Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: Meraai vannie Baai on November 16, 2012, 05:21:37 AM

Title: Stilte - vir eers.
Post by: Meraai vannie Baai on November 16, 2012, 05:21:37 AM
Liewer maters, ek gaan weer stil wees vir 'n week of wat. By die tyd weet almal omtrent dat volgende week D'dag is vir ons. Ek trek bietjie moeilik aan die emosionele vrag en die 'pypies' word die volgende week nie toegelaat nie want die suurstofvlakke in die bloed moet so na as moontlik aan normale asemhaling gedoen word, om te sien hoe die longe byhou sonder hulp. Dit is my pynverdower  :crybaby2: vandag het ek vir oulaas nog (skelm gesuig daaraan) sodat ek 'n paar goedjies kon doen/plaas. Die naweek kom meisiekindjie en kie kuier en volgende week is dit ons en die toetse. Lief julle baie en ons kuier weer tussen die lyne as ek terug is. Tot dan, mooi loop! I'll be back  :notworthy:
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: PM on November 16, 2012, 07:37:47 AM
Jy moenie stout wees nie Raaitjie!   :icon_biggrin:

Mooiloop Sustertjie, ek hou jou in my hart en my gedagtes en hoop van harte jy bring vir ons goeie nuus. 
Geniet die naweek met die kinders en voorspoed vir die toetse. 

Liefe jou, sommer baie baie.
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Fransi on November 16, 2012, 08:44:47 AM
Baie sterkte Meraai en mag die toetse goeie nuus bring.
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Gawelina on November 16, 2012, 01:52:41 PM
Et ot liefe jou!! (Anchen se woordjies toe sy klein was - ek ok lief vir jou)

Sterkte vir die week. In gedagtes is ek ook daar iewers. Kyk onder jou strooihoed se rand!
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Ah Willa on November 16, 2012, 10:12:21 PM
op gebedsvlerke dra ek jou matter!
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Meraai vannie Baai on November 17, 2012, 12:35:46 AM
Dankie liewe maters  :love7: uit die mag van gewoonte het ek eers gou weer kom loer. Lief julle sooooo baie  :notworthy: en dankie vir ALLLES!! Dit is my krukke onder die arms en ekstra asem vir wat ook al op ons pad sal/gaan kom.
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: AB on November 17, 2012, 07:02:30 AM
Sterkte en seënwnese van gesondheid wens ek jou toe
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Meraai vannie Baai on November 19, 2012, 01:14:46 AM
Dankie dierbare maters! As ons more aand die wieletjieshuis hak, pak ons die eerste tree aan op die pad wat lei na antwoorde. Tot nou was die toekoms vir my duister en onsekerheid vreet my amper letterlik op. Vanoggend terwyl ons met koffie in die hand nog steeds bespiegel oor dit wat dalk kan voorle of nie, trek die skadu van my welkom haantjie teen die muur my oog. En skielik besef ek:

Soms hang skadus
oor ons toekoms
wat ontroue beelde skep.

'n Haan op 'n tak,
met sy das om die nek
lyk dan soos Liewe Heksie
in die mandjie
van haar lugballon,
met 'n swepie
in haar hand!  

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/LieweHeksieskadu.jpg)

*bid asb saam met ons dat die vorige PH diagnoses net 'n skadu-drukking teen die mure van my hartkamer was, gegooi deur nare klonte in die longe.

 :notworthy: :love7:

Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: PM on November 19, 2012, 03:07:03 AM
Dit is pragtig gedoen Raaitjie.  Lyk die haan se kop ook vir my soos 'n groot hand, sy lyf 'n arm en sy stert 'n gesig wat weg kyk van my.  :icon_biggrin:  Jannie in die boontjierank.
Ek sien vir Liewe Heksie sit op 'n swaai (haar voete by die haan se stert.)

Met elke rol van die wiel sal ons aan jou dink Raaitjie.  Hier is 'n hele ry stoeltjies, ons sit net hier en wag tot ons ook 'n antwoord kry. Sterkte Sustertjie.  Ek hoop van harte dat dit die uitslag is wat ons almal graag vir jou wil hê en dat dit die einde van al die onsekerheid is.  Sterkte, hier is 'n drukkie vir jou, hang dit om jou sielehals, ingesnoer met al die
mooi wense.   :love7:
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Meraai vannie Baai on November 19, 2012, 03:20:36 AM
PM, jou woorde en liefde gee my krag matertjie. Ek sit met die voete en swaai, my gemoed soveel ligter. Ek het nie gedink ek sal hierdie dae van wag omkry sonder om my hoed te verloor langs die PHpad nie LOL! Gedink ek sal soos gewoonlik ergens 'n gaatjie gaan soek en bloemin-hoekom-sak oortrek tot D'dag  :icon_biggrin:

Die "ekphrasis allegorie" op ligter noot spesiaal vir jou  :headbang:

Toe die Haan teen die pandokkie se songeelmuur kraai
vul maters se skadus 'n lugballon met phenomonale hoop;
en binne in swaai Meraai haar sweep en skreeu verspot:
"Jippie! Nog 'n dag van wag is verby. Waar's my hoed?"
Sy boor 'n gaatjie in die mandjie met haar toon.
"O ja. Dis op my kop  :icon_bigsmurf:
Wie kom saam na die stomkletstuin?"

Pssst: PM hang al teen die boontjierak en Gawie sit en swaai!

*volgende week dv kuier ons weer heerlik saam, tot dan liefde in ons ou kringetjie!!

Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: PM on November 19, 2012, 04:10:27 AM
 :notworthy: Bevoorregte ekke!  Dankie Raaitjie.  Die stomkletstuintjie se hekkie is nog toe.  Dalk sal Gawie kom draai. 
Eish!  Dit gaan 'n lang week wees.   :crybaby2:
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Ah Willa on November 23, 2012, 05:14:01 AM
Ek verlang ver Raaitjie ... enige nuus oor D-day se toets??

ek glo en vertrou dat dit baie goeie nuus gaan wees en ons nog baie baie woorde aan haar mandjie gaan moet afstaan ...

maar op hierdie einste oomblik, klop my hart in onstuimige ritmes vir ons maaitjie en al wat ek kan doen is om haar op te stuur na Bo op die vlerke van gebed ... hoekom kan ek nie 'n toorstokkie kry nie ...  :icon_scratch:
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Gawelina on November 23, 2012, 05:29:27 AM
Willa, op haar facebook muur het hulle breedvoerig verslag gedoen. Die kort en die lank van die uitslae is dat hulle nog steeds nie weet wat die probleem veroorsaak nie en dat sy verdere toetse moet ondergaan. Ek is seker Raai sal volgende week vir julle presies kom vertel wat die dokkie seg.
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Ah Willa on November 23, 2012, 05:32:22 AM
dankie Gawelina .. ek sal ook bietjie haar FB blad gaan besoek ...
ek waardeer dat jy kom laat weet het ... die gebedsverke gaan nou nog vinniger en meer gereeld wapper
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: PM on November 23, 2012, 03:50:58 PM
Ek en Hannes hou haar ook knoes in ons harte en gedagtes.  Ek misssss haar vreeslik!
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Gawelina on November 23, 2012, 08:08:05 PM
Toemaar, ek is seker sy sal gou weer op haar pos wees. Van Maandag af kan ek ook lekker lank in die tuin ronddwaal. Ek kan nie wag nie.
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: PM on November 24, 2012, 05:31:26 AM
Sy beter nou roer, dit is al 5 weke!!!!!!!!    :icon_biggrin:
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Meraai vannie Baai on November 25, 2012, 12:34:34 PM
En hier sit ek, 'vyf weke' later en nog onsekerder as toe ons hier weg is. Soos Gawie tereg genoem het, die PH spesialis het haar eie toetse begin. En die nuwe echocardiogram wys daar is nog steeds drukking maar dit is stabiel wat wonderlike nuus vir ons almal is!!! Ons was baie verlig toe die dok se die drukking is 48 (was voorheen 59) toe se hulle vinnig, moenie bly word nie. Dit is deur twee verskillende hospitale se masjiene en tegnikuste geneem. Dit kan verskil en beteken nie veel nie. Gun mens ook maar min   :evil6:

