Die Afrikaanse Forum

Die Klaskamer => Hoe werk die program? => Topic started by: Meraai vannie Baai on April 17, 2012, 05:32:14 AM

Title: PhotoScape (12) Simbole & Skrif
Post by: Meraai vannie Baai on April 17, 2012, 05:32:14 AM
Ek wou vandag die wondergawe van gesinsliefde beskryf, maar woorde het ontbreek ...toe span ek die program in om te help.

So is hierdie eenwoord-simboleboodskap geskep: Eers 'n foto gesoek waar daar 'n redelike gedeelte skoon is bv. lug/wolke/water. Hierdie deel uitgesny (gecrop) en toe vanuit die 'object' skakel die T vir skrif gekies. Een woord herhaaldelik gebruik in 'n hartvorm. Vanuit die simbole (regonder die T van die skrif) het ek die res van simbole gaan spoeg en plak. Toe ek alles op plek het, het ek die sepia skakel by Home gebruik en dit geraam.

*Onthou jy kan die skrif en simbole draai in die rigting wat jy verkies en ook hoe groot jy dit wil gebruik.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Geengeldkanliefdekoop.jpg)
Title: Re: PhotoScape (12) Simbole & Skrif
Post by: PM on April 18, 2012, 04:12:15 PM
Dit is baie vernuftig gebruik Raaitjie.  Met die meer-as-goud-werd-sakkie in die hart spreek dit boekdele.   :icon_salut:
Title: Re: PhotoScape (12) Simbole & Skrif
Post by: Meraai vannie Baai on April 19, 2012, 01:22:43 AM
Bly jy geniet PM. Jy som die simbole in die hartjie pragtig op. Die weelde van liefde, kan geen goud koop nie  :love7: