Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Pret met woorde => Topic started by: Meraai vannie Baai on December 02, 2012, 02:11:21 AM

Title: Letterwoorde
Post by: Meraai vannie Baai on December 02, 2012, 02:11:21 AM
Ons is almal al mooi dingesvol vir hierdie ongewenste plapos. Hier is 'n paar oulike name wat ek raakgelees het:
Varkpos
Geraaspos
Sproeipos
Pespos (en die IT man is dan 'n pesposwagter!)

Op versoek van 007 word die volgende letterwoorde vir SPAM geskep.

Outoppie
S: Simpel
P: Pos
A: Aangestuurde
M: Moermeter-aktiveerder

SueEe:
Spoeg-
Pos
Aan
My

Spul
Praatkous
Aangedrewe
Mail

Naas:
My ouma het ook een van daai gehad. Gelukkig is dit dood voor dit kon aanteel. :-})
K-onstante
O-ngevraagde
T-oeststroming van
S-teurpos.
In ander woorde: "Ons word oorval deur KOTS.

Willa:
S - steur
P - pos
A - aktiveer
M - moermetertjie!

Title: Re: Letterwoorde
Post by: Meraai vannie Baai on March 26, 2019, 10:40:21 PM
Wonder ek nou wat sal ons die ongewensde foon oproepe noem wat jou belieg oor die 'gevaar' van jou komputer wat 'besmet' is en as dit nie reggestel word nie, gaan jou internettoegang afgesny word  :toothy4: :dontknow:

Tot op hede werk dit soos 'n bom deur te antwoord dat die oproep gemonitor word deur die polisie  :toothy4: Wat antwoord julle?
Title: Re: Letterwoorde
Post by: Assie on April 10, 2019, 08:18:26 AM
Ek en oupa praat sommer van gemorspos of toiletpos aangesien die papier in blokkies gesny word en in die longdrop gebruik word om die toiletpapier te spaar.


 :mumum:
Title: Re: Letterwoorde
Post by: Naas on April 13, 2019, 12:18:55 PM
'Wonder ek nou wat sal ons die ongewensde foon oproepe noem wat jou belieg oor die 'gevaar' van jou komputer wat 'besmet' is'

Wat van "ANC gasette"?

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Letterwoorde
Post by: Meraai vannie Baai on April 16, 2019, 01:40:58 AM
Daardie ene kan werk Naas  :headbang: :hello2:
Title: Re: Letterwoorde
Post by: PM on September 15, 2021, 02:48:34 PM
Gelukkig kan jy dit nog vir iets aanwend Naas.