Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Eenpotgeregte / Eenbakgeregte => Topic started by: Gawelina on December 12, 2012, 11:55:20 AM

Title: Umqusho
Post by: Gawelina on December 12, 2012, 11:55:20 AM
Volgens die resepteboek beteken Umqusho, stampmielies en dit kan glo ook ‘n heerlike potjie maak.  As jy dus ‘n potjiemens is, probeer dit gerus. Begin vroegtydig, want dit neem lank om gaar te word.  As jy ‘n “slowcooker” het, begin sommer al die vorige aand en kook jou stampmielies en boontjies daarin tot sag.  Spaar vir my baie tyd.

360g (500 ml) stampmielies
180g (250 ml) suikerboontjies
Sout
Peper
12.5 ml olie
2 uie, in ringe gesny
1 groen soetrissie, in ringe gesny
4 knoffelhuisies, gekneus
12 stukke skaapnek (ek gebruik enige kookvleis, veral bees)
2 tamaties, ontvel en gekap
6 klein aartappels, geskil (groter aartappels in blokkies gesny werk vir my beter)
100g klein worteltjies

15 ml kerriepoeier
25 ml borrie
1 hoenderaftrekselblokkie, opgelos in 500 ml water.

Week stampmielies en suikerboontjies oornag in koue water.  Dreineer en kook met 1 liter water tot sag en geur met sout en peper. (dis nou waar die “slowcooker” inkom.)

Verhit olie en soteer ui, soetrissie en knoffel tot sag. 
Geur vleis met sout en peper en voeg by.
Braai alles bruin. 
Voeg nou alles by  stampmielies en bone.  Plaas tamaties, aartappels en worteltjies bo-op.
Meng Kerrie en borrie met die hoenderaftreksel en giet oor bestanddele. 
Laat prut tot lekker sag.  Voeg ekstra water, sout en peper by indien nodig.
Genoeg vir 8 – 10 mense.
Title: Re: Umqusho
Post by: Fransi on December 12, 2012, 12:54:49 PM
Dit klink baie lekker. Ek verstom my altyd aan die lekker resepte en al die baie bestanddele in 'n gereg.
Ek is beslis 'n beter eter as 'n kok.  :icon_biggrin:
Title: Re: Umqusho
Post by: Meraai vannie Baai on December 13, 2012, 02:45:13 AM
Nou's ek alweer honger hehehe!!!
Title: Re: Umqusho
Post by: PM on December 13, 2012, 03:34:03 PM
Dankie Gawie,  ek sal dit probeer hoor.  Sal eers moet skaapnek kry.   :icon_biggrin:
Title: Re: Umqusho
Post by: Gawelina on December 13, 2012, 03:40:54 PM
Hoekom wil jy geld mors op 'n benerige gedoente?  Kry vir jou lekker dik stukke kookvleis en proe die vleis in die pot.  Bene is vir my honde, nie vir my nie. hehehehe.
Title: Re: Umqusho
Post by: PM on December 13, 2012, 03:46:27 PM
Jy sê nou so, maar my siebie is baie lief vir bene.   :icon_biggrin:  Skaapnek en osstert!  Sy gunsteling. 
(Ek is seker jy kry die prentjie.  :icon_biggrin: )