Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Plante met medisinale eienskappe => Topic started by: PM on September 02, 2012, 05:34:22 AM

Title: Sewe vetverbranders
Post by: PM on September 02, 2012, 05:34:22 AM
1) Sitrusvrugte is ideaal om vet te verbrand en dit gee energie.  Let daarop dat die geur van suurlemoen stres en hoofpyn teëwerk.  

Resep:
1) Druk drie suurlemoene uit en meng dit met 'n liter water.  
Voeg twee teelepels heuning by en drink elke oggend  200ml daarvan.

2) Kerf 3 suurlemoene en een lemoen en kook dit in 500ml water vir tien tot 15 minute. (Sonder die skil)
Voeg 2 teelepels heuning by en prut vir nog 2 tot 3 minute.  
Sif dit en drink elke dag 'n glas vol voor etes.  (drie)

3) Kerf drie suurlemoene en twee rooi pomelo's in dun skywe en kook vir 10 tot 15 minute in 500ml water.  Voeg 3 eetlepels heuning by en laat dit vir nog 5 minute prut.  
Drink drie glase per dag, een voor elke maaltyd.  

2) Kool
Kool het 'n lae kalorie inhoud.  Dit verbrand vet en is uitstekend vir die opbou van die beenstruktuur en gesonde hare en naels.  Kool bevat baie vitamines wat gesond is vir die liggaam.
 
Sopdieet:
6 uie
5-6 tamaties
1 groot koolkop
2 pepers (risies)
'n bossie seldery
'n pakkie kitssop
Kerf als op en kook vir tien minute.  Laat dit dan vir 'n verdere twee ure prut, of totdat die groente gaar is.  
Eet elke dag 'n vrug saam met hierdie dieet en drink afgeroomde melk vir die nodige kalsium.  

3)  Wortels:
Wortels is 'n handige rou groente om byderhand te hê as 'n mens wil kyk na daardie oortollige vetjies.  Dit is hoog in vitamin A en het natuurlike anti-oksidante.  Wortels neutraliseer die maagsure en is die ideale teenvoeter teen honger.  Dit is ook goeie raad vir rokers, want dit beskerm die longe en bou die imuunstelsel.  Nog 'n ding, het jy al ooit 'n haas met 'n bril op gesien?

4) Tamaties:
Tamaties is 'n goeie bron van vitamien A, C en oksaalsuur.  Die oksaalsuur verhoog die werking van die metabolisme. Die natuurlike sure, tesame met die minerale, werk goed om die niere te help om die vetneerslag uit te was.
  
5) Seldery:
Seldery bevat geen kalorië nie en is ryk aan magnesium en yster.  Dit is 'n uitstekende anti-oksidant.  

6) Vesel:
Vesel help om vetneerslag te verminder.  
Sodra vesel in die maag beland, absorbeer dit die vloeistof en laat 'n mens gou versadig voel.  Dit vertraag die opname van kalorië.

7) Appels:
'n Appel 'n dag laat die dokter wag en raak ontslae van vet, lag-lag.  
Die pektien wat in appels, meeste vars vrugte en bessies voor kom, verhinder die selle om vet te absorbeer.  
Title: Re: Sewe vetverbranders
Post by: Meraai vannie Baai on September 02, 2012, 11:40:04 AM
Mater staan nader ek jou lekker druk kan gee vir hierdie bydrae's ((((((((((PM)))))))  :love7: LOL ek lees die titel as sewe vetbranders en dog dit is vreeeeslike golwe :toothy4:
Title: Re: Sewe vetverbranders
Post by: Angelica on September 02, 2012, 05:11:08 PM
Meraai.. het nou lekker gelag.
Amper soos tsunami's.

Dankie PM.  Wil jy ons nou op diet sit?
Title: Re: Sewe vetverbranders
Post by: Angelica on September 02, 2012, 05:13:09 PM
Wou nog vra, PM,
As ons nou daai suurlemoen-watertjies in die oggend gedrink het, kan ons dan maar die res van die dag eet wat ons wil?
Title: Re: Sewe vetverbranders
Post by: PM on September 03, 2012, 07:22:57 AM
 Raaitjie, ek sal nou 'n plan moet maak om van my vetbranders ontslae te raak.  Ons roetine is in hul peetjie in en ek word net al dikker en ons betaal genoeg belasting.  Nou-nou moet Hannes nog vir my wielbelasting ook betaal.

:icon_biggrin:  Nee Engeltjie, ek wil julle nie op 'n dieet sit nie.  Hoe meer daar van julle is hoe meer is daar om
lief te hê.  :icon_biggrin:

Ja, die res van die dag kan jy eet wat jy wil, solank dit een van hierdie sewe vetverbranders is, blaarslaai en engelsekomkommers.   :angel4:
Title: Re: Sewe vetverbranders
Post by: Meraai vannie Baai on September 03, 2012, 08:04:35 AM
In woorde kan ek nie genoeg my opregte dank uitspreek vir plasings soos hierdie mater. Glo dit was op jou hart gele met 'n doel vir ons almal wat streef na gesonder leefstyl.

Title: Re: Sewe vetverbranders
Post by: PM on September 03, 2012, 01:41:30 PM
Ek doen dit eintlik net om sulke lekker drukkies te kry.   :icon_biggrin:
Ons deel mos graag.  Dit is eintlik so onnodig om oorgewig te wees.  'n Mens moet net reg eet.  Ongelukkig leef ons nou van rooiwyn en winkelkos, maar dit is net van pure slegtigheid.  My knieë is lam.
Title: Re: Sewe vetverbranders
Post by: Fransi on September 04, 2012, 05:40:45 PM
Ek wonder of 'n mens winkel suurelemoensap kan gebruik? Ons boom se suurlemoentjies is maar effentjies wat die vog  en oorvloedig wat pitte aanbetref.

Baie dankie vir die deel. 
Title: Re: Sewe vetverbranders
Post by: PM on September 05, 2012, 06:41:21 AM
Ja 'n mens kan.  Jy kry mos 100% suiwer suurlemoensap in die groen bottels.  Gedurende wintertyd wanneer suurlemoene vollop en goedkoop is, druk ek die sap uit en vries dit in die ysblokkiehouers.  Wanneer dit gevries is gooi ek dit in 'n plastiese houer in die vriedskas en gebruik die blokkies soos wat nodig is. 'n Mens kan dit ook met grennedellas doen. 
Title: Re: Sewe vetverbranders
Post by: PM on May 10, 2014, 02:36:54 PM
Komkommers is nog 'n wenner!

Komkommers is 'n baie gewilde groente en hier is 'n paar goeie redes om komkommers te eet:

Komkommer bestaan uit 90 persent water. 
Dit plaas vog terug in die liggaam na ontwatering. 
Dit beveg hitte binne en buite die liggaam. Is 'n goeie teëvoeter vir sooibrand. Dit help teen sonbrand.
Komkommer was gifstowwe uit die liggaam en dit hou niere gesond.
Dit bevat vitamines wat noodsaaklik is en kikker die immuunsisteem op, hou jou sprankelend en gee energie. 
Dit bevat minerale wat sorg vir 'n mooi vel.
Hoog in potassium, magnesium  en silikon.
Dit is ideaal om die sisteem skoon en gereeld te hou en help met gewigsverlies.
Komkommerskyfies op die oë help om moë oë te ontspan.  Dit het anti-inflammatoriese eienskappe.
Daar word beweer dat dit kanker beveg.
Dit help om diabetes, kolesterol en hoë of lae bloeddruk te beheer. 
Dit hou die mond vars.
Is uitstekend vir naels en hare.
Eet 'n paar skyfies voordat jy gaan slaap en dit sal jou babalas en hoofpyn voorkom en nog en nog!
Title: Re: Sewe vetverbranders
Post by: Fransi on May 23, 2014, 08:30:07 AM
Dankie PM, ons sal regtig weer moet begin te kyk na wat ons eet. Deesdae is dit net ons kake wat baie oefening kry.