Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Groot koeke => Topic started by: PM on March 30, 2011, 03:27:20 AM

Title: Koffie-koek
Post by: PM on March 30, 2011, 03:27:20 AM
Koffie-koek

So maak mens:

Stel oond op 180 grade C.
Klop 6 JUMBO eiers baie goed
Voeg 2 koppies suiker geleidelik by

Meng 2 eetlepels koffie poeier in een koppie water, 1 telepel karamel geursel en ½ koppie olie by.
Roer goed.
Gooi geleidelik in eier-mengsel.

Sif 2 koppies koekmeel, 2 telepels bakpoeier en sout en vou in mengsel.
Meng liggies en gooi in 2 diep koekpanne.

 Bak ¾-uur tot 1 uur.

Laat afkoel.

NB. Koffie kan weggelaat word vir gewone koek.
Kakao kan bygevoeg word vir sjokolade koek.
Gebruik enige soort geursel.

Versiersel

Klop 125g margarien tot sag
Voeg 1 gewone eier by en klop goed.
Meng 1 eetlepel koffie-poeier met bietjie water.
Gooi versiersuiker by tot smeerbare mengsel

Smeer karamel kondensmelk tussen lae en gooi sjokolade krummels bo-op.