Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Pret met woorde => Topic started by: Meraai vannie Baai on December 02, 2012, 02:28:11 AM

Title: Poskoetsbydraes
Post by: Meraai vannie Baai on December 02, 2012, 02:28:11 AM
 Waar het die koning van Israel twee afgodsbeelde laat oprig?
 In Jerusalem en Gauteng.
 
As kinders nog te klein is om pille te sluk, hoe kan 'n mens vir hulle medisyne ingee? - Tepelsgewys. (teelepelsgewys)
 
Wat is 'n vlieende piering?
 'n Ding soos hierdie: O
 
Waar word sykouse vervaardig?
 By Pep Stors.
 
Waarom is die seun in die verhaal gestraf?
 Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.
 
Noem drie soorte grafiese rekenaarpakkette wat'n mens kry.
 Reghoekiges, rondes en langwerpiges.
 
Noem die vier seisoene.
 Sout, peper, mosterd en asyn.
 
Hoe word dou gevorm?
 Die son skyn op die blare en dan sweet hulle.
 
Wat veroorsaak getye in die see?
 Die getye is 'n geveg tussen die aarde en die maan. Al die water wil na die maan vloei, want daar is nie water op die maan nie. Ek het vergeet waar die son in die geveg inkom.
 
Watter waarborge kan 'n bank vereis as hulle 'n huisverband toestaan? -
 As jy 'n huis koop, kan hulle aandring dat jy goed geërf het.
 
Hoe belangrik is eleksies in 'n demokratiese samelewing?
 Baie belangrik. Voortplanting kan slegs gebeur as 'n man 'n eleksie het.
 
Wat is 'n terminale siekte?
 As jy op die lughawe siek word.
 
En nog van die geskaakde poskoets
 Wat is outobiografie?
 A: dis die onstaan en geskiedenis van die motorkar.

Waarvoor staan die afkorting t.o.v.?
 A: tot onder die voete.

Wat is die doel van die kies- en oogtande?
 A: die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed
 doen.

Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?
 A: kleinteef.

Wat is die meervoud van kabeljou?
 A: kabeljulle.
 
*******************************

JY WEET JY IS BESIG OM OUD TE WORD AS:
 
* Jy agterop 'n nuwe CD nie kan agterkom watter is die lied se naam en watter is die sanger(s) s'n nie.

* Mense sleg voel om jou na 9 saans te bel

* Daar niks meer is wat jy nog op die harde manier moet leer nie

* Jy partykeer aandete eet as die son nog skyn

* Jy jouself as 'n kenner van mediese fondse en pensioenplanne beskou

* Spoedbeperkings nie meer vir jou 'n uitdaging is nie

* Jy nie meer gebodder kan wees om jou maag in te trek nie, maak nie saak WIE in die vertrek inkom nie

* Jou gewrigte beter weervoorspellers is as die Weerburo self

**************************************************

VAN DIE POSKOETS AFGEVAL EN AANGEDRA DEUR GAWELINA
  Middeljare:
 
Als pyn. Wat nie pyn nie werk nie.

Die glinster in my oog is die weerkaatsing van my bi-focals. Ek voel soos die oggend daarna, maar was nerens heen nie.
 
My afsprake begin allie name met Dr.

Ek raak uitasem van skaak.
 
Ek't 'n bril nodig om myne te soek
 
My neus wil loop maar my bene willi
 
My heup gaan meer uit as ek
 
'n Hap sagte steak en my tande bly agter
 
As jy die kry en dis nie vir jou bedoel nie, ignoreer asb. Ek kan nie onthou vir wie ek dit eintlik wou stuur nie!
 
*Ek het woorde met my vrou gehad,
 en sy het paragrawe met my gehad.
 -- Sigmund Freud
Title: Re: Poskoetsbydraes
Post by: Meraai vannie Baai on December 02, 2012, 02:29:34 AM
Annie:  Van die poskoets afgeval:
 Wat maak my swak?
 My vrese.
 
Wat maak my heel?
 My God.
 
Wat hou my staande?
 My geloof.
 
Wat maak my goedhartig?
 My vermoë om nie heeltyd aan myself te dink nie.
 
Wat maak my eerlik?
 My integriteit.
 
Wat hou my gedagtes skoon?
 My soektog na ware kennis.
 
Waaruit leer ek die beste lewenslesse?
 My foute.
 
Wat hou my kop omhoog?
 My trots, nie my arrogansie nie.
 
Wat as ek nie kan uithou en aanhou nie?
 Dit is nooit 'n opsie nie.
 
Wat maak my suksesvol?
 My moed om aan te hou met opstaan as ek geval het.
 
Wat maak my bevoeg vir alles wat ek doen?
 My selfvertroue.
 
Wat maak my mooi?
 My alles!
 
Wat maak my 'n vrou?
 My hart.
 
Wie is ek?
 Ek is voluit vrou!

Vir mooi oë, kyk altyd na ander se goeie eienskappe;

vir mooi lippe, sê net vriendelike woorde;

vir grasie, loop met die wete dat jy nooit alleen is nie.

