Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Sop => Topic started by: Terry on September 06, 2012, 09:59:24 AM

Title: Moeder se maalvleis sop
Post by: Terry on September 06, 2012, 09:59:24 AM
Hello almal

Net toe dit lyk of die somer hier is, toe kom die reen en koue en gee ons perfekte weer vir 'n lekker pot sop.

Vandat ek 'n klein dogtertjie was het my ma vir ons hierdie sop gemaak en dit bly by ver my gunsteling.  Dis so 'n maklike resep en vra nie baie bestanddele nie.  Hoop julle sal ook daarvan hou.

Terry

Bestanddele:

500g Maalvleis
1 Pakkie spek, in repies gesny
2 Medium uie, gekap
2 Blikkies 'baked beans' in tamatie sous
2 Pakkies beesstert soppoeier
1 Eetlepel Worchester sous
Sout en peper na smaak

Metode:

Braai die spek tot gaar en sit dan gekapte uie by.  Braai vir 'n verdere 10 minute of tot uie sag is.
Sit maalvleis by spek en uie en braai tot gaar.
Hier kan jy solank sout en peper bysit na smaak.
Sit albei blikke 'baked beans' met hulle sous by die vleis.
Maak die pakkies sop aan met 2 liter water en gooi by alles in die pot.
Roer sodat alles lekker gemeng is en laat stadig kook vir so 30 minute.
Haal van die hitte af en laat staan vir 15 minute, sit dan ook jou worchester sous by.

Bedien op met 'n lekker knoffel en kaas gebakte broodjie (sommer maklik om self te maak).

Broodjie:

Jy kan jou eie deeg maak, of koop sommer die klaar gemaakte deeg by enige winkel.
Rol die deeg tot so 2cm dik en smeer dan met olyfolie. 
Verspei vars gesnyde knoffel stukkies bo-op die deeg.
Rasper baie, baie kaas bo-op en sit in die oond vir so 30 minute teen 180 grade. 
Bedien die broodjie warm met botter en 'n lekker groot bak sop.

EN....

Geniet!

(Ongelukkig het ek nie 'n foto van die sop of broodjie nie, maar gaan dit vanaand maak en dan sal ek fotos laai..)

Title: Re: Moeder se maalvleis sop
Post by: PM on September 06, 2012, 10:39:47 AM
Jy is 'n ou doring Terry.  Werklik net die regte tyd om hierdie gereg te maak.  Vanaand eet ons sop en gebakte kaas-knoffel-broodjies. 
Dit is nooit vir my 'n kwessie om kos te maak nie, ek moet net weet wat.  Baie dankie.
Title: Re: Moeder se maalvleis sop
Post by: Meraai vannie Baai on September 06, 2012, 01:13:10 PM
O njammmmie. Plek geboek vir fototjies hoor Terry  :notworthy:
Title: Re: Moeder se maalvleis sop
Post by: Fransi on September 06, 2012, 02:54:33 PM
Dit klink heerlik!
Title: Re: Moeder se maalvleis sop
Post by: PM on September 07, 2012, 06:33:08 AM
Ek het gisteraand hierdie sop gemaak.  Dit is 'n wenner.  Gelukkig is daar nog vir vandag die heel dag en vanaand. 
Title: Re: Moeder se maalvleis sop
Post by: Terry on September 07, 2012, 08:50:47 AM
Bly julle het lekker ge-eet!  Ek sit ook vandag met 'n hele pot sop en gelukkig is dit nog lekker koud, so gaan elke nou en dan 'n koppie warm maak.
Title: Re: Moeder se maalvleis sop
Post by: PM on September 07, 2012, 08:58:15 PM
Ek hoop jy het dit net soveel geniet as wat ons dit gedoen het.  Ouens, julle kan dit gerus probeer, dit was heerlik.  Natuurlik is ons mal oor rys by die sop en Hannes het vanaand vir ons basmati rys daarby gekook.  Dit is heerlik.
Title: Re: Moeder se maalvleis sop
Post by: Meraai vannie Baai on September 07, 2012, 11:59:29 PM
Ons lief mieliepap en sop. Nog nie rys probeer nie. Nooit te oud om te leer nie ne  :icon_biggrin:
Title: Re: Moeder se maalvleis sop
Post by: PM on September 08, 2012, 04:31:15 AM
Ons het 'n vriend uit Duitsland wat een aand vir ons hoendersop en rys gekook het.  So het ons ook daarmee kennis gemaak.  Ek het nooit aan pap gedink nie.  Dit kan ook net 'n wenner wees. 
Title: Re: Moeder se maalvleis sop
Post by: Terry on September 10, 2012, 08:21:58 AM
Ons het die volgende aand die res van die sop warm gemaak en gebruik as 'n sous oor pap.  Absoluut heerlik!  Gaan bietjie die rys idee ook gebruik.
Title: Re: Moeder se maalvleis sop
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2018, 10:03:10 AM
Ons eet vanaand ook maalvleis-bone-sop met 'n potjie stywe pap daarby wat so pas aangeslaan is. 'n Groot gunsteling in die Lock pandok. Ek het sommer die vierboonmengsel ingegooi.
Title: Re: Moeder se maalvleis sop
Post by: PM on May 05, 2019, 08:40:58 AM
Ek het net gou hierdie resep kom bedel vir NZ se kinders.  Hulle is mal oor sop en ek glo hierdie een sal ook vir hulle werk.   :bootyshake: