02 PM
Nou is ek klaar gepak.  Die weë neem my langs Adéle verby na die Oos Kaap, Mthatha toe.  Sodra Hannes tuis kom van die lughawe af, vat ons die pad.  Ek sal laat weet, as ek internet het.   :hello:

 :bootyshake:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: adele on February 08, 2013, 07:12:45 AM
heeeerlik, dankie Hannes. jul kon annerpad gery het, maar die lekker hier vul ons harte dankbaarbly.
mooi ry verder en mag ons Vader julle altyd op jul lang paaie bewaar.

 :grommit:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Gawelina on February 08, 2013, 02:42:56 PM
Ai, kyk hoe mooi lyk julle tweetjies. Amper wens ek weer.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on February 09, 2013, 12:51:03 AM
Hello julle twee dierbare mensies. Staan bietjie nader ek drukkie kan gee  :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: adele on February 09, 2013, 07:37:12 AM
gisteraand, amper donkertyd, het Hannes gebel, hulle het veilig gery deur 'n moeilike dag waar die pad besig was en iewers het padverleggings hulle ook opgehou, maar end goed, alle eer aan ons Vader vir 'n veilige rit. hulle het blyplek gekry en uitgepak en rustig geraak. 

geniet die weke daar, lief PM, skryf 'n storie vir ons.

 :grommit:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on February 09, 2013, 08:26:40 AM
Baie baie dankie aan jou en Eben vir julle gasvryheid Adéle.  Dit was 'n heerlike kuiertjie, net jammer dit was so kort.  Daar is so baie waaroor ek wou "skinder".   :icon_biggrin:

Dankie dat jy almal op hoogte gehou het.  Hier volg die storie:   :icon_biggrin:

Soos julle kan sien is ons hier.  Ons het net na half sewe die oggend van Adéle se huis vertrek, voor Bloemfontein.  Met soveel padverleggings, kinders, bokke en beeste op die pad, het dit soos 'n ewigheid gevoel om hier te kom.  (Port st Johns)
Ons is teen sesuur deur Mthatha.  Vrydag.  Spitsverkeer.  Miernes. Met die herstelwerk van paaie in die middestad het dit 'n slakkepas geword.  Die atmosfeer voer my terug na die Phillipyne waar dit 'n uur neem om 8 kilometer te vorder.  'n Mens moet so konsentreer op die voertuie langs jou, want 'n arm skiet net uit om aan te dui "brieeek, hier kom ek, klaar voor jou ingesny".  In die Phillipyne hoor jy net 'n toeter, dan weet jy, "brieeek"!   Pretoria se taxis is nog maar lammetjies. 

Ons is by 'n paar hotelle verby wat ek op internet gesien het.  Hannes sal foto's neem sodat julle kan deel in die pret.  Op daardie stadium was daar geen sprake van verblyf in hierdie stad nie. Ek sou graag so na aan die substasie (wat in die hartjie van Mthatha geleë is) wou bly, maar dit lyk asof die vorige bestuurder, wat dringend moes terug Pretoria toe, heeltemal reg was deur te sê dat daar geen ander uitweg is as om in Port st Johns te woon nie.  Gelukkig het hy vir ons plek bespreek voordat hy hier weg is. 
Port st Johns is 100 kilometer van Mthatha (voorheen Umtata) af.  Die kronkelende bergpas "na benede" het geen genade betoon aan ons oordromme nie. 

Hier is die plekkie waar ons woon.   http://spottedgrunter.co.za/

Alhoewel dit pragtig is met watervoëls en ganse wat die plek lewendig hou, sal dit 'n nagmerrie wees vir Hannes om 100km op en weer 100km af te moet ry elke dag.  Hou tog duime vas dat ons verblyf kry nader aan sy werk. 


Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on December 24, 2015, 07:07:43 AM
Wou gou kom seg ek is hier in Centurion by Gerhard.  Hannes moes gister die gips laat verwyder.  Toe kom ek op hierdie kuier plek af waar die lewe ons heen en weer geskommel het.  Ek onthou nou weer hoeke harde werk dit is om 'n reisiger te wees.
Adéle, hoe verlang ek nou na jou. 
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 08, 2017, 12:23:19 PM
Dit is nou Jan 2017 en ekke wonder alweer.... PM waaaaaaaaaaaaar is jy matertjie? Duisend dankies vir duimpie inloere by die gevreetboekie so van tyd tot tyd. Opregte waardering. So weet met gerustheid, jy skop nog iewers  :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on January 09, 2017, 12:02:02 PM
Ons is nou weer hier in Centurion by Gerhard.  Ek het mos 'n ruk gelede my onderste middle-tand uitgebyt en 'n gebit gekry.  Gelukkig het ek dit verloor en was so pas by die ortodontis.  Hy seg daar is te min been om 'n inplantaat te doen maar hy kan wel 'n brug doen, wat die vorige tandarts geseg het is nie moontlik nie.  Die oumense het mos geseg, mens moenie jou ore uitleen nie, kry nog 'n opie!

Ek beland so nou en dan daar op fb, onbeplan, dit is lekker om julle daar raak te loop.

Ons het darem hoop om 4G in Leeupoort te kry, dan kan ek weer lekker saam kuier.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: adele on January 12, 2017, 08:25:40 PM
   :love7:    :love7:   
PM, Raaitjie xxxx
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on December 01, 2017, 09:07:29 AM
So stap die tyd aan en ons leef by mekaar verby.  Elke jaar hierdie tyd seg ons dat ons hoop die volgende jaar gaan beter wees. 
As ek so deur die forum kuier dan besef ek hoeveel poefies en drama ons gehad het die afgelope paar jaar.  Man, volgende jaar sal beslis beter wees.  Ek glo dit sal ook vir julle almal beter wees.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: adele on December 12, 2017, 06:52:42 PM
Amper vlieg die jaar verby sonder dat ons groet ... Ek eggo jou, liewe Petra. Volgende jaar, en wat dit vir ons almal inhou, is so onbekend aan ons soos die verste verre sonnestelsel wat nooit ontdek kan word nie. Maar mag dit werklik vir elkeen van ons wees, soos Petrus, die Rots van Christus se dissipels, die latere Apostel, se erkenning van Jesus se Evangelie. Net genade!
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on December 13, 2017, 02:48:10 PM
Matertjie, ek hoop ook net 'n mooi nuwe jaar vir jou.  Mag al jou wense waar word.  Lief jou stinkend.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: adele on December 18, 2017, 08:04:50 PM
Lief julle ook en so bly jul gaan nog goed aan, lief Petra .... en julle almal. Dalk, net miskien ... draf ek die Nuwe Jaar 'n nuwe lewe in  .... ek stap so treetjie vir treetjie maar het so idee my harts-enkel is reeds vasgeketting in die dorp, so ek gaan sukkel om te ontvlug, sou ek so besluit.
Sowaar, die lewe stap meestal met jou 'n pad wat mens nie voorsien nie. Soms ruk dit die mat onder jou stewels uit, ander kere sien jy die woestynstofstorm of tsunami aankom en jy kan niks doen om dit te keer nie. Al wat ek weet is dat ek met my hand styffff in Jesus s'n aanstap en soms deur Hom gedra word, ander het ek weer teruggeklim in my kluisenaarsgrot hier langs die dam.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on December 19, 2017, 06:19:54 PM
Adelé, jy is so 'n pragtige kind van die Here en ek glo uit my hart uit dat Hy jou sal lei en voorloop.  Glo en vertrou sustertjie. 
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on February 01, 2018, 06:46:45 AM
Ek is alweer oppad strate toe.  Centurion toe om 'n paar dinge te gaan doen.
Ons het 'n maatjie uitgeneem vir ete vir sy verjaarsdag.  Toe ons uit die restaurant kom het ons 'n pap wiel.  Die band is sleg gesny en kan nie herstel word nie.  Moet dit nou  laat vervang.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on April 10, 2018, 10:05:31 AM
Ai, my rekenaar se skerm het sommer net begin flikker en strepe trek, toe gee ek dit in om te herstel.  Na twee weke en R1500 doen dit nog dieselfde.
Seg Gerhard vir my dat dit 'n kabeltjie is wat los is.  Ek neem dit toe terug.  Nog twee weke later en dit is nog dieselfde.  Wat op dees aarde gaan aan dat mense jou so kroek.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on June 20, 2018, 04:28:14 AM
Hier sit ek nog steeds in Richardsbaai by my eensame selwers.  Dit is half vyf en ek het nou net tuis gekom van die hospitaal af.  Hannes het gegaan vir 'n kolonoskopie en toe raak hy aan die bloei.  Sy bloeddruk val hom toe in 'n koma in.  Ja, ek lag nou maar dit het raakvat gekos.  Hy is nou in intensief en ek glo hy sal nog 'n paar dae daar wees. 
Skuus dat ek so stil is.  Hoop dinge sal gou verbeter.   :dontknow:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Anastasia on July 07, 2018, 06:52:53 AM
Ai, hoe gaan dit nou met hom?  Ek het mos op 8 November 'n kolon gehad wat geperforeer het.  Moes 9 November ingaan vir noodoperasie, en toe is ons mos daardie oggend oorval deur die rowers.  Ek is in hospitaal toe nonetheless, en ek sou uitkom met 'n stoma, groot sielkundige ding ook, maar toe het die dr op nr laaste besluit om die stuk kolon te verwyder en te probeer heg, daar was 30 persent kans vir sukses.  Dis nou  8 maande later en touch wood, die derm werk nog.  Baie sterkte daar
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on July 13, 2018, 04:41:30 PM
Ja matertjie, dit is 'n lang storie, so 'n kolon.  Hannes het kanker in die kolon gehad en hulle het dit verwyder.  Gelukkig het die kanker nog nie verder versprei nie, maar dit hang steeds soos 'n swaard bokant my kop.  Elke keer as iets verkeerd gaan raak ek aan die bibber en die bewe totdat die uitslae terug is. 
Na nog 'n week in intensief het Hannes darem so beter geword dat hy terug geplaas kon word in 'n gewone saal.  Nog 'n paar dae later is hy uit en dit het so vier dae geneem om hom sterk genoeg te kry om die tog huistoe aan te pak. 
Gelukkig het ons vriende in New Castle en ons het 'n paar dae daar oorgebly, toe is ons Centurion toe.  Nog 'n paar dae daar en nou het ek meneer hier in Leeupoort.  Dit is darem nie so koud soos in die res van die land nie en hy is nou baie baie beter.  Hy moet nog so 6 kilo's optel dan is hy weer waar hy was voor hy siek geword het.
Dankie aan almal wat gebel en ge-epos en hier navraag gedoen het.  Ek lief julle almal stukkend.  :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on July 15, 2018, 10:56:36 PM
Dink aan julle liefste mater. Gee Hannes 'n sagte drukkie. Hoop dat hy gou die gewig gaan herwin en weer homself wees. Mandjie vol lekker dinge in die gees gestuur hoor.  :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: adele on July 16, 2018, 08:57:00 AM
laaannngggg drukkie vir jou, lief PM-maatjie en ook sagte drukkie vir Hannes. Hou jul harte oop vir Christus se hande om jul aan te raak  :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on July 17, 2018, 02:24:29 AM
En vanoggend bring ek ook 'n spesiale drukkie vir ons forummoedertjie XXXXXXXX
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on July 18, 2018, 06:27:33 PM
Nou verstaan julle hoekom ek julle so stinkend lief!  Baie dankie matertjies.  Dit gaan wonderlik goed met Hannes en hy eet beter as ooit.  Met al die ensure en energade, lekkernye en lekker kos, moet ek nou lig loop of hy raak "dik". 
Julle sal sien hoeveel maters aansoek gedoen het om lede te word in die tyd wat ek nie beskikbaar was nie.  Hier is ook wonderlike verrassings wat wag!  Kom ons kyk maar!
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on July 18, 2018, 11:10:25 PM
Kry ek vanoggend die wonderlikste geskenk - daar is weer lewe want ons forummoeder is terug EN daar is klomp nuwe woordmaters. Viva die forum. Spesiale woorddrukkie vir ieder en elk.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on July 21, 2018, 03:43:29 PM
Dit het maar rof gegaan hierdie week.  Almal het kom groet en kom kyk of dit regtig so goed gaan met Hannes.  Om alles te kroon was die internetpyp so vol gekoek dat ons bykans geen opvangs gehad het nie.  Al die gaste het ook na ontbyt terug gekeer na hul eie plekkies en nou kan ek gou kom kyk hoe gaan dit hier. 


Ek sien julle het lekker gekuier en ek kry steeds die gevoel dat ek so 10 myl agter is.  Gaan hard werk op alles op te vang en weer op datum te kom.  Lief julle matertjies.   :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on November 06, 2018, 05:25:41 AM
Ons gaan vir 'n paar dae Pretoria toe.  Ek sal vandag 'n bietjie stil wees.  Geniet julle dag en wees veilig en gesond.   :bootyshake:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on November 06, 2018, 07:27:30 AM
Veilig ry en pas julle self mooi op. Hou die blinkkant bo  :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on November 06, 2018, 03:22:44 PM
Mooi gery matertjie.  Veilig aangekom hier by Gerhard.  (Liefies)
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on November 06, 2018, 11:57:07 PM
 :evil5: Ek los 'n mandjie vol van jou gunsteling blomme by die agterdeur hoor :love1:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on November 07, 2018, 11:31:43 AM
O dankie!  Ek lief Gerbera daisies.  Daardie groot dubbel blomme wat in die mantjie is is my geliefkoosde blomme Raaitjie.   :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on April 09, 2019, 12:13:33 PM
Lief PM, het jy van ons vergeet?  :crybaby2: :dontknow:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Assie on April 10, 2019, 08:30:14 AM
PM en Hannes is in Nu Zeeland. Lyk my sy het haar tikker by die huis vergeet of sy kuier te lekker.



 :mumum:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on April 10, 2019, 11:12:41 PM
Smaak my mos dieselfde ding Assie!
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Naas on April 13, 2019, 12:23:47 PM
Ek is bekommerd oor PM. Weet nie of die rondloop so goed is vir haar nie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on April 16, 2019, 01:38:37 AM
Die voel so aardig om nie kontak te kan maak nie Naas  :crybaby2:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on April 26, 2019, 01:16:31 AM
Hier's ek weer uit NZ.  Ons is in Para-para-umu waar ons jongste, Jan woon.  Ek het mos my neukenaar versuip in die wyn en wat 'n gesukkel om weer op die lug te kom.  Jan het gehelp, maar toe gaan iets fout toe ons in Aukland was.  Ons dogter, Johanita en haar gesin woon daar op 'n "life style" wat in SA soos 'n plot is.  Die kind van ons is mos diereverskrik.  Sy is baie gelukkig daar.
Na Auckland was ons in Te Puke by ons SAvriende vir twee weke.  (Hulle woon ook op 'n plot.  Terug gekom, het Jannas gehelp om alles weer reg te kry, is ons terug Te Puke toe (Pongakawa) om hulle 50ste huweliksherdenking te vier.  Nou is ons weer terug hier in Kapiti, Raumati Beach in Paraparaumu. 
Woensdag, die 1 ste Mei, verjaar Hannes en Maandag, die 6de, pak ons die lang pad terug SA toe. 
Ons het heerlik gekuier orals, maar dit is nou amper klaar. 
Ek is vreeslik jammer dat ek so stil was, maar hopenlik sal dit nou beter gaan. 
Naas, ek hoop jy het lekker verjaar en geniet die "slegwees".  Om op pensioen te wees is nie vir sissies nie.   :love7:


Lief vir julle.   :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Anton Louw on April 26, 2019, 07:21:50 AM
PM dit is goed om weer van jou te hoor.  Dit klink of julle darem lekker toer en kuier.   Geniet die laaste tydjie  :icon_salut:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on May 04, 2019, 04:30:27 AM
Ons kuier baie lekker Anton.  Ons vlieg Maandagoggend (of Sondagaand in SA) terug.  Sal laat weet as ons daar is vir 'n koffietjie.   :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on May 04, 2019, 05:56:42 AM
Sterkte met die laaaaaaaang vlug terug PM. Ek het solank my grootste koffiebeker reg vir wanneer julle weer terug is op eie bodem  :coffee2: :hello2: :love7:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on May 05, 2019, 01:15:56 AM
Dankie Raaitjie, ons het lekker gekuier, maar dit is tyd om huistoe te gaan.  Ons mis die res van die kringetjie en ons diere in die bos.   :hello:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on September 14, 2021, 05:08:10 PM
Hier het ons nou in Centurion by Gerhard aangekom en uitgepak.  Rekenaar opgestel ens.
Gee my net 'n rukkie kans om asem te skep dan kom kuier ek saam.
Anton, ons is hier, gee my 'n luitjie asseblief dan drink ons 'n koffietjie. 
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on September 23, 2021, 04:14:55 AM
So het ek toe vir Anton mis gekuier, maar sal later weer probeer.
More, nee netnou, gaan ons Leeupoort toe vir 'n paar dae.  Ek sal maar skaars wees, maar sal probeer om te kom inloer.
Antjie, jy en Adele moet kyk dat Naas en Assie nie die plek op horings neem nie.   :smileinbox:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Antjie Patat on September 23, 2021, 03:51:19 PM
n Erge dag en amper verby!
Ons gaat hulle dophou  met n hout oog
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Assie on September 23, 2021, 05:17:29 PM
As PM weg is is Oom Naas baas en Assie raas.

 :mumum:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Meraai vannie Baai on September 23, 2021, 11:42:11 PM
Het met die spoed van witlig gou ook hier ingedraf om te se ons gaan die naweek bietjie wegloop. Geniet wat julle ook al gaan doen liefste maters. Ek sien uit na 'n kampkuier saam ons Meisiekindjie.
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: Naas on September 24, 2021, 01:43:18 AM
Die spoed van witlig is blykbaar so vinnig soos wat ons ooit sal beweeg.
Ek verwonder my in ons land daagliks aan die spoed van donkerte en wonder of iemand dit al gemeet het.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM waaaaar is jy matertjie?
Post by: PM on October 03, 2021, 10:45:40 PM
Mense, wat 'n nagmerrie.  Leeupoort het gekom en gekom en gekom, maar ons het nou gegaan.
Die plek raak al hoe moeiliker.  As jy krag het, het jy nie water nie, as jy water het het jy nie krag nie.  Opvangs is iets wat baie skaars is.  Sodra daar tien gaste is wat die naweek kom kuier, is die kanaal vol en jy het nie opvangs nie.  Ag nee, die naweekgangers is 'n pyn in die 0 en daarna moet jy net orals stil hou om bierbottels en gemors op te raap.  Tot die diere gaan kruip in die reservaat weg om van die geraas te ontglip.