Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: Meraai vannie Baai on September 11, 2012, 05:25:38 AM

Title: Word lewensgewende inligting weerhou van ons deur 'n geldmag??
Post by: Meraai vannie Baai on September 11, 2012, 05:25:38 AM
Are United Therapeutics Withholds Cure for Deadly Pulmonary Hypertension in Order to Continue Selling Remodulin?

http://helpcureph.com/

Ons gryp mos maar na strooihalms wanneer jy voel jy sink. In my soektog na oplossings vandag op hierdie skakel afgekom en mens voel siek tot in jou tone
Title: Re: Word lewensgewende inligting weerhou van ons deur 'n geldmag??
Post by: PM on September 11, 2012, 07:39:36 AM
Dit sal my nie verbaas nie.  Geld het al vele mense omgekoop om nie kosbare inligting vry te stel nie.

Dokters maar baie geld uit pasiente deur slegs simptome te behandel en nie die oorsaak vas te vat nie.   

'n Paar jaar gelede het ek gedooi van migrane.  Daar was pilletjies op die mark wat jy onder jou tong geplaas het as die kolletjies begin.  Dit het wonderlik gewerk en ek het nooit enige newe effekte ervaar nie.  Binne 'n jaar was dit van die mark af.  Toe kry ek die raat om elke dag tot 6 feverfew-blaartjies te eet.  Dit is galbitter maar het gewerk soos 'n bom.  Laat 'n mens ook rustig voel. 
Title: Re: Word lewensgewende inligting weerhou van ons deur 'n geldmag??
Post by: Meraai vannie Baai on September 11, 2012, 07:43:27 AM
Wat baie keer ook gebeur is dat sodra daar 'n generiese maak op die mark verskyn wat goedkoper is, onttrek die ouens die oorspronklike middel want skielik is daar nie meer so groot aanvraag na die duurder een. Hierdie inligting het uit die mond van 'n verspreider vir 'n groot maatskappy gekom!

Wat is feverfew-blaartjies?  :toothy4: nog nie van gehoor maar as dit vir jou gehelp het gaan ek beslis die raad vir my sus aanstuur!
Title: Re: Word lewensgewende inligting weerhou van ons deur 'n geldmag??
Post by: PM on September 11, 2012, 08:00:24 AM
http://isearch.avg.com/pages/abt/hnav/images.aspx?s=sideNav&cid={1DB2AC8F-C9BA-4915-ABC1-7E351CFD8645}&mid=7bf930e9c39747d0b79a39a9f1dddda2-80e055717a727760177d9f78fa6205ef1bbc3938&ds=AVG&lang=en&v=12.2.5.32&pr=fr&d=2012-07-14+10%3a29%3a18&sap=dsp&q=feverfew&tc=test5

Tik feverfew in op google en vra "images" dan kom jy by die skakel uit. 

Dit groei baie maklik en waar die saadjies val kom dit op.  Ek het plantjies as jou sus hier naby is. 

Ek het verstaan dat die oorspronklike produk eers tien jaar op die mark moet wees voordat 'n generiese produk versprei mag word.  Dit het ook nie presies dieselfde bestanddele in as wat die oorspronklike produk het nie. 
Title: Re: Word lewensgewende inligting weerhou van ons deur 'n geldmag??
Post by: Meraai vannie Baai on September 11, 2012, 08:04:54 AM
Dankie baie vir skakel. Sal beslis gaan loer. Presies hoe die storie werk van die generiese make is ek nie seker nie. Sal kyk of ek weer op die skakel afkom dan stuur ek vir jou aan hoor. Onthou net ons het geluister na 'n persoon op die internet wat gepraat het oor natuurlike metodes om cholestrol af te bring toe dit genoem is.
Title: Re: Word lewensgewende inligting weerhou van ons deur 'n geldmag??
Post by: PM on September 11, 2012, 08:09:36 AM
Dankie Raaitjie, dit sal interessant wees om die werklike toedrag van sake te weet. 
Ek lees by Dandelion vanoggend waar die skrywer praat van "old timers".  Gewonder wat sal 'n mooi woord wees in Afrikaans. 
Title: Re: Word lewensgewende inligting weerhou van ons deur 'n geldmag??
Post by: Meraai vannie Baai on July 26, 2015, 10:35:42 AM
Old timers - Wyse gryses? Hierdie kant staan ons old timers wat so lief is vir kamp bekend as 'grey nomades' en kampery put die kinders se erfporsies uit  :icon_bigsmurf: