Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Pret met woorde => Topic started by: Meraai vannie Baai on December 02, 2012, 04:10:55 AM

Title: Forum-spreekkamer
Post by: Meraai vannie Baai on December 02, 2012, 04:10:55 AM
Piet Magriet: Die slimkoppe sê wanneer jy met krampe gepla is in die nag, dan moet jy 'n aartappelmoer in jou bed sit. Jy kan dit maar probeer, maar ek slaap al 42 jaar langs dieselfde ou moer en ek kry nog steeds krampe.

Meraai: Gewaarborgde raad vir verslanking:
Skud die kop van links na regs en van regs na links wanneer jy ookal 'n tweede porsie van enige ryk, nie verslankende voedsel aangebied word! Dit werk uitstekend.

Raad van die poskoets afgeval: Ek bad deesdae in n bietjie warm water en OMO, die advertensie sê: "Gewaarborg! Verwyder Vet & Vlekke!" Watch my oor 3 maande!!!!!

Piet Magriet:
Jy gaan 'n lang maer spook anderkant uitkom! Dit waarborg ook "spierwit".

Moenie kos in jou mond sit waarvan jy nie hou nie, ook nie dit wat oorbly nie, want as jy jou verbeel jy is die asblik, gaan jy soos een lyk!

Konsentreer op die voedsel wat jy eet. Geniet elke happie en kou dit stadig. Wanneer jy met iets anders besig is, neem dit jou aandag van die etery af en jy bly honger.

Moenie uit die potte en bakke eet nie. Jy kan nie sien hoeveel kos jy inneem nie en eet net agter die lekker aan. Skep jou porsie sorgvuldig in en hou daarby.

Dan is daar die pasta-dieët! Pas da fridge, pas da tjoklits, pas da ... dit werk!

Ek seg mos Johannes, as hulle my nou deur die bors skiet is my knieg af!

*PM Special:
"Ek kappit flou hoor! Maar wie kla?
Ek wou mos 'n paar kilo's verloor en sowaar,
nog 400 gram dan is ek daar!

Maar oeeee, die liewe rooi druif,
maar seker ook gelukkig nê!?
Anders het ek lankal deur my eie 0 geval!
EN, wie wil nou in die stort rond spring om nat te word?

Die inding in die regering aan bewind is mos: Hoe dikker hoe beter! Jou lekker vet kat!"

Juenka:
Ek is op die "net een asb" dieet. Ek eet net een van alles. Net een tamatie, een wortel, een appel en een sjokalade koek.

*VDHM: Dis die VREET DIE HELFTE MINDER dieet
Title: Re: Forum-spreekkamer
Post by: Meraai vannie Baai on August 06, 2019, 09:34:27 AM
Nog 'n paar niese later en toe moes ek eers gou by die forum-spreekkamer inloer. Lagpilletjies het nog altyd die ding gedoen vir my. Drukkie vir elkeen wat hier aangedoen het, of verby kom hoor!
 :coffee2::love7:
Title: Re: Forum-spreekkamer
Post by: PM on May 21, 2020, 03:34:33 PM
Ja nee kyk, lag is die beste medisyne.  :toothy4:


Ek het nou hier kom neerplak, papmoeg en swart vingernaels.  Die oond het les opgese.     :pottytrain2:   Vandat ek weer 'n bietjie aan die beweeg is loop alles deur wat moes wag.  Hannes seg altoos,  PM met haar jik en tanneborsel!