Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: PM on May 10, 2011, 08:09:26 AM

Title: Die nuwe tolstelsel
Post by: PM on May 10, 2011, 08:09:26 AM
Pendelaars op die N1 tussen Johannesburg en Pretoria sal van Junie minstens R50 per dag of sowat R1 050 per maand ekstra moet opdok wanneer die elektroniese tolstelsel in werking tree.

Dit is benewens gewone reiskoste, wat volgens die Automobiel-Assosiasie (AA) se gemiddelde vasgestelde koste vir ’n voertuig met ’n koopprys van tussen R100 000 en R125 000 reeds R1,42 per kilometer of sowat R1 680 per maand beloop.

Daarby het die Suid-Afrikaanse petroleumbedryfsvereniging (Sapia) gesê die petrolprys gaan in die komende maande verder styg.

Pendelaars tussen Alberton en Midrand sal sowat R674 per maand aan tolgeld betaal en dié wat van die Beyers Naudé- tot die Rivonia-afrit op die weste­like verbypad langs Johannesburg (die N1) ry, sowat R566.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het by navraag gesê die toltariefstruktuur is aan die minister van vervoer, S’bu Ndebele, se kantoor oorhandig vir sy goedkeuring en sal binnekort aangekondig word.

Tolgeld sal elektronies ingesamel word en motoriste kan registreer as ’n rekeninghouer deur ’n voorafbetaalde rekening of ’n gewaarborgde na-betalingsrekening te open.

Alex van Niekerk, hoof van die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP), het by navraag gesê motoriste wat vir elektroniese skyfies (e-tags) registreer, sal sowat 50c/km betaal, maar dié wat nie registreer nie, moontlik meer.

Die registrasieproses behoort teen Maart te begin.

Só werk dit

Die tolstelsel “teken” elke toltransaksie aan.

Kameras gekoppel aan die elektroniese tolpunte sal foto’s van die voertuie neem en die dimensies van die voertuig uitwerk om dit as ’n ligte of swaar voertuig te klassifiseer.
Die inligting word dan verwerk en daar word vasgestel of dit by die inligting van enige geregistreerde rekening pas.
Die adresse van eienaars van voertuie sonder ’n rekening sal deur e-NaTIS opgespoor word.
’n Rekening sal ná 14 dae aan die geregistreerde eienaar van die voertuig gestuur word, wat dan 30 dae het om dit te vereffen.
As die rekening nie betaal word nie, sal ’n kennisgewing van oortreding ingevolge die Wet op Administratiewe Beregtiging van Padverkeersmisdrywe (Aarto) uitgereik word.
Agterstallige tariewe en boetes moet betaal word voordat die jaarlikse voertuiglisensie hernu kan word.

Tolvrye opsies

Pendelaars tussen Johannesburg en Pretoria wat nie tolgeld wil betaal nie, het ander opsies:

Die ou Johannesburg- of Pretoria-pad, maar dit is volgens padgebruikers albei in ’n gehawende toestand en het talle slaggate.

Motoriste in die ooste van Pretoria kan óf deur Irene ry en verby Denel wat hulle by Rooihuiskraal sal uitbring; óf op die R24, wat reeds deel van die tolnetwerk is, deur Centurion na Johannesburg; óf deur die Pretoriase middestad tot by die Ou Johannesburg-pad (R101).

Motoriste van Pretoria se middestad en Pretoria-Wes kan met die R55 verby die Swartkops-renbaan na Woodmead en Sandton ry.

Vir dié in die noorde is die R511 verby die Hartbeespoortdam die kortste alternatiewe roete.

Alternatiewe vervoer

Die Gautrein sal teen Junie tussen Johannesburg en Pretoria begin ry. Dit sal sowat R100 per dag kos.

’n Ander alternatief is Metrorail se Business Express tussen die twee stede.

Die trein vertrek op weekdae om 06:15 van die Pretoria-stasie en kom omstreeks 07:15 by Parkstasie in Johannesburg aan, van waar dit weer om 17:30 vertrek. Tussen dié twee stasies hou die trein net by die Centurion- en Kempton Park-stasies stil. ’n Maandkaartjie kos sowat R800.

Daar is ook daagliks ’n busdiens van Johannesburg na Pretoria. Dié metrobus vertrek soggens om 06:00 van Gandhi-plein in Johannesburg na die hoek van Paul Kruger- en Visagiestraat in Pretoria en ry weer om 17:00 daarvandaan terug. ’n Maandkaartjie kos R507.

- Beeld
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Tolhek-R50-per-dag-om-op-N1-te-reis-20110117
Title: Re: Die nuwe tolstelsel
Post by: Trapsoetjie on May 10, 2011, 08:21:14 AM
Net een bus en een trein...dis (ek wil eerder nie hier skryf wat ek dink nie) "steel"

Ek is nou eers bly ek bly nie daar nie. Wie het daai geld om R1050 'n maand meer te betaal? Wel ek weet ek het nie.

Dis ongelooflik hoe "mense in hoë plekke" kan maak en breek soos hulle wil en die ander moet, iets en betaal!

Om van naar te word!

 :angel12:
Title: Re: Die nuwe tolstelsel
Post by: PM on May 10, 2011, 08:35:22 AM
Die ander probleem is dat alles wat per pad vervoer word gaan duurder word.  Dit sal 'n geweldige finansiële implikasie op die hele land hê.  Of ons nou daai pad gaan ry of nie,  ons sal ook iets en betaal.   :crybaby2:
Title: Re: Die nuwe tolstelsel
Post by: Naas on May 10, 2011, 10:00:21 AM
Nou ja soverander dinge en die ou gesgde van "Kak en betaal is die wet van Transvaal." Moet nou maar verander na "Ry en betaal is die wet van Gauteng."
Ek as jy nie tolgeld betaal nie plant hulle potholes wat jou spoed tot 40 km/u beperk en stuur dan vir jou 'n boete van R150 omdat jy kamstig te vinnig gery het in 'n potholebesoedelde pad. Soos in Wolmaranstad die geval is.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die nuwe tolstelsel
Post by: PM on May 10, 2011, 10:15:28 AM
Die hele spul is belaglik. 

Jy kan deur die hele wêreld gaan toer en nêrens sal jy so 'n swak publieke-vervoerstelsel soos in Suid Afrika kry nie.  Die Gautrein!!!!!!  Watter roete dek dit en R100.00 per dag!!!!!!!!!  Hoe kom jy by die stasie en hoe kom jy by die werk en weer terug stasie toe en weer terug huis toe.  Nou kos dit jou hoeveel?  Dit is bespotlik!
Om nou vir die motoris te sê om dan van 'n alternatiewe roete gebruik te maak wat enkelbane is!!  Die snelweë kan nie eers die verkeer behartig nie,  wat praat hulle nou? 

Hoeveel onwettige motoriste gaan ons binne die volgende jaar op die paaie hê?  Dit is ongrondwetlik om 'n ou te verhinder om 'n wettige lisensie uit te neem en hom dan te beboet omdat hy nie 'n geldige lisensie het nie.  BOLLIE!!

Dit is net so belaglik as die wapenlisensies en al die ander romp slomp met nuttelose papierwerk.   :violent5: