Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: Fransi on December 14, 2012, 07:38:04 AM

Title: Ons gaan weg vir 'n paar dae
Post by: Fransi on December 14, 2012, 07:38:04 AM
 :hello:

Ons sal seker Maandagaand weer uit en tuis by die huis wees. Die plan is om saam met Rudi, sy geliefde en van hulle vriende op 'n plaas te gaan kamp in tente, maar ons het intussen gehoor dat my man se ouers beide in die hospitaal is. My skoonma het weer geval en haar heup gebreek en my skoonpa se bloeddruk is so hoog dat hulle hom ook opgeneem het. Ons sal deurry daarnatoe en dan sien of ons wel kan gaan kamp met 'n geruste hart.

Sien julle hopelik weer Maandag of Dinsdag. :-)
Title: Re: Ons gaan weg vir 'n paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on December 14, 2012, 10:11:13 PM
Ai Fransie sterkte vir julle en simpatie vir die einas. Hoop dit gaan gou beter en dat julle die naweek ook kan ontspan so tussen die hospitaalbesoeke en kamp!
Title: Re: Ons gaan weg vir 'n paar dae
Post by: PM on December 18, 2012, 10:48:13 AM
Ag jittetjie tog, ek is so jammer om dit te hoor.  Sterkte vir julle matertjie.  Hoop ons kry goeie nuus wanneer julle terug is. 
Title: Re: Ons gaan weg vir 'n paar dae
Post by: Fransi on December 19, 2012, 07:13:04 AM
 :hello:

Baie dankie Meraai en PM. My skoonpa is darem uit die hospitaal uit. My skoonma is nou geskuif na Pretoria toe vir die heupvervanging. Die vorige keer wat sy haar heup gebreek het, het hulle blykbaar aangejaag en o.a. die pen skeef ingesit. Dit is geen wonder dat sy nooit ten volle herstel het nie. Hopelik met die prostese en in 'n privaathospitaal sal dinge nou reggedoen word en sal sy beter word. Ons wag net vir die medies om dit goed te keur, want sover wil hulle nie. My man was nou gister by GEMS met die brief en vorm om te wys dat ons nie soiets uit ons sak kan betaal nie en my skoonouers ook beslis nie kan nie. So hopelik sal hulle dit dek.

Die kamp was lieflik. Vuurvliegies, sonopkoms, nuwe maan, baie baie verskillende voëls, bome en rus. Ons het tot 'n reënstorm gehad. Lieflik.
Title: Re: Ons gaan weg vir 'n paar dae
Post by: Ah Willa on December 19, 2012, 12:10:58 PM
Sjoe 'n heupvervanging is nie vir sussies nie ... sterkte daar en geniet die rus tussen die blare  :coffee2:
Title: Re: Ons gaan weg vir 'n paar dae
Post by: PM on December 19, 2012, 12:26:42 PM
Dankie vir die terugvoering Fransi.   Ek is dankbaar dat dit goed gaan met skoonpa.  Jammer om te hoor van skoonma, hoop julle kom reg en dat alles hierdie keer goed sal verloop.  Gelukkig weet sy wat om te verwag, dit help darem 'n bietjie.  As daar iets is wat ons vir julle kan doen, praat net, ons is weer in Pretoria, by die huis.
Het julle dalk verblyf nodig?

Title: Re: Ons gaan weg vir 'n paar dae
Post by: Fransi on December 20, 2012, 07:27:17 PM
 :hello:

Dankie Willa en PM.

PM, baie dankie vir jou aanbod, maar ons is weer terug by die huis en as ons vir Kersfees afgaan sal ons by my skoonpa in Harties oorslaap en dan sommer Pretoria toe ry om te gaan besoek. Ek waardeer julle omgee oneindig baie.
Title: Re: Ons gaan weg vir 'n paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on December 20, 2012, 09:31:51 PM
Sterkte matertjie. Ons dink aan julle en sal bid dat die operasie gedoen kan word en daar vinnige en algehele herstel sal wees  :love7: Bly julle het die kamp geniet!!