'n Kind groei op sy vinnigste die eerste maand nadat jy vir hom
nuwe skoolklere gekoop het.

Luiheid is net die gewoonte om te rus voor jy moeg is.

Ek en my vrou het 'n ooreenkoms. Ek erken ek is verkeerd,
en sy stem altyd saam.

Mense wat nie vir hulleself kan lag nie, los hierdie plig vir ander.

Hulle noem dit ons moedertaal, want vaders kry selde kans om iets te sê



Title: Re: Poskoetsbydraes
Post by: Fransi on December 02, 2012, 10:16:49 AM
 :icon_biggrin:
Title: Re: Poskoetsbydraes
Post by: Meraai vannie Baai on December 19, 2012, 01:02:00 AM
Vergelykings wat hoërskoolleerlinge in hul opstelle gebruik het:

* Sy gedagtes het in sy kop rondgetuimel en verwantskappe gesmee en gebreek
soos onderbroeke in 'n tuimeldroër.

* Haar woordeskat was so sleg soos, wel, wat ook al.

* Dit was 'n werkersklas-tradisie, soos pa's wat hul kinders met elektriese
bore rondjaag.

* Sy het nader aan hom gegroei - asof sy bakterieë was en hy Britse
beesvleis teen kamertemperatuur.

* Hy is so maer soos 'n vark op 'n grondhervormingsplaas

* Hy was so lank soos 'n twee meter lange boom.

* Ek het so minderwaardig gevoel soos 'n Zim-dollar

* Die bootjie het saggies oor die dam gedryf presies soos 'n rolbal nie sou
nie.

* Die son het uit die see opgerys soos 'n gloeilamp uit 'n bad water.

Jan Olivier:
* As 'n jong meisie verlief raak is dit kalwerliefde
* As 'n ou vrou verlief raak is dit malkoei siekte
Title: Re: Poskoetsbydraes
Post by: Fransi on December 19, 2012, 07:22:45 AM
 :icon_biggrin:
Title: Re: Poskoetsbydraes
Post by: Naas on December 19, 2012, 07:52:12 AM
MALKOEISIEKTE!!!! BWAHAHAHAHAHA!!!!.
FFFFFFFFFlippit. Lag ek nou my ontbyt oor die hele kombuisvloer.





 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Poskoetsbydraes
Post by: Ah Willa on December 19, 2012, 12:04:48 PM
 :icon_biggrin:
Title: Re: Poskoetsbydraes
Post by: PM on December 19, 2012, 12:36:38 PM
Dankie Raaitjie, ek het dit geniet. 

My lekkerste geniet is om te sien hoe jy dit geniet het Naas. 
Title: Re: Poskoetsbydraes
Post by: Meraai vannie Baai on December 23, 2012, 05:27:07 AM
Hy wat nie weet dat hy nie weet nie, is onnosel. Vermy hom.

Hy wat nie weet nie, en weet dat hy nie weet nie, is nog 'n kind. Leer hom.

Hy wat weet, en nie weet dat hy weet nie, is aan die slaap. Maak hom wakker.

Hy wat weet, en weet dat hy weet, is 'n leier. Volg hom.

*Poskoetsvertaling
Title: Re: Poskoetsbydraes
Post by: PM on December 23, 2012, 07:17:51 AM
Ons het baie gespot met:  Hy weet hy weet dit nie, maar hy weet dit nie eers nie. 

Dankie vir die deel hiervan Raaitjie.


 :bootyshake:
Title: Re: Poskoetsbydraes
Post by: Meraai vannie Baai on December 23, 2012, 07:19:30 AM
Dit is 'n pragtige aanvulling by die PM  :notworthy: :hello2:
Title: Re: Poskoetsbydraes
Post by: Naas on December 23, 2012, 09:04:39 AM
As hy weet hy weet nie maar gaan aan asof hy weet trou hy baie vroue en neuk 'n land op.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Poskoetsbydraes
Post by: PM on December 23, 2012, 09:28:35 AM
 :sign10:  Dit is die waarheid in sy gehele naaktheid. 
Title: Re: Poskoetsbydraes
Post by: Meraai vannie Baai on December 23, 2012, 10:15:50 AM
Skote Petoors!!!  :`ip2:
Title: Re: Poskoetsbydraes
Post by: Meraai vannie Baai on September 23, 2015, 10:52:59 PM
Waar kom die woord spanspek regtig vandaan?

The work spanspek comes from the Afrikaans Spaanse spek meaning “Spanish bacon” and dates back to the 19th century when the Cape governor’s spanish wife, Juana Smith, insisted on eating melon instead of bacon for breakfast. Her Afrikaans-speaking servants coined the word as they were highly amused by her antics.
Title: Re: Poskoetsbydraes
Post by: Fransi on September 28, 2015, 08:27:04 AM
Dit is so interessant! Baie dankie vir die deel.
Title: Re: Poskoetsbydraes
Post by: PM on October 01, 2015, 08:52:36 AM
Dankie vir die deel Raaitjie.  So leer ek elke dag iets by.   :hello2: