Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Skryftegnieke => Topic started by: Meraai vannie Baai on November 14, 2012, 02:32:53 AM

Title: Allegorie (Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin)
Post by: Meraai vannie Baai on November 14, 2012, 02:32:53 AM
Allegorie: ‘n Verhaal, toneelstuk, prent ensovoorts waarin die betekenis of boodskap simbolies oorgedra word.
Microsoft Encarta Encyclopaedia Dictionary.

* Figuurlike of simbolies beskrywing/storie wat kommentaar lewer of sinspeel op 'n werklike situasie. Geplaas in die staat van die denkbeeldige, waar die woorde en karakters heel dikwels 'n ander betekenis dra saam met die letterlike betekenis.

*Figuurlike verhaal in die vorm van 'n fabel of gelykenis met 'n morele toepassing.
Smith, A.H.; O’Loughlin, J.L.N. Odhams Dictionary of the English Language. Odhams Press London.

Voorbeeld: Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin

In Gatkantland kry 007 se besem 'n nuwe strik.
Elke grashaartjie word reggetrek voordat die
woorddief haar hakke teenmekaar klap en in 'n
stofwalm wegspring. Die bestemming soos die kraai
sou vlieg, 'n paar duisend of wat kilometers aan.
Dis daar - maar ook hier... eintlik net 'n klikkie ver.

Wild, wilder, wildste is hierdie daaglikse weersiens
van die drie Gruwelike Susters: Jan Kemp Kabouters
se Juffie, 'n kreatiewe woorderf se Moeder, en laaste -
die selferkende Woordvraat uit die Outbacks.
Op geblomde uitnodiging stap aldrie guitig, hand aan hand
om nog 'n ABC saadjie in die Stomkletstuin te gaan strooi.

Tikke-die-tik, tikke-die-snap, klets hulle eenstrook voort.
Bruinbeerdrukkies en polsende hartjies wat kloppe-die-klop;
alles op die maat van icons wat dans op skerms. Sielesimfonie
spin 'n kokon - ragfyn met gedeelde einas en giggellaggies.
(S)kindernuus word geruil en name uitgekerf op kruise, saamgedra.
Met "liefe jou, ek moet nou waai" groet hulle stom en pik 'n traan.

© Meraai vannie baai.

PS: Die skakels in 'n kuberruimverhouding tussen sielematers
met omgeegom, daagliks opnuut aanmekaar geheg en so
word die afstand in breekdele van sekondes oorbrug. Vreugde en
pyn van 'n ander - nog nooit in wese teen jou hart gedruk, laat
jou lag en huil asof hulle nog altyd deel van jou was. Swye en
'n leë poskoets laat jou bekommerd wonder: Is sy/hy nog okey?

Stomklets: My woord vir oor en weer gesels deur te tik vir mekaar.
Stomkletstuin: Gawie se woord vir die 'konferensie-kuierplek'

 :icon_biggrin: tikke-die-tik, tikke-die-snap
ek wens ons kon tel hoeveel keer het dieselfde gedagte in
woorde ondermekaar weerkaats tussen hierdie kuierlyne!



Title: Re: Allegorie (Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin)
Post by: PM on November 14, 2012, 10:54:52 AM
Pragtig!  Uitstekend verwoord Sustertjie.   :notworthy:
Ek wens net ek kon my misnoë uitspreek wanneer mense jou opsetlik bedrieg en dan mis jy uit op hierdie wonderlike, kosbare paar minute saam.  Daar moet 'n oplossing wees!
Title: Re: Allegorie (Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin)
Post by: Gawelina on November 14, 2012, 05:46:41 PM
Dit is die belangrikste daaglikse afspraak met mense wat ek het. Nie vakansie oif siekte hou my daar weg nie, net so af en toe onvoorsiene omstandighede. Die mooiste beskrywing vir ons tuinkuiers.
Title: Re: Allegorie (Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin)
Post by: Ah Willa on November 23, 2012, 05:37:43 AM
 :love7:
Title: Re: Allegorie (Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin)
Post by: PM on November 24, 2012, 05:27:38 AM
Ek het probeer om 'n ietsie aan te las Raaitjie, maar jy het dit so pragtig saamgevat.  My ou woordjies wil dit nou net bederf.   :notworthy:
Title: Re: Allegorie (Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin)
Post by: PM on August 07, 2016, 08:05:36 PM
Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin

Dit was die dae toe ek, Raaitjie en Gawelientjie elke oggend met mekaar gekuier het op die internet. 
Raaitjie het dit so mooi saamgeklits.  Saamgevat.  Uitgelê.

Raaitjie, waar is jy.  Gawie, ek wag vir 'n drukkie.  Hier is 'n drukkie vir julle.  (((Raaitjie))) (((Gawie)))
Title: Re: Allegorie (Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin)
Post by: Gawelina on August 07, 2016, 08:41:14 PM
(((((PM))))).  Ai kry ek nou sommer trane in my verlepte navy blue eyes toe ek die e-pos met die topic kry. 
Title: Re: Allegorie (Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin)
Post by: PM on August 07, 2016, 09:17:14 PM
Ag my sustertjie, ek mis julle so vreeslik baie!  Waar is Raaitjie?  Ek bid net dat sy gesond en wel is. 
Ek is so dankbaar dat jy hier saam met ons kuier.  Dit het tyd geword dat ons almal weer saam kuier.  Ons is mos 'n familie, dan nie?
Title: Re: Allegorie (Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin)
Post by: Meraai vannie Baai on August 08, 2016, 08:15:54 AM
Natuuuurlik is ons 'n familie. Raaitjie hoes haar longe uit. Bedkassie lyk soos apteek lol. Kleingoed was bekommerd dat ouma nou besig is om dood te gaan. Ek antwoord toe geen rede tot kommer ouma gaan lewe tot 'n mooie 100 jaar. Hak die prinsie af: Maddy you know ouma is already 99! Borsverkoue maak mens oornag oud. Een troos, as ek so min kan bly eet gaan die prinsessie met volgende kuier vir my langs oupa op selfde blad kan teken en nie oorkant op 'n dwarsgedraaide blad sodat sy kan 'fit' nie  :angel4:
Title: Re: Allegorie (Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin)
Post by: PM on August 08, 2016, 12:05:38 PM
Jy moet eet om sterk te word en sterk te bly.  Moenounie dat 'n mens met jou sukkel nie. 
Title: Re: Allegorie (Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin)
Post by: Meraai vannie Baai on June 26, 2017, 09:18:41 AM
Lekker giggel ek nou weer toe ek oor 'n gas se skouer lees. Dieselfde prinsie hoekie weer twee weke uit Amerika kom kuier! Moet nog sy wyshede aanteken voor ouma wat nou oor 'n honderd is volgens hom, dit vergeet  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Allegorie (Die drie Gruwelike Susters in die Stomkletstuin)
Post by: PM on June 26, 2017, 09:27:10 AM
Wonderlike dae!  Jy is so gelukkig om die kleingoed te sien.  Dit voel vir my of ek onse kleingoed 100 jaar laas gesien het en dit is nou maar net twee en 'n half jaar terug!  See how time flies!