 :crybaby2: Groot hartseer: hulle weet nog steeds nie waarvandaan die drukking kom nie en moet nou met 'n kateter ingaan om direk in die hartkamers te kan meet. Spesialis en haar span se oorplantingsprogram is vol geboek tot eerste week in Jan. As daar opening voor die tyd beskikbaar is, sal sy ons dadelik kontak. Daar is soveel dinge wat blykbaar die drukking kan veroorsaak en dit moet een-een uitgeskakel word tot sekerheid verkry is voordat enige medikasie oorweeg kan word.

Ek wou deur die dak spring toe sy se dat sy op die stadium nie die twee vorige diagnoses van PH kan bevestig totdat sy haar eie toetse (nog drie) voltooi het waarvan die laaste blykbaar die enigste betroubare metode is waarvolgens sy haar oordeel en behandeling fel. Op hierdie stadium is die drukking "idiopathic" en sou sy ook dan PH diagnoseer oor ses weke, is dit een van die moeilike kalante om te behandel weens die onbekende oorsprong en begin hulle met gevorderde behandeling (wat dit ook al beteken).

So maters, ons doet voort en tel maar weer so wag-wag die nuwe jaar in. Dankie vir al die omgee, gebede en dink aan ons. Dit het ons staande gehou toe die kniege wou knak op die onsekere pad.  :love7: :notworthy:
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: PM on November 25, 2012, 02:23:18 PM
Ek was oorstelp om 'n bydrae te sien met jou naam op, toe verloor ek sein toe gaan soek ek dit toe kry ek dit 'n uur later, maar hier is ek. 

Ek is so bitter jammer dat die onsekerheid nog is waar dit was Raaitjie.  Gelukkig is daar nuwe hoop en ons sal moet vertrou soos nog nooit tevore nie matertjie. 

Baie welkom terug en ek hou styf duime vas dat jy vroër 'n afspraak kan kry.  Dit is nie onmoontlik nie. 

Elke dag het vir my soos 'n week gevoel.   :icon_biggrin:   :love7:
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Meraai vannie Baai on November 25, 2012, 11:10:47 PM
Dankie baie baie matertjie vir julle liefde!! Ons begin nou ernstig self grawe en soek na moontlike oorsake. Ek gaan sommer vir jou aanhaal uit die briefie wat ek vir Denneys gestuur het:

My liefste Outoppie het begin om alles 'tegnies' te ontleed. Dok voorgestel ons maak 'n dagboek van wanneer simptome verskyn. Tot nou kon ek myself net nie sover kry om dit te doen nie, (voel dan soos sketevraat) en toe ons nou begin let op hoe dinge gebeur voor en na die aaklige borspyne, benoudheid en duiseligheid, trek Outop 'n dun strepie - vlam die hoop op dat hy dalkies een spoor in die oorsaak gevind het. 

Of dit sin sal maak of nie, maar Outop se vermoede is dat die lug in ons omgewing 'n allergiese reaksie in die longe veroorsaak (?)

Ons pandokkie is langs die hoofweg gelee wat die slagaar-roete vir honderde swaarvragmotors dag en nag is. Reg verby ons voordeur so te se. Ook die parkeerplek van baie waar hulle seker maak die vrag is nog reg. Dus trek hulle weg en gee vet, die ander brul verby want die afdraai na die Noorde is net so vyf huise weg van ons.

