Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: Meraai vannie Baai on August 17, 2012, 11:26:40 PM

Title: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on August 17, 2012, 11:26:40 PM
Net laat weet Outoppie ontvoer my vir so paar dae. (Sy woorde) ons sal weer so in die middel van volgende week tuis wees. Gaan net weer bietjie die siele vul met dankbaarheid vir alles om ons. Eenword met die natuur  :love7: net so uur se ry van die huis af tussen die berge.
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on August 18, 2012, 05:14:36 AM
Geniet dit matertjie.  Slurp elke oomblik op.  Kom veilig tuis met daardie klikkies hoor.   :wave:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on August 28, 2012, 05:00:21 AM
Klikkies vasgemaak en nou kom ek alweer blosend groet. Ons vertrek agtermiddag na die Goue Kus vir een van die laaste drie toetse onder narkose more oggend. Tikkerslagter gaan tot teen die hart gaan om te probeer vasstel wat die ander drie spesialiste as 'gaatjie' tussen die hartkamers sien. As hy niks kan sien nie gaan die rottegif vervang word met nuwe soort bloedverdunner wat baie meer effektief is teen klontjies.  :hello2: Ongelukkig mag dit nie gebruik word as daar enige openinge in die hart is nie. So ons hou styf styf duimvas die toets is positief!!!
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on August 28, 2012, 05:04:54 AM
Ons hou jou hand en staan reg agter jou matertjie.  Moenie bang wees nie, glo net dat alles goed sal afloop en die resultate positief sal wees.  Ek sit net hier en wag om die uitslag te hoor.  Sterkte liefste matertjie. 
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on August 28, 2012, 05:12:14 AM
Dankie baie baie  :love7: :notworthy: :hello:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on August 30, 2012, 12:17:42 PM
Nog 'n welkom terug Raaitjie.  Hoe het alles afgeloop en het julle al 'n uitslag?
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on August 30, 2012, 12:28:38 PM
Uitslag gekry matertjie. Skiesie ek moes al soveel keer vir die familie dit oordra voel my ek klaag van lig tot donker  :icon_bigsmurf:

Ongelooflik soos dit klink is die 'gaatjie' wat in die ander scans gesien word 'n 'ulcer' of een of ander letsel. Die oorsprong van die klontjies ontstaan in die linkerbeen wanneer dit reguit gehou word.  :icon_scratch: Dog eers ons hoor verkeerd. Maak meer sin as dit gebuig is. Maar die ou seg nee die toetse wys die oomblik as dit reguit is, word die bloedtoevoer toetentaal en al afgesny; vorm daar klontjies wat dan natuurlik reguit na die liggaam se sif (longe) gaan.

Die nare klontjies in die longe veroorsaak drukking wat weer na die hartkamer versprei. Een bose kringloop se die kardioloog.

Weens die hoe drukking op die oomblik in die longe kan hy nog nie die probleem in die been oplos nie. Ongelukkig kan ek nie van die warfarin afgaan en op die nuwe bloedverdunners geplaas word voor die drukking normaal is in longe en hart.

Kardioloog reken dit sal twee maande neem met medikasie en sal dan gereeld gemonitor word sodat hulle die been kan 'fieks'. Daarna is ek so goed soos nuut  :hello2: :notworthy: :love7:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on August 30, 2012, 01:02:58 PM
Dit klink vir my na goeie nuus Raaitjie.  Nou weet julle tenminste presies wat die oorsaak is en dit is nie 'n gaatjie in die hart nie.  Dit sal nog tyd neem, maar dit klink vir my baie hoopvol en dat daar 'n  oplossing is.  Lees ek verkeerd?
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on August 30, 2012, 01:24:00 PM
Besliste oplossing :notworthy: Nou moet ek net geduld aanleer en opdragte getrou uitvoer. Twee maande klink lank maar tyd vlieg so gou eintlik ne. Menslik wil jy mos maar sommer alles nou kant en klaar gedaan kry en jou lewe so normaal moontlik weer hervat.
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on August 30, 2012, 09:35:37 PM
Vertel jy vir my?   :icon_biggrin:  Seg iemand toe mos vir my alles gebeur met 'n doel, en ja, ons huis het weggespoel met 'n doel, maar watter doel?  Antwoord ek toe so ewe, dit was om my geduld aan te
 leer!   :icon_biggrin:
Twee maande vlieg verby soos 'n droom.  Ek is nou so geduldig, ek weet dat ons nie eers 'n kans staan om 'n antwoord te kry voor oor drie maande nie.  Sien jy, dit het gewerk.   :icon_biggrin: Dan kan ons begin om die huis reg te maak en so middel 2013 kan ons dalk begin resultate sien.   :hello2:
Ag my liewe vriendin, ek weet alles sal regkom met tyd.  Ons moet net Tyd tyd gee.  Ek is baie verlig dat dit toe nie so ernstig was as waarvoor ons gevrees het nie. Dit is net die stres en die vrees wat 'n mens "bonkers" maak.
Ek is vol vertroue dat alles binnekort weer reg sal wees.   
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on August 30, 2012, 11:39:00 PM
Lag ek wyd vir jou humorsin. Sonder dit sal die insien van die 'doel' agter alles maar swaar afgaan ne  :toothy4: Sterkte vir julle omstandhede mater. Kan my nie eers indink waardeur julle gaan van dag tot dag nie!!
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on August 31, 2012, 05:55:21 AM
Ek sit verstom oor die nasorg wat aan pasiente gebied word in Aus. So pas 'n oproep gehad van die hospitaal wat my laat weet dat ek vir ses weke (drie keer per week) hulp gaan ontvang om aan te pas met die 'medical condition' by hulle 'cardiac group' hier by ons totdat Dr Sharpe werk kan maak van die oorspronklike probleem. Daar is ook gereel dat ek in Toowoomba hospitaal gaan gesels met 'n verpleegster wat alles rondom die nuwe situasie vir my uiteen gaan sit en verduidelik. Vaderland, dit is nasorgdiens uit die boonste rakke.

Ek gaan dus vir die volgende paar weke gereeld bietjie 'wegloop', geen rede tot kommer. I'll be back so tussendeur alles - woordmandjie en al  :love7: :notworthy: :book1:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on August 31, 2012, 06:16:27 AM
Die mens is 'n aanpasbare gedierte.  Ons is nou al so gewoond om onder mekaar se voete te wees, ons knor nie meer nie, ons soen nou.   :icon_biggrin:  "Die doel heilig die middele  :icon_biggrin: "
In die huis het ons elkeen ons eie badkamers, hier moet ons een deel.  Gelukkig is die huis se toilette nie te ver van die woonstel af nie.  
Die vorige twee aande het ons oudste hier geslaap.  Die woonstel se badkamer is deur die hoofslaapkamer.  Dit is nou ons gastekamer.  Die tweede slaapkamer is ons kantoor en die die sitkamer is ons slaapkamer.  (Ek sal benoudheid kry om in die gastekamer te slaap.)
Hannes het die huis se agterdeur oopgelos sodat ons die toilette daar kan gebruik in die nag.  Dit het my op 'n "trippie deur memory lane" geneem.  Die "buite toilet" of die "long drop" soos ons dit genoem het.  Gelukkig sonder die "geur" en die vrees vir slange en spinnekakies.  
Ons is die enigste malles hier in die omgewing wat saans (in die winter) om 'n vuurtjie sit.  Ons geniet dit.  Sien, elke nadeel het 'n voordeel.   :icon_biggrin:

