Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: Meraai vannie Baai on December 06, 2012, 09:22:12 AM

Title: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on December 06, 2012, 09:22:12 AM
Geseende oumens ekke ne  :icon_biggrin: Ons hak vanaand die wieletjieshuis en gaan vir so drie dae diep in die woud kamp. Daar is nie krag of geriewe nie, behalwe die een of twee longdrops. Daar is 'n paar nuwe-ou plasings in die woordskuur vir iemand wat wil dwaal deur ons kleurvolle gisters. Hoop julle vind ietsie genotvol!

Ek het ook 'n oproep vandag van die longoorplantingskliniek gekry. Daar is nog nie 'n opening vir die regterhartkamer-kateterprosedure nie, maar hulle wou net seker maak dat ons emosioneel nog 'cope' en of ons hulp nodig het met blyplek vir die tyd van die toetse in Brisbane. Het gereel vir my dat ons die sosiale werkster sien. Is dit nie diens uit die boonste rakke nie? Dankie Vader vir seeninge en omgee soos hierdie.  :notworthy:

Lief julle maters. I'll be back.  :hello:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: PM on December 06, 2012, 09:57:40 AM
Baie dankie vir die harde werk wat jy die afgelope tyd gedoen het Raaitjie.  Geniet 'n welverdiende rus my matertjie.

Dit is absoluut wonderlik hoeveel omgee en saamwerk daar in julle land is. 

Ons hou styf duime vas dat die wag vinnig verby sal wees. 

 :love7:
 :bootyshake:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Gawelina on December 06, 2012, 10:02:32 AM
Lekker rus! Ek mis jou al klaar.
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Fransi on December 06, 2012, 12:04:56 PM
Geniet die kamp en rus lekker.
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on December 09, 2012, 10:45:28 AM
Dankie ouens. Ons het GANIET in oorgawe. Dit was ongelooflik warm maar die pragtige omgewing het opgemaak vir alles. Ons het vroeg soggens en laat agtermiddag die kameras gegryp en ek sal sodra ek die fotos kleiner gemaak het ook bietjie hier kom wys.
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: PM on December 10, 2012, 08:34:46 AM
Welkom terug Raaitjie.   :hello2:

Ek het so halfpad gepak toe hulle laat weet dat die vergadering uitgestel is na more.  Nou hoef ek nie meer so te jaag nie.
Die dame oppie plaas het ook laat weet dat die huis beskikbaar is tot die naweek, ons kan daar bly en dan sal hulle ons help oortrek na die studio en daarna kan ons weer terug trek in die huis in.  Dankie tog vir groot seëninge.

Die opvangs daar is maar skraal en ek sal weer Hannes se modem moet deel, maar dit is ook beter as niks.  Gelukkig weet ek waarvoor ek my inlaat.

As ons daar land sal ek weer kom aansluit. 


Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on December 10, 2012, 11:13:24 PM
Wonder ekke of jy al geland het en hoe is die ontvangs/omgewing/blyplek ens ens. Drukkie vir jou en Hannes hoor  :love7:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: PM on December 11, 2012, 04:38:47 AM
Hier's ek nou en ek het vol sein, weet nie vir hoe lank nie, maar dit lyk belowend. 

Ek gaan gou soek waar die foto's van die plaas is.
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Angelica on December 11, 2012, 07:28:04 PM
Liewe aarde..
Julle is ook nooit by julle byplekke nie.
Verander julle adresse ook elke keer as julle so trek?
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: PM on December 11, 2012, 08:36:12 PM
Nee natuurlik nie!  Ons is mos net weg vir 'n paar dae, of dalk weke!  My man se werkgewer weet dat hy absoluut verlaaf is aan sy werk en dat daar nie enige probleme sal wees nie.  Hy kan hom maar na Timbaktu of Katmandu toe stuur!  Die man sal daar wees!
Ek is net uiters bekommerd, want Meneer Smit gaan nou met pensioen en ek weet nie wie gaan die slegste daarvan afkom nie, hy of sy werkgewer?  Ons sal maar moet wag en sien nê!
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Gawelina on December 11, 2012, 08:40:50 PM
Ek is baie jammer vir mnr Smit, maar ek is seker mev Smit se kreatiewe brein sal iets vir sy hande vind om te doen. Vir sy baas, haauêwer, voel ek 'n veer. Tyd dat hy 'n slag saffir.
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: PM on December 11, 2012, 08:56:37 PM
Ek belowe jou my liewe sustertjie, suffer gaan sy baas suffer!  Dalk kan meneer Smit vir die eerste keer in sy lewe 'n ordentlike prys op sy arbeid kry.   :sign10:  Hulle kan nie sonder hom nie.  Ek weet dit is nie die algemene siening nie, maar Meneer Smit is so misbaar as wat jy misbaar sal kry!    EN  hy is   MYNE!   :angel4:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Gawelina on December 12, 2012, 07:03:08 AM
Daai is baie goed so.  Hehehehe sien ekke jou gesig so in my gedagtes toe jy seg: en hy is myne. hahahahaaha.  trotse moederhen.  Hy is 'n juweel en seg vir hom hy beter nou rustig raak. die baas se dubbel ai op gai. Gawie seg dis tyd om te rus.
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on December 13, 2012, 02:59:43 AM
Klop klop, ek kom net gou lyntjie los: gaan vandag se kuiertjie mis matertjies hoor maar soos altyd: I'll be back.  :love7:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: PM on December 13, 2012, 03:38:44 PM
Sien jou more Raaitjie.   :love7:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on February 05, 2013, 04:34:41 AM
Nog een kuiertjie in die tuin oor en dan vat ons more weer die pad na die Goue Kus. Behoort oor die naweek tuis te wees en hopenlik is daar vir ons die wonderlike nuus dat my 'ongenooide besoeker' sy tassie gepak en verkas het  :hello:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: PM on February 05, 2013, 07:21:58 AM
Ons gaan jou mis Raaitjie.  Ek hou alles wat ek het styf vas en vleg my hare toutjies dat ons net die beste nuus sal kry.
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Fransi on February 05, 2013, 07:54:40 AM
Geniet julle wegbreek en ek hoop dat die nuus baie goed sal wees.
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on February 05, 2013, 09:48:44 AM
Dankie julle tweetjies. Ons is vol vertroue dat dinge goed sal verloop. Sal kom verslag lewer, as julle een vreeslike lawaai en gejuig hoor voor julle my sien .... nou ja - dan is ons nagmerrie verby en gaan ons leef soos nog nooit voorheen! In oortreffende trap  :angel4:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Ah Willa on February 05, 2013, 10:18:33 AM
Ek bid hard dat daai ongenooide gas verkas het,
en dat ek die volgende genooide gas in jou tuintjie kan wees.
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on February 05, 2013, 10:41:27 AM
Net twee slapies dan sal ons weet Willa na ses lange lange maande van onsekerheid. Voel soos 'n eeu. Ek het uitgestel tot vanaand om die vorm te teken wat se dat ek bewus is van die raar gevare verbonde aan die prosedure vir die ewe raar skeet  :toothy4:

Byvoorbeeld:

*A hole is accidentally made in the heart or the heart valve. This will need surgery to repair.

*Air in the lung cavity. A chest tube may need to be put in to the chest to drain the air.

*Damage to the lung blood vessel causing bleeding. This may need surgery to repair.

*A stroke. This may cause long term disability.

In recommending this procedure your doctor has balanced the benefits and risks of the procedure against benefits and risks of not proceeding. Your doctor believes there is a net benefit to you going ahead. This is a very complicated assessment.

..... en dan moet ek teken dat ek weet - nou is hier nie een prentjie wat pas by my mallemeule gemoed nie  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: PM on February 05, 2013, 10:43:12 AM
Dalk kan 'n ou wyntjie in die tuintjie help?

Ek wens ek kon iets doen om die vrese uit die weg te ruim.  Ons sal net vertrou matertjie.
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on February 05, 2013, 10:44:42 AM
Dog jy vra nooit hehehe. Hang aan ek kry gou die rondste glasie innie pandok!! Sien jou daar  :love7:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: adele on February 05, 2013, 10:56:49 AM
Ek is baie jammer vir mnr Smit, maar ek is seker mev Smit se kreatiewe brein sal iets vir sy hande vind om te doen. Vir sy baas, haauêwer, voel ek 'n veer. Tyd dat hy 'n slag saffir.

vir 'n slag stem ook ekke nogals saam, veral met daardie eerste deel.   :love7:

!!!soek ook 'n ronde glasie seblieeeef.
 sterkte lief vriendin, hier van die Vrystaatvlakte ook 'n yslike mandjie vol vrede vir jou 

 :grommit: 
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on February 05, 2013, 12:06:23 PM
Ek bring die botteltjie nader Adele, sal glad nie wys wees van my om nou self te skink nie, kan jou dalkies rooi verf van bors tot toon :icon_bigsmurf:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: adele on February 05, 2013, 12:33:31 PM
... moet ek teken dat ek weet - nou is hier nie een prentjie wat pas by my mallemeule gemoed nie  :icon_bigsmurf:

vriendin, die onbekende onsekerheid word elke dag deur satan as misleiding gebruik om ons aan te val ... daar is 'n prentjie, ons Hemelse Vader se Woord dat Hy elke oomblik jou hand vashou, gryp sy vingers so styf vas dat Hy weet jy wil dit so hê.   :love7: 

Gebed:
Gods sterke Engel wil
’n laer van beskutting wees
óm almal wat die Here vrees
Hy maak hul onrus stil.
Ervaar dan en aanskou
hoe waaksaam God is en hoe goed
Hoe salig is ’t in my gemoed
as ek op Hom vertrou!
Amen
(Psalm 34:4 – Beryming)
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on February 06, 2013, 12:24:15 AM
Adele, hierdie woorde ingeryg as halssnoer nou wat ek nooit weer gaan afhaal nie  :love7: :notworthy:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on February 07, 2013, 10:28:22 AM
Wonderlike terugvoering: Die nare toets is afgehandel. Die drukking het wonderbaarlik gesak. Van 59 en 48, na 31 rustend en tussen 45 tot 50 met oefening. Dit is NIE PAH nie!!!! Duisend en tien dankies vir  AL die gebede wat ons begelei het oor die afgelope ses maande met die drie PH diagnoses van die echocardiogramme af. Die drukking het onstaan a.g.v 'n onderliggende probleem "high output cardiac state".

 Dit veroorsaak skynbaar soortgelyke simptome as PH (pyn op bors, duiseligheid, min krag, suurstof tekort ens). Die ongemak wat ek nou nog steeds ervaar se die spesialis  is a.g.v 'n hart wat weghardloop; oortyd werk en hom verbeel hy moet die bloed deur die are pomp teen marathon pas. Die abnormale drukking word dan ervaar soos die van 'n PH pasient wat 'n permanente vernouings probleem het.

Die wonderlikste van alles is, hierdie probleem is behandelbaar en sodra die kardioloog die nuwe reeks toetse wat more begin, gedoen het, sal hulle kan begin met behandeling en die DVT (diep-aar-trombose)probleem in my been ook herstel. Dit voel of ek 'n tweede lewe gegun is julle.  :love7: :hello2: :notworthy: :angel4:  

Ons glo dat die gesuiwerde lug wat ons die afgelope drie weke in die pandokkie het, het bygedra tot die verminderde drukking weens die allergiese reaksie wat my longe getoon het op die dieselgasse en besoedelde omgewing. Die suurstofverbruik het nog steeds geval tydens die prosedure tot op die vlak waar dit vir my nodig is om ekstra asempies te leen maar die lewe is weer 'n fees want die keer is die probleme van so aard dat ek by
'n spreekkamer kan in stap en die dokters weet waar om te begin soek na die sondebok!! :love7: :hello2:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: PM on February 07, 2013, 11:17:26 AM
 :hello2:  Ons twiekies is oorstelp van vreugde!  Dit is wonderlike nuus Raaitjie.   :hello2:  Baie dankie dat jy so gou laat weet het.  Nou kan ons weer asem skep!
Voorspoed met die ander toetse en sterkte met die behandeling.  Ons is sooooo dankbaar en ek wens ek kon die verligting in Outop se oë self aanskou.   :hello2:   :love7:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Fransi on February 07, 2013, 11:25:41 AM
So bly!  :icon_cheers:  :icon_cheers:  :icon_cheers:  :love7:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on February 14, 2013, 05:38:33 AM
Klop klop. Hier is ek alweer met my bekende rympie voor die forumdeur: ons gaan weer weg wees vir drie slapies  :icon_biggrin: gaan saam met geliefde vriende bietjie ontspan tussen die berge. Hou die blinkkante bo en ek gaan julle mis - dis gewis maar weet ook dat ons die welkome breek gaan geniet!  :love7:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: PM on February 14, 2013, 07:30:00 AM
Geniet dit Raaitjie en skryf solank aan die gedig vir die kompetisie.  Ek weet alles sal "reguitboektoegehalte" wees. 
Moenie die klikbekkie vergeet nie.   :love7:

 :bootyshake:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on February 14, 2013, 09:27:07 AM
Ek sal kopkrap en geniet mater  :hello2:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: PM on February 15, 2013, 08:35:27 AM
Hier het ek gaan loer oor julle kampplek vir die naweek.  Ek het mos gesê ek klim in en
ry saam.  :icon_biggrin:

Queen Mary Falls are found in Main Range National Park on the McPherson Range near the New South Wales/Queensland border.

The 40 m waterfall is located 50 km south-east of Warwick, 10 km east of the town of Killarney in Queensland, Australia. Queen Mary Falls are on Spring Creek, a tributary of the Condamine River.

The falls formed when water erosion by streams created gorges through layers of basalt and resistant trachyte.

The falls are currently retreating as large blocks at the bottom of the falls were not evident in photos taken in the 19th century.

Facilities at the falls include toilets, tables and fireplaces.
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: PM on February 15, 2013, 08:40:39 AM
Hier is die foto.
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on February 17, 2013, 11:52:26 PM
Oe ek wens julle kon saam ons daar kuier PM! Dankie vir die lieflike foto en inligting. As die watersluier onder teen die rotse val lyk dit so:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/QueenMaryFallsvirforum.jpg)
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Fransi on February 18, 2013, 07:56:30 AM
 :hello:

Asemrowend.
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: PM on February 18, 2013, 09:32:32 AM
Dit is pragtig.  Wens regtig ek kon ook daar wees. 
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2013, 01:11:59 AM
Net gou lyntjie los: ek gaan weer so paar dagies nie by die forum kan uitkom nie. Sal weer kom kuier tussen die lyne dv volgende week hoor  :love7: :notworthy:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: PM on March 07, 2013, 09:20:48 AM
Dankie dat jy laat weet het Raaitjie.  Ons pak vandag die pad aan huistoe en sal seker eers weer Saterdag kom kuier.   :love7:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on March 12, 2013, 05:24:54 AM
Smaak my ons is altwee darem waar aan't huise  :headbang:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: PM on March 12, 2013, 08:27:06 AM
Ja, ons vyf dae reis het toe twee en dertig dae geword.  My alie het al begin wortel skiet op daai sitplek. 
Nou is ons tuis en ek gaan niks verder sê nie.  Elke keer as ek dit sê dan verander die plan.  Nou steek ek dit diep in my mou weg.   :icon_biggrin:

Ons het die wonderlike geleentheid gehad om vir Ouma Naas te kon kuier, vir Naas, Trappies, Ouma Trappies, WW, Willa, André en Theo te sien.  Oppad Port St Johns toe het ons by Adéle en Eben oorgeslaap en oppad terug het ons by AB 'n draaitjie gemaak en by Gawie en Bertus oornag.  Man, ek voel soos die koningin van Sheba!  My torre is nog net 'n bietjie gesuip van al die wyn in die Kaap en die hoë lugdruk hier in die Transvaal. 

AB se huis is pragtig!  Hulle is gereed om oor te trek. 
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on March 12, 2013, 08:39:33 AM
Soooo lekker om jou weer terug te he en al die nuus te kan hoor. Wens so ek kon saam toer en kuier. Van die oorslaap nie eers te praat nie. Ons sal nie geslaap het nie  :evil6:
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: PM on March 12, 2013, 08:51:42 AM
Raaitjie, die vyf nagte wat ons in die Kaap geslaap het, was ons so besig gehou deur die Engelse, ons kon net so vier tot vyf ure slaap 'n nag inkry.  Die Saterdag toe ons by Barry en Jane aanland, stap ons in 'n huis vol ou vriende in. Hulle het al ons Engelse vriende genooi en toe begin die fees.  Ons het so lekker gekuier, vieruur daardie oggend toe bestel almal taxi's, want niemand kon meer bestuur nie.  Hulle het die volgende aand hulle motors kom haal en toe gaan ons net aan met kuier.  Die Donderdagoggend hou Jane aan dat ons net nog een nag moet oorslaap.  Hannes sê toe nee nee, dit is nou tyd om te ry dat ons kan nugter word.  Daardie Kapenaars weet niks van tee en koffie af nie.  As jy wakker word drink jy wyn! Wat 'n fees!   :sign10:

 :bootyshake:

en toe gee AB nog 'n kas vol wynkapsules saam ...
Title: Re: Gaan weer weg wees vir drie slapies
Post by: Meraai vannie Baai on March 12, 2013, 09:08:18 AM
Wynkapsules hehehehe, ekkke lieffff!! Sal dit enige tyd ruil vir my nege smarties saans  :angel4: