Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digterminologie => Topic started by: PM on April 27, 2012, 03:59:51 PM

Title: Polisindeton
Post by: PM on April 27, 2012, 03:59:51 PM
Polisindeton – po-li-sin’de-ton – is die herhaling van voegwoorde wat gewoonlik weggelaat word.
Moenie vloek nie, of kwaad word nie, of skel nie.
Sê groete vir jou ma en jou pa en jou boetie en jou sussie.
Title: Re: Polisindeton
Post by: Ah Willa on April 29, 2012, 12:31:27 PM
Jy maak jouself moeg met al jou klagtes, al jou verwagtings, al jou gedagtes .....   :toothy4:
Title: Re: Polisindeton
Post by: PM on April 29, 2012, 04:37:46 PM
Jy het mooi probeer Wils.  Die polisindeton het net betrekking op voegwoorde.
'n Paar waaraan ek vinnig kan dink is
en
of
maar
want
alhoewel
so
omdat ens.

Die hoofdoel van 'n voegwoord is om twee sinne met mekaar te verbind.  Ek sal die definiese gaan opsoek en dit onder "Woordsoorte" plaas. 
Title: Re: Polisindeton
Post by: Ah Willa on April 29, 2012, 04:44:38 PM
ek dog al is 'n voegwoord ha ha

ek sal weer probeer - dis my beste geweer - ek wonder net waar is al die forum-maaitjies dan!
Title: Re: Polisindeton
Post by: PM on April 29, 2012, 04:56:08 PM
Nog iets wat dalk kan help is:
'n Voegwoord is onbuigbaar.  Met ander woorde jy kan dit nie verander nie.  Bv. "al"  kan "als" word, of "aller".
Help dit?
Title: Re: Polisindeton
Post by: Ah Willa on April 29, 2012, 05:45:05 PM
dit help ja :-)

Jy maak jouself moeg met al jou klagtes en al jou verwagtings en al jou gedagtes .....  © Ah,Willa!

werk dit nou  :hello:
Title: Re: Polisindeton
Post by: PM on April 30, 2012, 04:47:03 AM
Pragtig!  Nou is dit reg. 
Ek wil net vra dat almal die "kopieregteken" (een begrip - een woord) met hul naam, by hierdie deelnames plaas.  Dit sal vir my makliker wees om dit net te hak en plak.