Die Afrikaanse Forum

Die Klaskamer => Hoe werk die program? => Topic started by: Meraai vannie Baai on October 04, 2012, 01:40:19 AM

Title: PhotoScape (15) Gekombineerd & Gekloon
Post by: Meraai vannie Baai on October 04, 2012, 01:40:19 AM
Die eindproduk vertoon so (*stappe uiteengesit onderaan die foto)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Lifelaughlove.jpg)

:icon_biggrin: So maak mens :icon_biggrin: 
Ek het 'n foto gesoek wat ek as agtergrond kan gebruik waar daar 'n redelike spasie was om die tweede foto se woorde daarop te kon kloon. Hier is die twee fotos wat ek mee begin het:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/fotosgebruikvirforum.jpg)

Die gevlerkte vrindjie se foto is gecrop en met die Threshold B/W funksie verander tot ek tevrede was.

Met die Combine funksie is altwee fotos langs mekaar geplaas sodat ek die woorde kon kloon op die agtergrondfoto. Ek het hierna die Sepia funksie ingespan om die kleur dieselfde te kry. Die foto kan ook net so gebruik word as 'n kaartjie, waar daar 'n persoonlike boodskap geskryf kon word op die wit agtergrond.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Lifelaughloveapart.jpg)

Title: Re: PhotoScape (15) Gekombineerd & Gekloon
Post by: PM on October 04, 2012, 05:35:24 AM
Uitstekend gedoen.  Die woorde klink na 'n struktuur waar ons liedjies se titels gebruik het.  Ek wens soms ek kon kom kuier om 'n paar lesse te kry. 
Title: Re: PhotoScape (15) Gekombineerd & Gekloon
Post by: Fransi on October 04, 2012, 08:42:12 AM
Lieflik!
Title: Re: PhotoScape (15) Gekombineerd & Gekloon
Post by: Meraai vannie Baai on October 05, 2012, 06:05:31 AM
Bly julle geniet! Ons het verlief geraak op die woorde wat in ons apteek se venster uitgestal was, toe gaan koop ek dit. Ons beplan om in die kabouters se ou kamer (voorheen Outop se motorhuis) vir ons gesin 'n koffiekroegie te maak. Sommer net vir lekker kuier en dit was ons eerste aankoop vir die kreatiewe kuierplekkie. Wil die mure VOL hang van kinders se kleurvolle strepe. Het die naweek saam oudste gaan koffie drink by so plekkie in Surfers Paradise en ons wou nie huistoe gaan nie. Nou soek ek ook so saamkuierkamer waar die reuk van koffie hanggggg....   :icon_biggrin: wou lank gelede die vertrek omskep in 'n ateljee so nou gaan dit so kombinasie wees. Sooooo opgewonde. Ons het lanklaas 'n familieprojek aangepak!
Title: Re: PhotoScape (15) Gekombineerd & Gekloon
Post by: Fransi on October 05, 2012, 08:07:40 AM
 :hello:

Dit klink heerlik!
Title: Re: PhotoScape (15) Gekombineerd & Gekloon
Post by: PM on October 07, 2012, 04:32:45 AM
Dit is nou een ding wat nie twee is nie, daardie reuk van vars gemaalde boeretroos wat prut-prut in die lug hang. 
Geniet die projek.  Ons wil asseblief klikkies hĂȘ. 
Title: Re: PhotoScape (15) Gekombineerd & Gekloon
Post by: Meraai vannie Baai on October 09, 2012, 01:34:05 AM
Sal beslis so maak PM! Ons gaan die naweek begin om die motorhuis cum kabouterkamer ala koffiekuierplek in te rig. Eers die groooot skoonmaak en weggooi en gaatjies soek vir dit wat bewaar moet bly. Outoppie juis vanoggend weer so vars houer bone gemaal - mannnnn daai hangende reuk  :love7: :hello2: soos jy se dit is nou een ding wat nie twee is nie!!