Hier kom jou plasing nou deur.  Dit is regtig uitstekende diens.  Hier in SA kan jy dit maar op jou magie vee en met jou hempie skryf.   :icon_biggrin:
Dit maak dit soveel makliker as 'n mens presies weet wat aangaan.  Sterkte my ou matertjie.  Dit is die pad na herstel.   :hello2:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on August 31, 2012, 06:21:54 AM
Toer ek so saam met jou van vertrek tot vertrek  :love7: Ek moet jou sneppie stuur van my en Outop voor die gasheater (terwyl ons kamp langs die meer heheheh) dan gaan julle nie meer mal voel nie hehehe.
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on August 31, 2012, 06:35:44 AM
Ek het altyd geweet ons het iets in gemeen.  :sign10:
Ek het die briefie van en aan Willa vir jou aangestuur.  Hoop sy sorteer gou die probleem uit.  Jy is seker al moereloos.   :icon_biggrin:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on August 31, 2012, 06:54:27 AM
Ek het weer gaan probeer met wat jy aangestuur het en dit wys nog selfde probleem. Geen woordeboek LOL. Dankie baie baie hoor  :notworthy:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on August 31, 2012, 07:04:33 AM
Dankie vir jou geduld.  Ek het nog 'n briefie aangestuur. 
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on August 31, 2012, 07:14:09 AM
Gekry dankie. Jy is dierbaar verby  :love7:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on September 07, 2012, 01:48:59 AM
Ek gaan weer stillerig wees, gaan vir opvolgondersoek. As ek effens skaars is geen rede tot kommer hoor  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on September 07, 2012, 06:16:53 AM
Dankie dat jy laat weet Raaitjie.  Hoop alles sal goed afloop.  Kom gou en veilig terug.  :love7:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on September 11, 2012, 04:29:49 AM
Ek kom al blosende op hierdie erfie aan  :icon_bigsmurf: gaan weer bietjie stil wees vir so rukkie. As julle  ergens skindernuus hoor dat die ouvrou nou aangeklop het vir 'n handvol viagra's en twee knoffelhuisies - ek pleit skuldig maar dit is regtig 'mersyne' vir 'ongesonde drukking' hoor  :headbang: hehehe nee wag dit klink al hoe erger. PM weet nie of jy inligtingbriefie ontvang het op poskoets nie. Hier is twee skakels wat ek gestuur het ter verduideliking:

http://m.news24.com/volksblad/Suid-Afrika/Nuus/Viagra-help-teen-skaars-bloedvatsiekte-20110526

http://www.republikein.com.na/kollig/hartmedisyne-met-byt.26130.php
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on September 11, 2012, 07:54:52 AM
Nee matertjie, ek het nog niks ontvang nie. 

Hê-hê, die een ou skryf "dit werk so hard aan my longe dat dit geen ander uitwerking het nie".  Hoop nie jy is so ongelukkig nie Raaitjie.   :angel4: 
Kyk, as 'n mens die dag moedeloos gesoek is na 'n oplossing, sal jy enigiets probeer.  Ek hoop dit werk vir jou en dat daardie mense wat die inligting wat so nodig is vir 'n gesonde leefwyse, van ander weerhou, 'n pyn in die bankrekening kry.   :`ip2:

Voorspoed Raaitjie.  Moet asseblief net nie te lank wegbly nie. 
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on September 11, 2012, 07:59:54 AM
Ek belo' wou net seker maak jy weet ek het nie gedros nie hehehe. Weer volgende week volstoom elke dag tuis vir twee weke omtrent, en dan weer weg vir paar dae - nog toetse op die Gold Coast. Sal van tyd tot tyd op hoogte hou hoor!
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on September 11, 2012, 08:05:08 AM
Ek ken jou nie as 'n droster nie.   :toothy4:  Dit is wat baie ander matertjies nie verstaan nie.  'n Mens raak so bekommerd as iemand sommer net weg raak en niks laat weet nie. 
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2012, 07:50:53 AM
Bietjie vroeer tuis vandag en gou net kom se dit gaan goed diekant van die aardbol. Het 'n ondersteuningsgroep in SA op die gevreetboekie 'gejoin' per toeval, en saam met die drie keer week emosionele ondersteuning van die hospitaal op die Gold Coast, wat binnekort geskied is daar lig in die tonnel  :toothy4: Ons raak meer ingelig en minder gestres. Hoe kosbaar is die tegnologie  :notworthy: :icon_salut:

Hier is 'n kostelike voorstelling van 'n paar 'klippertjies' in jou PH tekkies.
http://www.sobtoons.com/
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on September 13, 2012, 08:24:17 AM
Dit is goeie nuus matertjie.  Die mens is so aanpasbaar.  Kort voor lank het jy geleer om dinge te aanvaar en daar om te leef.  Baie sterkte vir jou.  'n Grappie help ook om die stres te verlig. 

Ek is dankbaar dat julle veilig uit en tuis is.  Welkom terug!  :hello2:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on September 14, 2012, 04:47:03 AM
Dankie matertjie. Hierdie is die begin van 'n klaarblyklike, laaaaang steilpad vir ons gesin. Mens leer nog daagliks so baie, veral hoe om met klippertjies in die pienktekkies saam te leef. Ek sit en wag vir die oproep oor verdere behandeling/medikasie en watter inrigtings spesialiseer in prosedures op hierdie gebied. Pen en papier gereed. Vir my om stad toe te gaan is nogals skrikwekkend  :color: want spitsverkeer by ons beteken vier, 4 x 4's met waaiende bestuurders wat by die venster uithang: left some pumpkins at the gate for you!

Pampoene kan ek nou nie hier vir jou los nie maar wel die volgende gedagte:
 
PHenomenale Hoop: Die Balanseerpaal in my hande vir elke tree op die lewenstou, gespan tussen die begin en die einde.

*Verleen uit: (A sense of humor is the pole that add balance to your steps as you walk the tightrope of life) Elsa Booysen PH lyer in SA.
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on September 14, 2012, 05:34:33 AM
Ag nee, hoekom is jy so suinig met jou pampoene!?  :icon_biggrin:

Ek dink elkeen van ons se lewens is 'n lewenstou.  Hoeveel keer het ek by 'n geliefde se bed gestaan en geweet hy/sy se strepie is getrek, net om 'n paar weke later my "pakkie" by die hospitaal te gaan haal en huistoe te bring.  Dit is nie ons besluit nie.  Daar was ook die hartseer tye waar ek moes afskeid neem.  Dit is die lewe, ongenaakbaar. 
Waar daar lewe is is daar hoop en ek hoop daar is lewe.  Ek glo daar sal wees, daar moet net wees.     
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on September 14, 2012, 05:55:41 AM
Hoe kosbaar is tegnologie. Ek sit en kyk na drie name in blou bokant die post, en ek weet in elk een van ons draai gedagtes rondomtalie ... gee my seblief julle hande. Ek wil net bietjie vashou aan dit  :love7:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on September 14, 2012, 06:06:04 AM
Hier is altwee my hande.  My hart, my skouers, my arms, my skoot.  Ek sal alles in my vermoë doen om te help matertjie.  Hou net kop bo water.  Ek lees dat daar baie vordering gemaak word en dat dinge nie meer so duister is as wat dit 'n paar jaar gelede was nie.  Vertrou net en moenie mismoedig raak nie.  Ons kan nie sonder jou nie.
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on September 14, 2012, 06:59:28 AM
Daar is soveel medikasie op die oomblik en prosedures. Blessings wat vyf jaar gelede nie daar was nie.
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on September 18, 2012, 06:22:23 AM
Dit is baie waar.  'n Rukkie gelede het iemand gesê as ons nog tien jaar kan lewe sal die mediese wêreld soveel vordering gemaak het dat ons nie sal dooi nie. Hy het nie baie mooi gedink nie, maar ek verstaan wat hy probeer oordra. 
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2012, 02:43:51 AM
Nooit voorheen besef hoe Kosbare Gawe elke gemaklike asemteug is nie PM. Ek klou aan hierdie woorde in een van jou kommentare hier: Waar daar lewe is is daar hoop en ek hoop daar is lewe.   :notworthy: Mag Hoop ons nooit beskaam nie. Vandag 'iets' gemaak vir almal betrokke by PH. Deel dit ook hier vir die ouens wat soms moedeloos voel as die lewe hulle kniege laat knak.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PHenomenalHope2_zps71ad59ad.jpg)

My hart gaan uit vir hierdie pragtige mensie.
http://latino.foxnews.com/latino/lifestyle/2012/09/19/former-miss-puerto-rico-is-terminally-ill/
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on September 21, 2012, 04:08:36 AM
Ek wonder dikwels hoekom daar soveel swaarkry is.  Dit is mos nie regverdig nie?  My se moeksie het altyd gesê dat niemand ons belowe het dat die wêreld reg en regverdig is nie, dit is hoekom ons hard moet werk. 

Dit is pragtig Raaitjie.  Die wit skrif op die swart agtergrond het sy eie boodskap. 

Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2012, 04:20:39 AM
Die lewe is hard my maat, sing die man met die mooiste stem en ons kan byvoeg regverdig is dit gewis ook nie ne!
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on September 21, 2012, 04:37:12 AM
Ja wat, ons sal maar moet vat wat ons kant toe kom, daar is nie 'n ander keuse nie.

Saterdag wil ons 'n bietjie Dulstroom toe gaan vir 'n week.  Ons oudste verjaar en hy het besluit om dit daar te vier.  Hier soek die manne nou na hulle "fly fishing" gereedskap vir 'n vale. 
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2012, 04:44:11 AM
Oe gaan geniet mater. Jy het nodig om so bietjie te ontspan. Vat 'n breek. Gaan sit net iewers. Dink julle is al behoorlik moeggeswoeg  :love7:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on September 21, 2012, 05:05:52 AM
Dit is moeilik om my nou hier weg te kry.  Tog weet ek dit is baie nodig. 
Laat ek eers bietjie spog.  Vir my 50ste verjaarsdag, dit is natuurlik nou dekades gelede  :icon_biggrin: het ons ook daar gaan "forel".  Ek hou nog steeds die rekord vir die grootste en die kleinste vangs. 
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2012, 05:07:11 AM
Atta patta jy nie klikbekkiebewys ergens nie? Lig my hoed. Knak die knieg. Verskoon die geratel  :notworthy:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on September 21, 2012, 05:13:01 AM
Daar lag ek vir Hannes wakker.  Dit is "hoogtyd" hy kan koffie maak.   :icon_biggrin:

Daai tyd toe my rekenaar en my boeke gesteel is het ek sleg verloor.  Ek loop nog soms en soek na goed wat ek geweet het ek het, gehad het.  Ek sal maar foto's moet wys na hierdie kuiertjie.  Hoop ek kan nog 'n lyntjie swaai. 
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2012, 05:17:41 AM
Heheheh, amper offer ek jou van my blou smarties - dit mos bekende stywelyn-newe-effek  :icon_biggrin: maar Hannes gaan jou skeef aan kyk!

Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on September 21, 2012, 05:31:36 AM
 :sign10: Ons sal beslis nie by die visvang uitkom nie.  Of is dit al wat ons sal doen?   :angel4:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on October 13, 2012, 12:04:48 AM
Net gou kom 'n lyntjie los: ons gaan weer bietjie kamp vir twee dae saam SA vrinne net oorkant die bult. Sal Sondagaand weer tuis wees.  :love7: :notworthy:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: PM on October 13, 2012, 04:30:42 AM
Geniet dit en kom veilig terug sustertjie.   :hello:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on June 13, 2018, 06:07:22 AM
En ek kom alweer bieg, ons gaan wegloop vir so twee weke. Eerste week is bespreek langs die kus in 'n karavaanpark en daarna toer ons twee oues van dae agter die neuse aan. So as ek stil is, ek het nie verdwyn nie hoor - ek kamp van Vrydag af  :hello2: :notworthy:
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Anastasia on June 13, 2018, 06:35:18 AM
Ag, lekker!  Geniet dit uit volle bors!  Of, soos die hoof eendag tot sy bittere spyt vir die meisies skool aanbeveel het, hul hul skoollied moet sing:  sing dit uit altwee borste!  (ware gebeurtenis!)  Ha ha
Title: Re: Gaan bietjie wegloop vir paar dae
Post by: Meraai vannie Baai on June 13, 2018, 07:21:34 AM
Hiehiehiehie, sit nou en dink hoe ek hierdie lyntjiekuiers en lagpilletjies gaan mis. Die ene moet ek onthou om vanaand vir Outop te vertel lol  :headbang: