Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 14, 2012, 06:05:55 AM

Title: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on May 14, 2012, 06:05:55 AM
Net gou laat weet, die ouma gaan alweer diekant tot Sondag stil wees. Gaan tuis wees maar na ons jongste prinsie omsien (5 wekies oud en bietjie koliekerig siestog) terwyl sy moederlief hulle plaas toe trek. Ons gaan hom vanaand haal, Vrydag kom die proffie, prinsessie en ouers deur - dan gaan ons finale goedjies pak en laai vir Meisiekind hulle Saterdag. Sondag kom ons weer terug en dan sal ek dalk kansie kry om gou weer te snuffel deur jou lyne. So as ek swyg - niks skort - die ouma woel tussen baba, doeke en winde en natuurlik die res van die gewone dinge van 'n huisvrou sonder hulp.

 :love7: :icon_salut: :notworthy:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Ah Willa on May 14, 2012, 06:12:48 AM
my innige simpatie met die jongste prinsie se kolliek - ons is deur 2 en half jaar daarmee met Theo ...
niks slaap nie ... niks raad nie .. net baie geduld en liefde ... en hoe rustiger 'n mens self is - hoe beter vir die kleingoed

Ag ouma Raaitjie dankie dat jy so daar is vir jou kindergoed se kleingoed ... hulle is bevoorreg!!  Ons is ook bevoorreg om Andre se ouers te he OupaKoos en OumaJaja

Sterkte met die trek, die pak en al die dinge ...

ek stuur ekstra gebedsvlerke na Bo vir die jongste prinsie se kolliek

Kaapse liefde
Willa  :love7:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on May 14, 2012, 06:34:33 AM
Duisend dankies vir jou vriendskap matertjie!! En die gebedsvlerke. Gaan beslis nodig wees. Kleinman slapies net rustig as jy hom op jou maag laat slapies of vashou teen jou. So dit gaan beslis 'n tyd van bonding wees vir my en hom  :love7: Dit is groot voorreg as ons as grootouers daar kan wees om handjie uit te steek in sulke tye ne. Ons lief dit en koester elke sekond!
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Ah Willa on May 14, 2012, 07:42:39 AM
ons het ook gevind as Theo op sy maggie op my bolyf of Andre se bolyf slaap - hy die rustigste is ...
dink dis die kalmeering van die ouer se rustige asemhaling en die ouer se lyfhitte na die eina van babalyfie

daar is mos altyd gese dis pyn op die maagie wat dan die kolliek is - maar in vandag se dae se hulle niemand weet eintlik wat nie en kolliek staan dan net vir iets wat verkeerd is en die slim mense nie kan beantwoord nie ...

as ek naby jou was, het ek vir jou en die ander grootmensies om klein prinsie 'n heerlike full-body massage gegee - net sodat julle elkeen extra rustig rondom prins kan wees ... maar nou's ek so ver ... so ek stuur baie extra gebedsvlerke na Bo!
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: PM on May 14, 2012, 08:06:10 AM
Sterkte Raaitjie.  Ek stuur vir jou 'n sakkie met baie energie en een vol sandjies vir die slaapsessies. 
Ek het nou weer gesien met ons prinsessie.  As jy haar op jou been laat sit, hou jou hand op haar magie en laat haar bo-lyfie vorentoe hang, so oor jou hand, dan help dit ook.  'n Warmwatersak teen die magie help ook.  Dit wil vir my voorkom of 'n meer regop posisie baie help. Sterkte-sterkte-sterkte. 
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on May 14, 2012, 08:12:30 AM
Sit en wag dat Outoppie klaar woel op die letrieklanne met sy kragtige saad, PM ek sal beslis al julle raad onthou en probeer. Sodra die knapie opgetel word bedaar die gekerm ook. Dit is so hartseer om hom so te hoor kreun as hy slaap, my hart wil breek  :crybaby2:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: PM on May 14, 2012, 08:33:34 AM
Ja, dit is erg, ons prinsessie se lippies trek in 'n spierwit sirkeltjie.  Ons het wel gevind dat 'n bietjie krampwater help ook.  Ouuuu tydddse krampwater. 
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on May 14, 2012, 08:55:15 AM
Ons het gripewater diekant. En glo my as dinge so lol dat die sweet ons almal uitslaan gryp ek gou na daardie bottel se bleek inhoud  :icon_biggrin:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: PM on May 14, 2012, 09:04:08 AM
Dit is hom daardie Raaitjie!  Dit help vir 'n rukkie.   :bootyshake:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on May 14, 2012, 09:34:18 AM
Outoppie so pas hier ingestap, so die oumense vat nou pad.Klaar donker diekant, so dit is loer vir springende hase hehehe. Tatta vir eers liefste maters van my  :love7:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Ah Willa on May 14, 2012, 12:49:34 PM
Ons het ook die Gripewater altyd vol en gereed gehou :-)

