Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on March 30, 2011, 04:29:18 AM

Title: My liefde vir Afrikaans
Post by: PM on March 30, 2011, 04:29:18 AM
Ek is lief vir baie goeters en dinge,  maar mal oor ons taal.  Spêling is nie my beter kwaliteit nie,  ek glip soms oor my taalgebruik en leestekens kry my soms onder,  maar dit doen geen afbreek aan die liefde vir my taal nie.   :love5:

In die dubbelsinnigheid van ons taal lê soveel humor opgesluit;  alhoewel daar 'n fyn lyn tussen "keurig" en "plat" lê, bou humor 'n stewige brug daaroor. 

Hoe voel jy oor ons taal? 
Title: Re: My liefde vir Afrikaans
Post by: quizagunter on March 31, 2011, 09:48:14 AM
DITTO!!  Ek is nie 'n hoogdrawende spreker nie, maar haat dit as iemand Afrikaans opmors en dink hul beïndruk.  Self predikers begin dit doen.  Hul blyk bang te wees dat die jeug hul sal uitlag as hul Afrikaans praat en nie die deursnit "slang" wat ons gedurig hoor.  Ek is teleurgesteld in die praat-, skryf- en leesvermoë van 'n groot aantal van die Afrikanerjeug.  Dis ons plig om dit reg te stel, sonder om neerhalend 'n ophef daarvan te maak!!  Vrede
 
Title: Re: My liefde vir Afrikaans
Post by: Naas on April 01, 2011, 08:54:53 AM
Ek noem hierdie deurmekaar taal waarvoor ons kunstenaarsikone so lief is Barbaraans.

Glo my, die taalgebruik maak my heilig want dit frustreer al die hel uit my uit.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: My liefde vir Afrikaans
Post by: PM on April 01, 2011, 09:37:33 AM
 :tongue8:  Sluk ek lekker aan die Barbaraans.   :evil6: 

Ek het ook juis gedink dat die groot ikone nou eintlik die ouens is wat vir die jeug 'n voorbeeld sou stel.  Daar is darem 'n paar ouens wat pragtig Afrikaans praat en hulle verdien 'n groot handeklap.  Dan sal ek ook my woorde moet deurdink voordat ek dit verbarbaraans.   :icon_biggrin:

Sal ons jou nou helloos noem Naas?  *grappie*
Title: Re: My liefde vir Afrikaans
Post by: Karin on April 01, 2011, 10:13:59 AM
Ek is net so mal oor my taal. Hier is 'n voorbeeld van afrikaanse humour.

(http://woestynsand.files.wordpress.com/2008/07/kaaskrul_132.jpg)

(http://www.emailjokez.com/images/42742kaaskrul186_52239_42742_1.jpg)
Title: Re: My liefde vir Afrikaans
Post by: Stof on April 01, 2011, 11:24:52 AM
Afrikaans is my trots.  Die taal waarin ek droom.  Die taal waarin my gedagtegang is, waarin ek dink en besluite neem.  As ek die taal in my woorde sou vermink, sou dit ook mettertyd deurskemer na my denke.  En uiteindelik, ook my besluite, oordeel en selfbeeld negatief beïnvloed?

Wêts waai: Mie ounlie koemit ienglies out ov selv divens.
Title: Re: My liefde vir Afrikaans
Post by: PM on January 08, 2018, 01:22:52 PM
Een van ons eerste plasings.  Reg?
 :icon_salut:
Title: Re: My liefde vir Afrikaans
Post by: Meraai vannie Baai on January 09, 2018, 03:20:56 AM
WOW! 30 Maart, 2011. En hier is ons nog steeds, net so lief vir ons taal. Ek moet skandelik erken na 18 jaar landuit, omring met Engels van lig tot donker moet ek soms skandelik terugsluip om foute te kom herstel. Span gereeld die woordwa voor die taalosse in  :icon_bigsmurf:
Title: Re: My liefde vir Afrikaans
Post by: PM on January 10, 2018, 01:15:30 PM
Die heel belangrikste is dat jy deelneem Raaitjie.  Ons maak almal foute.  Ek het nie eers so 'n goeie verskoning soos jy nie en ek tel nie eers my foute op soos jy nie.  Weet net dat ek vreeslik dankbaar is vir jou.  Mag ons nog soveel en meer jare hier op die forum spandeer en nog meer kosbare taalmedaljes hier plaas.