Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => My gunsteling gedigte van die groot meesters => Topic started by: Ah Willa on June 20, 2012, 06:43:40 PM

Title: Lys van Afrikaanse digters - meesters
Post by: Ah Willa on June 20, 2012, 06:43:40 PM
Hier kan jy 'n lys vind van die meesters van gister en selfs vandag ....

http://af.wikipedia.org/wiki/Lys_van_Afrikaanse_digters


Dink ons moet ook ons se name daar kry ... maar ons moet eers solo-puliseer dink ek ...
Title: Re: Lys van Afrikaanse digters - meesters
Post by: PM on June 21, 2012, 08:04:10 AM
Dankie Wils, dit is nou 'n wonderlike bron van inligting. 
Title: Re: Lys van Afrikaanse digters - meesters
Post by: adele on June 21, 2012, 02:06:33 PM
dankie Willa,   :icon_study:    ek is juis nou besig om deur ou meesters se werk te lees.
ek soek ook inligting oor antieke digkuns om as inleiding vir 'n praatjie oor gedigte te gebruik. en ja, ek was al op internet en het in 'n labirint van eeue verdwaal.    :icon_scratch:   waar kan ek sommer net, klaar in Afrikaans, iets kry?

 :grommit:
Title: Re: Lys van Afrikaanse digters - meesters
Post by: Angelica on June 21, 2012, 06:51:29 PM
Adele, ek het 'n boek oor oeroue gedigte, Engels, genaamd:  Best Loved Poems. Kan nie die samesteller se naam onthou.
Weet nou nie of jy net Afrikaans wil he.
As jy meer inligting omtrent hierdie spesifieke bundel wil he, kan ek dit gaan uitkrap vir jou. 
Dit is meestal Britse meesters, maar sommige, soos die datums meer in die 20e eeu voorkom, is meer lees- en verstaanbaar. 
Title: Re: Lys van Afrikaanse digters - meesters
Post by: adele on June 21, 2012, 08:00:00 PM
nee wat, ek soek sommer deur internet verder, ek moet einde Augustus 'n praatjie oor gedigte hou en wil die eerste paragraaf inlei met die feit dat gedigte en skrywers omtrent so oud soos die mensdom is. dis vreeslik interessant dat gedigte al deel was van die griekse en selfs mesopotamiese mitologie. tot 2000+ jaar VC  se geskrifte word nou ontsyfer.

 :grommit:
Title: Re: Lys van Afrikaanse digters - meesters
Post by: Ah Willa on June 22, 2012, 04:34:10 AM
Ek het geGoogle - moet nog deur 'n paar links gaan - maar kom toe op die een intersante een af:

http://www.ve.org.za/index.php/VE/rt/printerFriendly/387/451

Hier is ook 'n gedig deur "Vos" .. nie seker of dit Phillip de Vos is nie maar lyk so - dis iets anders en besonders:


‘n Eietydse gedig oor die skepping   
(Back to top)
n Opvallende kenmerk van die eietydse gedig is die soortgelyke reeks retoriese vrae sowel as bepaalde inhoudelike ooreenkomste en teenstellings met die Jobteks. Die eietydse gedig lui soos volg:

Skepping

In gesprek met Job 38

Wie het die aarde se lyf

met 'n maatband gemeet?

Wie het asem goddelik

in haar neus geblaas?

Wie hou haar knus in sy handholte?

Wie het skares van alle uithoeke

genooi om met vlae en feesklere

sonder vloeke en gewere

tot nanag te dans?

Wie het die hemel ruim oopgespan

soos 'n spieí"l wat helder vlam?

Wie versluier dí¡í¡r raaisels

en wie laat sterre saans smeul?

Wie het die duisternis

soos 'n lyk in doeke toegevou?

Wie het klokke vir eerste lig gelui?

Wie het die rooidag met harp en fluit

langs die berg se sy wakker gemaak?

Wie het die rasende see gesus

toe sy ruisend en uitspattig uit

die moederskoot gespartel het?

Wie het met die donderwolk

'n kleed vir haar geweef

en met donkerte 'n doek?

Wie het die stormwind

uit sy skuilplek gejaag?

Wie het wolke vol water

oor die aarde laat dreun

totdat hulle nate lostorring?

Wie het die stoorkamers

vir sneeu en hael gebou?

Wie het deure oopgesluit

vir die dag wanneer bloed

in die strate loop?

Wie stuur engele op mense se paaie

vaag met littekens van doodswonde?

Wie sien raaisels in 'n spieí"l?

God weet

nie die mens nie.

(Vos ongepubliseerd)

In die Afrikaanse skeppingsgedig kom die retoriese vraag 'wie?' 17 keer voor. Elke vraag veronderstel 'n antwoord: God. Dií© antwoord kom egter uit die skepping. Daarom word die skepping in sy rykdom en misterie verken. Die aarde word as 'n vrou voorgestel. Haar lyf is deur God gemeet. Meer nog, Hy het sy asem in haar neusgate geblaas. Dít gee te kenne dat sy haar lewe van Hom ontvang. Nie net gee Hy aan haar lewe nie, maar Hy hou haar ook knus in sy handholte. God is dus ook 'n sorgsame Vader.

Mense van alle uithoeke word genooi om oor haar bestaan fees te vier. Alle ......
Title: Re: Lys van Afrikaanse digters - meesters
Post by: Ah Willa on June 22, 2012, 04:42:41 AM
Die Diggie hier onder oor die Skepping is dalk eerder Cas Vos

http://www.cas-vos.be/
Title: Re: Lys van Afrikaanse digters - meesters
Post by: PM on June 23, 2012, 02:30:50 PM
'n Retoriese vraag is juis 'n vraag waarvan die antwoord voor die hand liggend is.