Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Verskombuis => Topic started by: Aspoestertjie on December 20, 2012, 10:46:55 PM

Title: Ingelegde liefdeslyne: Altyd
Post by: Aspoestertjie on December 20, 2012, 10:46:55 PM
Op 'n mat van sagte groen
by die spruit
het jy my gesoen.
Verewig op my lippe
af-ge-ets
die flinderpassie
van jou teerheid.
Daardie deel van jou
deel van my.
Altyd.



 :mumum:
Title: Re: Ingelegde liefdeslyne: Altyd
Post by: Meraai vannie Baai on December 21, 2012, 03:09:04 AM
Dankie vir die ene Aspoestertjie! Ek het gou 'n naamplakkertjie op die verskombuis se rak aangebring sodat ons ook ander maters se ingelegde liefdeslyne hier kan plaas waar joune nou pronk vir iewig enne biekie (altyd) :love7: :notworthy:
Title: Re: Ingelegde liefdeslyne: Altyd
Post by: Aspoestertjie on December 21, 2012, 09:15:02 AM
Oe ALLA! Nou moet ek nog net iemand kry om te soen.  :angel12:





 :mumum:
Title: Re: Ingelegde liefdeslyne: Altyd
Post by: Meraai vannie Baai on March 25, 2018, 11:42:11 PM
Lees ek oor 'n gas se skouer en kom geniet weer 'n skeppie van jou ingelegde woorddis. Assie, nou wonder ek of jy al 'n soentjie gekry het?
Title: Re: Ingelegde liefdeslyne: Altyd
Post by: PM on April 10, 2018, 10:01:08 AM
Ja, ek sal ook graag wil weet. 
Title: Re: Ingelegde liefdeslyne: Altyd
Post by: Meraai vannie Baai on November 05, 2018, 01:07:50 AM
Assie se padda-prins. Tyd dat iemand  :icon_bigsmurf: hom kom vra vir 'n soentjie of darem net afstof.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Verweerdebekoring.jpg)

Title: Re: Ingelegde liefdeslyne: Altyd
Post by: PM on November 05, 2018, 09:28:44 AM
Ek wens ek het hierdie paddaprings se geduld gehad.  Ek sou lankal ander weivelde gaan soek het.   :angel12:
Title: Re: Ingelegde liefdeslyne: Altyd
Post by: Assie on November 12, 2018, 11:24:27 AM
Ek raak ook nou al lank in die tand soos Blessie, my perd. Maar hier oppie plaas is geleentheid vir soen maar min. Ek wonder party dae as ek oppie internet lees van French kisses en sulke goed. Waar gaan ek dan nou 'n Fransman kry om daai te oefen.



 :mumum:
Title: Re: Ingelegde liefdeslyne: Altyd
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2018, 11:27:40 AM
Ek sal bietjie gaan koekeloer of ek nie iewerste 'n erf raaklees met aanwysings dat jy solank kan oefen waar oupa jou nie sien nie Assie. Dalk is daar nog 'n video tot jou beskikking. Ek is bietjie verroes in die tipe tegnieke so ek swyg liewers  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ingelegde liefdeslyne: Altyd
Post by: Naas on September 25, 2021, 07:54:24 PM
Assie, het jy geweet die franse noem daai soen met die tong innie kies 'n Inglish kiss?

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ingelegde liefdeslyne: Altyd
Post by: Assie on September 26, 2021, 09:51:42 AM
Klink vir my eerder na 'n tongknoper.


 :mumum: