Die Afrikaanse Forum

Die Klaskamer => Hoe werk die program? => Topic started by: AB on May 12, 2012, 11:06:43 AM

Title: photoscape help asb
Post by: AB on May 12, 2012, 11:06:43 AM
Help asb
ek het netnou photoscape op my nuer rekenaar afgelaai, en ek kry nie die ou goed waarmee ek so lekker gespeel het nie soos refection en daai wat jy die foto kan verwornge maak ens.
weet nie of ek verkeerde weergawe afgelaai het nie, dit is versie 3.6.2 wat ek gekry het.


daar is baie min blokkies waar ek kan kies wat om te doen.
Title: Re: photoscape help asb
Post by: PM on May 12, 2012, 11:28:11 AM
Dit lyk vir my na die nuutste uitgawe AB.  Ek haat dit as die goed so knaend verander. 
Title: Re: photoscape help asb
Post by: AB on May 12, 2012, 12:07:19 PM
lyk my dan moet ek die een delete en 'n ou weergawe aflaai, watter weergawes het julle wat ook photoscape gebruik? ek het juis die nuutste een gesoek om af te laai maar hy het baie minder goed wat jy kan doen as die ouer weergawe.
Title: Re: photoscape help asb
Post by: Meraai vannie Baai on May 12, 2012, 11:04:48 PM
AB ek het nog die ou weergawe (v3.5), elke dag vra die program of ek wil update, dan weier ek. Gelees die nuwe weergawe het paar probleme waaraan hulle glo nog werk.
Title: Re: photoscape help asb
Post by: AB on May 13, 2012, 11:14:10 AM
ek het die ouer 3.5 probeer aflaai maar hys nie beskikbaar vir aflaai nie. toe krap ek verder in die program wat ek op die rekenaar het en ek sien ek moes net dieper gedelf het en toe kry ek die goed waarna ek gesoek het.

nou is ek weer tevrede en kan verder speel.

Title: Re: photoscape help asb
Post by: Meraai vannie Baai on May 14, 2012, 03:20:30 AM
Met die nuwer weergawe - wat het alles verander AB? Ek is so treurig met nuwe goed aanleer  :icon_bigsmurf: gelees hulle se daar was file/save probleme met dit waaraan hulle werk. Het jy enige probleme met dit ondervind?
Title: Re: photoscape help asb
Post by: AB on May 14, 2012, 08:33:51 AM
ek het nie met die ouer of die nuwe program probleme gehad van file save nie.

moeilik om te seg wat verander het want ek kan nie juis die ou program onthou nie.

as jy nog die ou een se download file op jou rekenaar het kan jy die nuwe een aflaai en ou een uninstall en nuwe een laai en as jy nei van hom hou nie kan jy die nuwe een uninstall en weer die ou een laai. ek kom nie juis iets agter wat verander het nie. die program werk ook maklik, my seun het vir my photoshop gelaai maar ek kom nie met hom reg nie, te veel tierlantyntjies wat ek eers moet leer.
Title: Re: photoscape help asb
Post by: Meraai vannie Baai on May 14, 2012, 08:54:09 AM
Met photoshop het ek 'n paar dinge gedoen en probeer maar dit hopeloos te ingewikkeld gevind. Los dit maar vir ons kreatiewe kinders. PhotoScape is tops vir my, geniet en gebruik hom daagliks!