Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Die Inligtingkantoor => Topic started by: PM on October 19, 2012, 08:11:20 AM

Title: Hoe maak jy jou foto's kleiner.
Post by: PM on October 19, 2012, 08:11:20 AM
Hier het ek dit gou vasgeplak.  Dit is so maklik.  Probeer dit gerus. 
Dankie AB en Adéle. 

Maak oop by "Pictures" en kies die foto wat jy wil kleiner maak deur daarop regs te kliek.
Open with - en kies Microsoft Office 2012  (myne is 2012)
Edit photo  - bo aan, so in die middel rond.
Regs onder -  kliek op kompress - gaan kyk bietjie hoër en kliek op - web pages - gaan ondertoe - kliek ok.
Gaan heel bo regs op die skerm en maak die blaadjie toe deur die rooiblokkie met die wit kruisie in te kliek.
Kry die boodskap  "save" en maak so.
Die program sal jou terugneem na "My pictures"  om die volgende een te kies.

Die foto is nou in jou foto-album so verklein gestoor.  Gaan na die forum, skryf jou boodskappie, kliek onder op die venstertjie by "Additional Options"
die gleufie maak oop,  kliek op "browse" dit sal jou na jou foto-album neem, dubbelkliek op die foto wat jy wil laai en die besonderhede sal outomaties in die gleuf verskyn.  Indien jy nog foto's wil oplaai, kliek op "more attachments" en nog 'n gleufie sal oopmaak en so aan en so aan.