Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Karel Grootlieg se ware verhale => Topic started by: Naas on May 21, 2011, 06:50:53 PM

Title: Assie se Oupa sê
Post by: Naas on May 21, 2011, 06:50:53 PM
My wyse Oupa sê nou die dag: “Intelligensie sonder insig is die gereedskap waarmee die duiwel gewone mense irriteer.”
Ons koop verlede jaar by die vandisie ‘n pragbul. Die dier het al die regte spiere op die regte plekke. As hy in die veld staan lyk dit of hy klaar op aandag staan voor die beoordelaars. Hy vreet in blou rosette. Hy’t ‘n paar horings wat enige opregte  bloubul tevrede sal hou al verloor sy span soos gewoonlik. Hy is ‘n teelbul.  Tot die fynste besonderhede toegerus vir die werk. Die koeie kan nie hul oë van hom afhou nie. Selfs Blommetjie het al in die grensdraad vasgeloop van omkyk.
Maar teel kry ons met die dier nie geteel nie.
Kry ons die ou veearts om te kom kyk wat aangaan. Die sukkel twee dae maar daar is geen lewe in teelbul se gereedskap nie. Laataand kom die veearts van die kraal af ingestrompel. Doodmoeg. Hy het die probleem opgespoor. Die bul sal nooit teel nie. Hy het geen reuksin nie en kan dus nie die koeie ruik as hulle gereed is vir teel nie. Ons sal maar kunsmatig moet insamineer.
“Dis nou ‘n gedoente.” Brom Oupa. “‘n Hele waenhuis vol duur gereedskap en geen werktuigkundige om daarmee te werk nie.”
'n Parlement vol "intelligente" politici en geen pad om soontoe te ry nie...

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Assie se Oupa sê
Post by: Angelica on May 22, 2011, 07:10:42 AM
Giggles... Laat ons nie oordeel volgens die uiterlike nie. Arme koeie. Hier het hulle 'n bul van 'n bul aan die oorkant van die draad en hy beteken niks. Wat 'n teleurstelling.   :angel8:
Title: Re: Assie se Oupa sê
Post by: PM on May 22, 2011, 09:34:51 AM
Assie het 'n wyse oupa Naas!  Jammer hy het nie die insig gehad toe hy die bul aangekoop het nie!   :icon_biggrin:

 :sign10:  Jy is reg Elle,  'n mens sien die ding voor die kop maar nie in die krop nie.   :sign10:  Snuif-snuif   :crybaby2:
Title: Re: Assie se Oupa sê
Post by: adele on May 26, 2011, 08:03:37 PM
het nogals verlang na Oupa. dankie jy hulle weer laat kom kuier het.

 :grommit:
Title: Re: Assie se Oupa sê
Post by: PM on May 26, 2011, 09:13:59 PM
Nou is jy in die sop Naas!   Jy beter Assie en haar oupa aan die lewe hou!