Die Afrikaanse Forum

Ons Publiseer Saam => Boek 2 - bespreking deur almal => Topic started by: PM on July 10, 2012, 08:46:41 AM

Title: Vertraging
Post by: PM on July 10, 2012, 08:46:41 AM
Ek dink ek moet net hier melding maak van die tydsfaktor.  Met die vloed wat ons huis getref het, glo ek dat ons boek minstens twee tot drie maande later die lig sal sien as wat ek beplan het.  Dit gee ouens ook kans om nog te spaar en nog te werk aan gedigstrukture en hul eie skeppings.  As ek moet 'n voorspelling maak, dan glo ek die boek behoort teen die uiterste, April volgende jaar gedruk te word.  Intussen is dit nog Desember en ek wil nie beloftes maak wat ek nie kan nakom nie.  Ek weet julle sal verstaan. 
Title: Re: Vertraging
Post by: Trapsoetjie on July 10, 2012, 01:54:31 PM
Dis alles in die hak PM. Moenie komkommer nie.  :toothy4:

 :angel12:
Title: Re: Vertraging
Post by: Meraai vannie Baai on July 11, 2012, 12:10:22 AM
Dit is reg met ons diekant van die aardbol. Gee 'n mens kans om alles in orde te kry en ons weet nou al, dit gaan 'n woordfees wees wat blaai vir blaai geniet gaan word :love7:  :angel8:
Title: Re: Vertraging
Post by: Ah Willa on July 19, 2012, 05:40:21 PM
Ek glo alles gebeur in 'n tyd wat dit moet