Wanneer ons gaan kamp of na die kinders gaan voel ek binne 'n dag of twee te gesond om siek te wees. As ons terug is voel ek binne 'n dag of twee weer te siek om gesond te wees. :dontknow: Elke keer dink ons dit is omdat ek met die kleinkinders gewoel het en myself uitgeput het LOL. As hulle hier kuier spandeer ons weer baie tyd buite met hulle.

Nou gaan ons noukeurige aantekeninge maak. Dit met ons huisdokter bespreek. As dit wel moontlik is dat die drukking weens giftige gasse van die vragmotors is, gaan ons die plaaslike owerhede kontak - die hele dorpie spook al vir jare vir 'n verbygaan roete vir die groot monsters wat deur ons dorpie brul.

Daar is 'n liggie wat skyn in die tonnel van onsekerheid en ons druk verbete al die knoppies om dit aan te hou.

 :icon_scratch: Ek is nou so angstig om dit met mediese personeel te bespreek. Die klontjies het wel hulle eie rol gespeel in die drama rondom die vorige  PH diagnoses  :crybaby2: Die nuwe longscan wat gedoen moet word sal meer intensief wys of daar enige mikroskopiese blikslaers skuil en die ander toets gaan hulle seker maak dat daar nie enige immune probleme amok maak nie.

Hou duime saam ons verder vas asb dat alles positief en behandelbaar sal eindig!!!!



















Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Fransi on November 26, 2012, 07:58:48 AM
 :hello:

Ek hou duime en tone vir julle vas en mag die afspraak vinnig aanbreek en die nare onsekerheid beëindig word.  :love7:
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: PM on November 26, 2012, 08:23:39 AM
Ek vleg my hare ook!  Waar daar hoop is, veg ons verbete vir 'n oplossing. 
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Chichi on November 26, 2012, 09:48:12 AM
Baie sterkte Meraai, ek hoop rerig die lig in die tonnel word 'n groot lig en op die ou-end kry julle 'n antwoord.  Ek Stuur vir jou 'n gebedtjie op!
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Meraai vannie Baai on November 27, 2012, 12:46:39 AM
Dankie maters vir julle omgee. Ons doet voort. Elke dag wat verby is, hoef ons nooit weer te tel nie  :notworthy:
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Meraai vannie Baai on December 04, 2012, 01:27:50 AM
As julle hier verbykom, en ek is nie hier nie LOL, ons is oppad 'statd'vir die volgende twee toetse om vas te stel waar die drukking vandaan kom. Sal weer laat agtermiddag tuis wees maar gaan ons tuinwandeling mis  :crybaby2:
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Fransi on December 04, 2012, 07:30:46 AM
Sterkte en 'n stywe drukkie vir julle.
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: PM on December 04, 2012, 08:13:55 AM
Dit is seker nou te laat, maar ek sal die heeldag aan jou dink en sit net hier en wag totdat ek die nuus gekry het hoor!  Sterkte en nog 'n drukkie van my af ook. 
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: Meraai vannie Baai on December 04, 2012, 09:06:19 AM
Dankie liewe maters van my  :love7: Ons is terug by huis. Toetse is gedoen, uitslae word direk na die PH spesialiste by die Prince Charles hospitaal in Brisbane gestuur. Nog steeds in die duistere wagproses tot hulle ons kontak vir die regterhartkamer-kateter prosedure. Hopenlik sal daar dan 'n klompie moontlike oorsake uitgeskakel wees met al die toetse en kan ons nader aan 'n oplossing/behandeling kom indien daar nog steeds drukking teenwoordig is  :hello2:
Title: Re: Stilte - vir eers.
Post by: PM on December 04, 2012, 11:19:56 AM
Dankie dat jy laat weet het sustertjie.
Dit begin darem einde se kant toe staan.  Ek hoop en vertrou dat julle gou die uitslae sal kry en die probleem mooi vasvat. 
Liefe jou.