Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digterminologie => Topic started by: PM on April 27, 2012, 04:00:52 PM

Title: Personifikasie
Post by: PM on April 27, 2012, 04:00:52 PM

Personifikasie – per-so-ni-fi-ka’sie – Voorstelling van ʼn ding of begrip as  persoon.
Personifiseer - Lewelose dinge as lewendig voorstel. Langenhoven het “Vader Tyd” gepersonifieer.
Die Lente trek haar bruidskleed aan. 
Title: Re: Personifikasie
Post by: Ah Willa on April 29, 2012, 12:29:20 PM
Die winter windjie fluister koud al om my ysige oor - Ah,Willa!  :icon_biggrin:
Title: Re: Personifikasie
Post by: PM on April 29, 2012, 04:40:23 PM
Dit is 'n mooi voorbeeld.  Ek pik dit op en gaan plaas dit in die konstruksiewerf hoor.  Baie dankie vir die saamspeel.
Title: Re: Personifikasie
Post by: Ah Willa on April 29, 2012, 04:43:00 PM
Ek hoop net almal wil kom saam-speel - hoe meer speel - hoe meer leer ons almal :-) :love7:
Title: Re: Personifikasie
Post by: Meraai vannie Baai on May 24, 2018, 01:47:14 AM
En hier kom agteros ook aan. Ek het vandag 'n personifikasie digvorm by ons gedigstrukture gaan deel en kom toe in my soektog na riglyne op jou skakel af PM.  :notworthy: :icon_salut:

Gaan 'n skakel los as ons lesers dalk wil loer na die vorm. Dit is een van die maklikste skryfstyle.
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4226.0
Title: Re: Personifikasie
Post by: PM on June 20, 2018, 06:48:58 AM
Goeiste, amper 11000 keer gelees.  Woenderbaar! 


Dankie Raaitjie, sal gou gaan loer. 
Title: Re: Personifikasie
Post by: Naas on June 20, 2018, 10:01:45 AM
Nou wonder ek?? As ek se "Zuma is 'n donkie..." Personifiseer ek vir Zuma of personifiseer ek die Donkie?



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Personifikasie
Post by: PM on June 20, 2018, 01:32:41 PM
Dit kan net die donkie wees, ek bedoel Zuma.  Nee, nou het jy my deurmekaar.  (lag)
Title: Re: Personifikasie
Post by: adele on June 20, 2018, 01:34:51 PM
Langenhoven het sy stelling teruggetrek met:
"Die helfte van die parlement is nie donkies nie ...." 
:toothy4: :icon_biggrin: :icon_biggrin: :toothy4:
Title: Re: Personifikasie
Post by: PM on June 20, 2018, 01:36:25 PM
Dit laat 'n mens dink ne?
Title: Re: Personifikasie
Post by: Naas on June 20, 2018, 01:57:05 PM
Wat 'n belediging vir die donkie...


 :icon_bigsmurf: