Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Souse => Topic started by: PM on November 30, 2012, 01:01:21 PM

Title: Soetsuursous
Post by: PM on November 30, 2012, 01:01:21 PM
Maak 'n soetsuur sous so:

Kook alles saam.
1 liter asyn
750 ml ligbruin suiker
1 telepel borrie
4 telepels droë dille  (opsioneel,  maar dit maak net die verskil)
2 eetlepels mosterdsaadjies  (ook opsioneel maar kry dit gerus)
10 telepels mielieblom,  aangemaak  met 'n bietjie water
Title: Re: Soetsuursous
Post by: Meraai vannie Baai on December 02, 2012, 12:47:56 AM
Heheheh, ek strompel toe vanoggend oor hierdie ene van jou wat ek ook bewaar het by die vorige Verskombuis:

Piet Magriet: In sy eie nes
Julle ouens, ek sukkel nou al vir jare om 'n behoorlike degie (batter) te maak vir soet-suur-vark, hoender, en wat-ookal 'n mens in 'n "kombersie" wil toevou, en nou is ek baie opgewonde want ek dink ek het die antwoord gevind.

Ek het sampioene, hoenderstukkies, varkstukkies, viennas, prawns en kalamari hierin gedoop.
Blomkool en brusselse spruitjies, klein aartappeltjies, en klein uitjies, halfpad gaargemaak in die mikrogolf oond, daarin gedoop en in diep olie gebraai. Tot blokkies brood!

Hoe maak mens? So maak mens:
Al bogenoemde moet in koekmeel "afgestof" word.

"Kombersie"
Meng een en 'n half koppie koekmeelblom met
'n half koppie Mezena.
Voeg daarby een eiergeel en
genoeg sout en peper na smaak.
1 Teelepel bakpoeier.

Vat 'n botteltjie bier en meng dit daarin tot dik en romerig.
Doop enige iets wat jy wil gaarmaak daarin en braai in diep olie tot bruin.
Eet en geniet!
Met liefde, van Ouma Pietie.
©
Title: Re: Soetsuursous
Post by: PM on December 04, 2012, 12:23:53 PM
Ai sustertjie, jy weet nie waar ek orals hierdie reseppie gaan soek het nie.  Dankie dankie!
Title: Re: Soetsuursous
Post by: Meraai vannie Baai on December 05, 2012, 12:51:08 AM
Soos altyd is die vreugde en plesier myne sustertjie  :notworthy: :hello: