Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Voorgeregte => Topic started by: Fransi on December 12, 2012, 01:07:52 PM

Title: Nessie-broodjie
Post by: Fransi on December 12, 2012, 01:07:52 PM
Ek plaas dit maar hier, want ek weet nie regtig waaronder dit val nie, maar ek maak dit as ek iets vinnig vir aandete vir my en my man wil maak. My arme man. ;-)

Bestanddele:

2 snye wit brood (kan seker ook bruin of volgraan wees)
2 eiers
handvol gerasperde kaas
'n knippie sout en peper
Botter/Margarien

Metode:

Smeer snye brood met botter aan beide kante. Neem 'n glas en druk 'n sirkel uit die snye brood.
Plaas die snye brood in jou gesmeerde pan en gooi die eiers in die middel gaatjies wat in die brood is.
Voeg jou geurmiddels by die eier en as dit reg is draai die broodjies om in die pan.
Gooi jou handvol kaas rondom die gaatjies met die eier in, sodat dit soos 'n nessie lyk.
Sit die deksel op die pan en as die kaas gesmelt is, het jy jou vinnige aandete.
 

Title: Re: Nessie-broodjie
Post by: adele on December 12, 2012, 09:54:04 PM
dit klink heerlik, my man is so lief vir eiers ... ek moet dit vir afwisseling probeer.

 :grommit:
Title: Re: Nessie-broodjie
Post by: Meraai vannie Baai on December 13, 2012, 02:43:26 AM
Klink heeeerlik en maklik Fransi  :hello2:
Title: Re: Nessie-broodjie
Post by: Fransi on December 13, 2012, 09:21:12 AM
Ek is bly julle dink dit klink lekker. Dit is vir my ook njammies en maklik genoeg dat ek dit selde as 'n flop laat uitkom.  :icon_biggrin:
Title: Re: Nessie-broodjie
Post by: PM on December 13, 2012, 03:44:23 PM
Dit klink regtig baie vinnig en heerlik.  My man lief kaas/eier broodjies. 
Title: Re: Nessie-broodjie
Post by: Fransi on December 14, 2012, 07:31:46 AM
 :hello:

Ek is baie gelukkig wat dit aanbetref. My man hou ook van kaas. Ons het in die een studentehuis ontmoet en van die meisies het op 'n stadium vir ons almal 'n plakkaat gemaak wat oor jou gaan en wat jy by jou kamerdeur moes opplak. My man s'n het o.a. gesê dat hy op kaasrolletjies (cheese buns) lewe. :-)
Title: Re: Nessie-broodjie
Post by: PM on December 18, 2012, 10:28:22 AM
Dit was natuurlik voordat hy met jou getroud is nê!   :icon_biggrin:
Title: Re: Nessie-broodjie
Post by: Fransi on December 19, 2012, 07:19:04 AM
 :icon_biggrin: Hahahaha, PM, ek dink nie ek het regtig verbetering gebring wat dit aanbetref nie, Solank my maag gevoed word, gee dit nie regtig om of dit met brood of iets meer ingewikkeld is nie. Solank daar darem nou en dan 'n maalvleisie of iets by is. As hy weg is, leef ek gewoonlik op brood en visvingers.  :icon_biggrin:
Title: Re: Nessie-broodjie
Post by: Ah Willa on December 19, 2012, 12:01:41 PM
ons maak ook graag die nessie-broodjie, maar so bietjie van 'n verskil - sal volgende keer 'n foto neem en deel

jy maak die ronde gaaitjie na die onderkant van die brood - dis waar die eiertjie in gebak word. (nie geskrampel nie - en nie met kaas nie)

dan plaas jy die nessie-broodjie in die boord - net bo-kant die ronde-eier-nessie forseer jy 'n cocktail tamatie neer - dit dien as 'n neusie

dan bokant die tamatie aan weerskante plaas jy twee piesang sirkels vir oe en net bo dit aan elke kant 'n halfmaan gesnyde kaas/green or rooi pepper of wat jy ookal na voel as wenkbrowe ...

langsaan kan jy nou jou gerasperde kaas strooi, met die res van die piesang in repies/circles/blokies gesny saam met nog wat jy ook al wil :-)

dis nie meer die nessie-broodjie nie - maar die witgeskrikte gesig-broodjie  :bootyshake:   
Title: Re: Nessie-broodjie
Post by: Fransi on December 20, 2012, 07:23:16 PM
 :icon_biggrin: Willa, ek kan nie wag om die foto te sien nie.  :icon_biggrin:
Title: Re: Nessie-broodjie
Post by: Meraai vannie Baai on December 20, 2012, 09:32:59 PM
Plek geboek!!  :notworthy:
Title: Re: Nessie-broodjie
Post by: Ah Willa on December 21, 2012, 09:26:26 AM
Ek het toevallig die ander dag gespeel ... maar dis nou nie die witgeskrikte gesig of nessie nie .. dis 'n skoenlapper

Het ongelukkig nie 'n foto van my en Andre se borde geneem nie ... dit was die broodjie met die eier in ... het Theo se eier gescramble en dis hoe sy bordjie gelyk het
dit was aandete Sondag of Maandag aand ... kan nou nie meer onthou nie ....
Title: Re: Nessie-broodjie
Post by: Meraai vannie Baai on December 22, 2012, 05:38:55 AM
Ek lief hierdie soort speel net so baie. Dankie vir die deel Willa. Ek het geniet  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Nessie-broodjie
Post by: Fransi on December 22, 2012, 06:41:24 AM
Dit is so kreatief!
Title: Re: Nessie-broodjie
Post by: PM on December 15, 2021, 06:29:12 PM
Heerlik!  Ek het dit gemaak vir ontbyt en dit was heerlik!