Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Resepteboek => Souse => Topic started by: AB on August 31, 2012, 02:09:10 PM
-
BASTINGSOUS
BRAAISOUS
250 ml Olie
125 ml Worcestersous
125 ml Tamatie sous
40 ml Chutney
80 ml Bruin Asyn
40 ml Bruin Suiker
10 ml Sout
10 ml Zeal
10 ml Origanum
10 ml Mostert Poeier
5 ml Kerrie Poeier
1 Eetlepel gekapte knoffel as jy daarvan hou
Meng alles
Maak ± 600ml
-
Wat is Zeal AB? Ek ken dit net as geesdrif, of vurig, of toewyding en ek het nie daarvan as dit by kosmaak kom nie. :icon_biggrin:
-
Zeal is by die robertson spice op die rak en lyk ook soos die robertson spice bottels en lyk wit soos effens growwe sout.
ja dit maak jou mond ook vurig, nie soos band nie maar lus vir eet, prikkel dit jou smaak kliere. dit maak jou mond mmmmm jaaaa.......ggerig.
rou stukkie steak met zeal op smaak heerlik.
-
Oe njammie dit klink heeerlik Stoffel!
-
Dankie vir die inligting. My se pa het mos altyd gesê, vra en lyk dom of moenie vra nie en bly dom. :icon_biggrin:
Hannes sal dit beslis beproef. Op rou steak seg u vir my?
Ha-ha, ek lees vir Hannes die resep en ek lees geknopte knaffel.
-
ek het ook daai ding geglo van as jy vra lyk jy do, toe kom ek agter as ek nie vra nie bly ek dom, en nou hou ek my dom en vra soms onnodig en soms moedswillig.
ja, het jy nog nie rou steak geëet nie? waneer ek die steak sny om te braai is daar gewoonlik so vlentertjie wat teen die kant hang of so nie sny ek so vlentertjie af en gooi zeal op en geniet dit....heerlik lekker.
eendag staan ek in die slaghuis agter die tonbank by die slagter en hy sny vir my steak, en ek seg laat ek eers proe of hy reg is, so sny hy i stukkie af en ek eet dit.
seg 'n oom anderkant die toonbank, is jy i kanibaal dat jy rou vleis eet, ek lag maar net. seg sy vrou, jy kan wurms kry van rou vleis eet...antwoord die slagter, wat dink julle van my vleis, dis skoon hier is geen wurms in nie.
-
Ja, die oumense het geglo jy sal wurms kry van rou vleis. Dit was in die ou dae toe die varke en ander diere masels gekry het en die oningeligtes het dit nie besef nie. Daarom het hulle ook geglo om vleis dood gaar te maak.
Toe ons meisiekind Dubai toe trek het ons nie geld gehad om te gaan kuier nie. Toe begin ek gou 'n biltonghoekie, sommer by my huis, en maak ook droeë wors en gewone wors. My ma het my geleer om te proe aan die rou wors om seker te maak die kruie en spesserye is reg.
Die dom blond, 'n kannibaal is iemand wat mense eet, gekookte mense,
jy het hulle mos al in die groot pot gesien. :toothy4:
Party mense sê mos hulle maak van die mens se vel 'n kanoe, daarom het een ou in die pot sy maag vol gate gesteek, want, seg hy, niemand maak van hom 'n kanoe nie. (Tolla se grappie)