Sterkte met alles ... kom laat weet hoe dit gegaan het met die pak, trek en klein prins se lyfie  (party baba's meer angstig om weg te wees van bekende se lyf - so as hy so sieklik rustig raak as mens hom optel kan dit ook deel van sy einatjies wees (hulle kry ook erg lyfseer en maagpyn van die spanning) - as die handjies vuisies bal - is die kans goed dat dit so is ... dit help om die voetjies aan die onderkant met die duime en circles te masseer en die handjies aan die binnekant  ... dan ook oor die maggie clock's gewys in klein fyn circletjies - nie te diep en ferm nie - baie liggies ...

PM - ai klink my baie 20ste eeu kinderstjies sukkel met die kolliek - dis al die stress om hulle wat eintlik niks met hulle te doen het nie, wat hulle so beinvloed - ek is seker daarvan!
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on May 15, 2012, 03:19:59 AM
Oe ek slurp behoorlik hierdie raad op Willa. As iemand van buite nou hier lees gaan hulle regtig se dis die hoekie vir ag siestog mammas en oumas maar die hulp tussen lyne is GOUD werd vir hierdie ouma vandag!! Gaan sommer spoeg en plak, en vir kind ook stuur. Vanoggend toe hy so huil vryf ek so saggies oor sy koppie - kry ek die mooistemooiste smaailtjie en daar gaan sy ogies toe. Haal hy sommer rustig asem. Was soooo verlig :angel8:

PM :crybaby2: :dontknow: hoe het ons onse kinders grootgekry en nog by onse sinne gebly  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: PM on May 15, 2012, 03:50:31 AM
Ons was jonk, sterk en vol energie Raaitjie.  Gewoond aan hard werk, goeie beplanning en 'n vol dag met min slaap. 
Raaitjie, daar is dalk nog 'n paar mammas wat baie dankbaar is oor die raad.

Willa, my oudste was 'n erge koliekbaba (hy word nou 41) en die ander twee was die rustigheid van self.
Jannas se oudste was die rustigheid van self en Danique het die pes gekry. 
Gerhard se baba het dit so erg gehad dat daai kind dag en nag geskree het, so erg dat ons wou mal word. 
Ons het 'n naweek op 'n plaas gaan kuier en toe vat 'n ou bediende 'n telepel suiker en 'n telepel sout en meng dit in 'n kwart koppie water en gee vir hom 'n telepelvol daarvan, maak hom styf op haar rug vas en daar slaap hy soos 'n droom.  Die nuwe tendens is om nie vir kinders sout of suiker te gee voordat hulle 'n jaar oud is nie, en die mamma wou stuipe kry daaroor.
 
Gelukkig is dit baie beter na drie maande.  Ons weet hoe lank kan drie maande wees!
Ek lig my hoed vir ons twee seuns, hulle is wonderlike pappas.

Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Ah Willa on May 15, 2012, 12:24:22 PM
Met Theo was dit 2 en 'n half jaar - maar dan moet ek ook byvoeg die tande was ook deel van die probleem - hy's geseen om 1 uit 'n 1000 kids te wees met abnormale pyn vir die tandkry goed ... dr het tot al opgeneem in hospitaal en morfien gegee ...

Dis net vir my of daar meer in vandag se kindertjies is wat so gestraf word en ek wonder maar net of die wereld se stress nie 'n invloed het nie ... meer as in die dae toe ek 'n kinders was nog ... maar dalk is ek verkeerd want toe was ek nog 'n kinders gewees ...  :hello2:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on May 17, 2012, 07:49:08 AM
Twee en 'n half jaar!! Behoede ons tog sebliefie! PM ek weet hierdie kant is die ouens net so gekant teen suiker, radeloos genoeg sal ek maklik daardie kuur op die proefstel as hierdie kreune en steune gepaard met dakligskroue vir twee jaar voortduur  :toothy4:

So lyk dit deesdae by die Locke se pandokkie - ons verkeer om die beurt horisontaal en vertikaal. Ouma tel haar hmmhmmm-doedieliedjie in lettergrepe en kry tien inne ry LOL! As Outop selfde een probeer kry hy 'n gil dat jy net mangeltjies sien!!  :color: Nootvas was nog nooit die ou se sterkpunt nie maar sy goedheid vanself, en hulp word baie meer waardeer as enige liedjie!! Sonder hom was ek verlore hoor  :love7: Saterdag neem ons die prinsie weer terug, en dan gaan hierdie huis leeg en stil wees. Ek gaan nie weet wat om met al die ure te maak nie!!
 
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/OutoppieenWyatt.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/OumaenWhyatt.jpg)
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: PM on May 17, 2012, 09:29:47 AM
Dit is kosbare foto'tjies Raaitjie. 
Ek kruip lekker weg hier agter 'n gebreekte ribbebeen!  :icon_biggrin: 
Dit breek my hart om die kleingoed so te sien swaarkry. 

Ek lag lekker oor daai "mangelbeskrywing". Dit is goed gedoen en ek sien die prentjie!

Ek help solank tel aan die slapies hoor!   :love7:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Ah Willa on May 17, 2012, 10:07:23 AM
Prag foto's!!

ons was teen die einde van die twee jaar en 4 maande gedaan - maar die Genade van Bo het vir ons behou en geduldig gehou ...

dis nog nie elke dag maklik nie ... maar dis 'n groot verskil darem en die tande is ook ampertjies klaar ...


Theo kuier soms vir 'n dag en 'n nag by ouPaMa  .. maar ons mis hom te gou en wil ook nie dat hulle moeg word nie :-)  ouPaMa-kleinKind kuiertjies is veronderstel om fun tye te wees  :evil6:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: PM on May 18, 2012, 08:01:42 AM
Glimlag ek nou vir die "fun-tye" Willa.  Dit is "fun-tye", maar vir die ouers.  :icon_biggrin:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Ah Willa on May 18, 2012, 04:31:27 PM
 :angel12:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: adele on May 19, 2012, 02:20:23 PM
Baie jare gelede het Annatjie Theron na maande met haar koliekbaba, uitgevind rooibostee het alles opgeklaar, en dit het gelei tot Annique se wye reeks skoonheidsmiddels. ek het my meisiekind, wat totale melkallergie gehad het, [selfs vandag nog] met rooibostee en Ouma Meelbol-pap grootgekry, na weke van opgooi en koliek. daarom is ons vandag nog verslaaf aan rooibostee. die enigste nadeel wat rooitee my gee, is dat dit my bloeddruk verlaag.

 :grommit:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Ah Willa on May 19, 2012, 02:38:46 PM
Net so lief vir Rooibos tee ... ongelukkig is dit nie ietsie wat vir Theo gewerk het nie, maar ons gebruik dit wel.

Dis ook baie goed om die gebruikte sakkies oop te breek in die plante ... ek het dit by my Ouma geleer - plante lief die rooibosblaatjiekos :-)

Ek sukkel van tyd tot tyd met ekseem - dan bad ek ook in rooibostee water ... lekker smoothing :-)   :love7:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 01:33:01 AM
Ek gaan beslis vandag vir Meisiekind luitjie gee en haar vertel van die rooibostee julle  :notworthy: en my plantjies gaan ook van nouaf gereeld so bietjie teeblare kry!

 :toothy4: Ons ou prinsie is terug by sy familie en die outjie was so tevrede soos klein katjie met piering room voor hom. Met sy 'moeilikste' tyd het sy pappa hom na die barn geneem en rondgeloop, toe op sy ponie se rug getel en daar word daardie gespanne ou lyfie sommer 'slap' - ontspan hy totaal en al. Die res van die aand het hy op ouma se skoot gele en slaap terwyl die mamma nog gewoel het om gou die laaste klompie goed uitgepak te kry.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Ourlittlecowboy.jpg)
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Ah Willa on May 20, 2012, 01:39:06 AM
pony-therapy rocks!  Dis die mooiste mooi foto's!
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 01:43:10 AM
Beslis Willa!! Ongelukkig het Outop van die mooiste fototjies gemis toe hy nou eers stap en die kamera gaan haal uit die motor. Die kleinding het met sy handjie aan die maanhare (?) van die ponie vasgehou. En toe hy dit voel, het die hele lyfie pap geword. Meisiekind het gese hulle gaan dit nou elke aand deel van sy roetine maak. 
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Ah Willa on May 20, 2012, 01:48:53 AM
Dis 'n prag-plan!!  God het nie verniet diere gemaak nie ... ek is heel erg oor die idee van Therapy-diere.

Dis alom bekend dat honde in therapy gebruik word - ons het ook so 'n prag therapy-hond - nie opgelei nie,
maar hy is beslis een .. Nova ... mens sien hoe die mens om hom verander ... en hy beskerm Theo asof sy lewe daarvan afhang!

Hier in die kaap is 'n sielkundige wat Dolfyne inspan vir therapy met groot sukses :-)
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 01:55:32 AM
Na ons nou met eie oge hierdie terapie-sessie aanskou het Willa sal ek dit sowaar aanbeveel vir mammas. Ergens in die verlede ook gelees dat om oor 'n troeteldier te streel jou bloeddruk kan verlaag?
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Angelica on May 20, 2012, 05:53:17 AM
Raaitjie, dis baie spesiale foto's daai.
Is dit baba se presentjie van sy ouers af?

Sit 'n lekker bersie-saaltjie op die ponie, nie te dik,  meer na die agterkant, sit baba op sy magie op die bersie en laat die ponie stadig met hom loop.  Jy moet natuurlik vir baba vashou, ne?  Giggles. 
Die 'massering' van die ponie se spiere onder die bersie op baba se magie, sal so soothing wees, dis verbasend hoe gou die outjie sal kalmeer.
Probeer.
Jul nuwe perderuiter is gebore.  Spaar solank vir 'n groot blink-vos-perd, want baba gaan nie weer wil afklim tot hy oeroud is nie.
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Angelica on May 20, 2012, 06:04:25 AM
Diere-terapie: 
'n Luiperd het 'n kalmerende effek op my.  Ek het luiperd foto's oral om my.  Selfs bokse met 'n luiperd-motief op die tafel waarop ek op my rekenaar werk.  By die kantoor (sal nou moet afhaal en huistoe bring) teen die muur hang 'n groot almanak van 2011 met 'n luiperd wat heeldag in my oe kyk. 
As ek na haar kyk, gooi sy 'n sagte, strelende kombersie oor my. 
Selfs my cover photo op my FB, is 'n luiperd.
'n Luiperd herinner my aan my Pa en my kinderdae op die plaas.  Soothing.
Diere-terapie werk.  Katte, honde, perde, dolfyne....  en luiperds.  Ons almal vind 'n dier wat 'n kalmerende effek op ons het.  Myne is Mnr & Mev Kolle.
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: PM on May 20, 2012, 09:02:22 AM
Dit is pragtige foto's.  Daardie hande om prinsie se lyfie is te kosbaar vir woorde. 

Ek is nie 'n "hare-mens" nie.  Dit is hoekom ek mal is oor AB se haarlose hondekinders.  Ons het met perde groot geword en myne moes gereeld gebad en geroskam word.   :icon_biggrin:

Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 09:27:08 AM
Ek het nou presies vier keer hier kom probeer dankie skrywe vir Angelica, gaan beslis die pragtige uiteensetting hoe ons met die klein prinsie moet stap vir Meisiekind deurstuur. Het al tikker afgesit en tot tien getel, alllles afgesit teen die muurproppe ook en weer getel, pure verniet. Moggen troffen nou  :toothy4: PM ek sien jou al gril en roskam ...gril en roskam!
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: PM on May 20, 2012, 10:00:34 AM
Laat jy my nou glimlag Raaitjie!  :icon_biggrin:

Ek sou tien keer eerder die stalle skoonmaak!  Dit was 'n goue reël dat elkeen sy eie diere versorg. Groot was die beloning egter, wanneer perd se kind geweet het dat jy mistroostig is en daardie groot kop in jou nek kom druk het.  Kosbaar!
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 10:01:21 AM
Oi joi joi, hier is ek weer terug. Wou nog skryf ek is so dankbaar vir die vertroosting wat jou gekoldevrinde jou bring Angelica! Vir my is daar toevlug in klawers en snare se helende klanke. En net soos jy, bring dit ook al die mooi van my kinderjare weer na vore  :love7:

Die ponie is klein Wyatt se eerste kersgekenk van sy pappa af. Hoop nou nie die inligting kruip ses ander plekke later uit nie... al moedeloos geskryf en dan gebeur niks LOL. Die kleinding se familie aan sy pa se kant is almal cowboys  :icon_biggrin:hulle word op perde groot. Die jongste dogter (16) breek wilde perde in en oudste ene jaag dat die stof so staan al om 'n drom :) Die pappa was kranige bultemmer voor hy op 19 sy been weens kanker verloor het, glad nie in sy pad gestaan om enige ding te doen wat ander manne met twee gesonde bene nie eers sou oorweeg nie  :`ip2:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 10:02:43 AM
Heheheh... PM ek moet vanaand in brokkies kom komtaar en deel. Ek loer maar net hierdie groot vier by vier's van die kinders so. Kom nie naby nie. Naaste is deur die lens!
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: PM on May 20, 2012, 10:05:34 AM
 :icon_biggrin: vier x viers seg jy vir my.  :icon_biggrin:
Ek gaan 'n ander onderwerp begin om van prinsessie te vertel.
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 10:10:10 AM
Plek geboek  :love7:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on May 28, 2015, 10:28:11 AM
Hoe vlieg die tyd nie. Kuier ek oudergewoonte saam 'n naamlose gas hier op die forum en wonder nuuskierig waaroor die onderwerp gegaan het. Nou kan ek feitlik dieselfde weer skryf. Ons is tuis maar arig doenig. Klein cowboy-prinsie kom weer kuier vir oupa en ouma terwyl sy mammatjie woel met fondsinsameling vir kanker pasientjies. Elle het lankal geskryf dat hy verlief gaan raak op perde en sy was reg. Drie jaar later.... die ponie volg hom soos 'n hondjie en eet net as hy hom voer.

 (http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Watti%20en%20perd.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Watti%20en%20perd.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/ponieliefde.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/ponieliefde.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/ponie%20en%20watti.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/ponie%20en%20watti.jpg.html)
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Naas on May 28, 2015, 12:41:28 PM
Te pragtig, die tweetjies saam.
Ek het mos lankal gese dat ek ook eendag op die stoep sal sit en toekyk hoe my kinners in handeviervoetbakkies rondrits. Daai droom van my sal maar net 'n droom bly en skoonseun weier dat ek sy handeviervoet bestuur.
Al kwylende op die stoep
trek my oe nou na die straat
waar groot en blink
die handeviervoet versoeking staan.

In die holte van my grysgedruis
in my gees se oog
bestorm ons saam daai sandduin
en die sand spat in 'n boog.

Maar dan kom die werklikheid
en slaan my koekroller oor die kop
sodat daardie blink begeerte
saam met my geestesoog omdop.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on May 29, 2015, 03:48:18 AM
 :icon_biggrin: :book1: :notworthy: Pleister vir die hou waar die koekroller jou nerwe laat waai het mater. Moenie ophou droom nie hoor! Jy weet nooit  :`ip2:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: PM on May 31, 2015, 11:43:32 AM
Naas, hou tog duime vas dat ek die lotto wen!

Dit klink vir my asof dinge wil gebeur vir boek drie?

Pragtige foto's van julle prinsie Raaitjie.  Die tyd stap aan!
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on June 01, 2015, 05:42:47 AM
 :hello: PM ek sal saam duime vashou dat jy die lotto wen. Praat van tyd wat stap - ek dink dit vlieg met 'n Jet! Hou my oog op die grond vir tekens van boek 3  :toothy4:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: PM on August 07, 2016, 09:13:27 PM
Raaitjie, jy moet my nou antwoord anders gaan ek in 'n "flat spin" in.  Waar is jy matertjie!  Asseblief, laat weet my net dat dit goed gaan met jou.  Kamp jy iewers of kuier jy in Amerika.  Asseblief, laat weet my waar jy is.  Ek is teen die mure uit en op die dak op!
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on August 08, 2016, 08:21:15 AM
Ek was lanklaas so siek in my lewe dierbaarste PM. Borsverkoue aangesteek by kinders. Nie die maklikste ding onder die son vir iemand wat slagoffer van die asemdief is nie. Te moeg om te huil, anders het ek myself vreeslik jammer gekry  :crybaby2:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: PM on August 08, 2016, 11:53:11 AM
Ek is so dankbaar jy is beter genoeg om te antwoord.  Maggies man, ek het spoke opgejaag wat nou nog oor die woude sweef. 
Vrese!  Vreeslike verse! 
Moenie komkommer nie, ek sal sommer vir jou jammer wees. 
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Ah Willa on August 08, 2016, 11:55:04 AM
Gesondheid is 'n juweel wat mens moet waardeer ...
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Meraai vannie Baai on August 15, 2016, 11:09:36 AM
Ware ware woorde Willa! En skielik in 'n oogwink kan alles verander en verander jy van ooraktiewe ouma na pasient en scary woorde op verslae  :crybaby2:

Giggel ek nou heerlik met simpatie en respek natuurlik bygeskryf vir jou swewende spoke oor die woude... kan prentjie vorm hoor en dankie vir die 'jammerwees-intree' :love7:
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: Fransi on August 26, 2016, 11:09:26 AM
Ek is so bly jy voel beter.  :love7:

Die fotos is fantasties!
Title: Re: Tuis, maar arig doenig!!
Post by: PM on September 26, 2016, 01:28:51 PM
Ons was ook so siek soos honde, bedoelende dat ons vir almal wat verbygekom het geblaf het.  Ek het so gespog met die inspuitings wat ons gekry het, ongelukkig het dit niks gehelp nie. 

Gelukkig is ons nou 'n bietjie rustiger, blaf net vir die posman en ons het nie straataflewering nie.   :icon_biggrin: