Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Vervloeë woordskatte => Topic started by: Meraai vannie Baai on April 17, 2012, 01:35:37 AM

Title: Die blok is benoud
Post by: Meraai vannie Baai on April 17, 2012, 01:35:37 AM
Met dank aan neefgoed Joe vir die inligting rondom die oorsprong van hierdie ou gesegde  :notworthy:

En so verduidelik Joe (Johann Mulder): Dit kom van die ou lusernpresse wat bale gemaak het. Daar was so houtblok wat op 'n sekere plek in die pres gegooi is om die bale ewe lank te maak.

Die houtblok het gleufies in gehad waardeur die drade gesteek is om die bale vas te maak en as jy stadig was dan worre die bale lank want die blok worre te laat ingegooi en dieselfde gebeur as die lusern dik was en die blok worre laat ingegooi, dan was die bale te lank en dan was dit *flopoppie  

*gesensor  :toothy4:
Title: Re: Die blok is benoud
Post by: PM on April 18, 2012, 03:53:32 PM
Dankie vir die deel Raaitjie en Joe.  Hoe verlang ek nou plaas toe. 
Title: Re: Die blok is benoud
Post by: adele on July 17, 2012, 08:30:21 PM
oulik, eerste keer wat ek hiervan hoor

 :grommit:
Title: Re: Die blok is benoud
Post by: PM on July 17, 2012, 08:37:01 PM
"flopoppieoutoppie" want Pa het jou laat les opsê!  :icon_biggrin:
Jy moes jou voete warm gemaak het in die kuilvoersilo!
Title: Re: Die blok is benoud
Post by: PM on September 08, 2012, 08:24:32 AM
Ai, ek ruik nounog daardie reuk in my geheue.  Ons het gister gaan kompos soek vir die tuin en toe sien ons hierdie groot hope waaruit die stoom trek.  Dit het my ook aan die kuilvoer op die plaas laat dink. 
Title: Re: Die blok is benoud
Post by: Meraai vannie Baai on September 08, 2012, 10:10:59 AM
Snaaks hoe reuke 'n mens kan terugvoer na sekere tye in jou lewe ne!
Title: Re: Die blok is benoud
Post by: PM on September 08, 2012, 10:57:00 AM
Jy is so reg.  Kaiings braai en pannekoek bak.  Dit is asof die "atmosfeer" van die okasie jou mure omring en dit plaas jou "slap bang" in die middel.  Soms kan dit soveel nostalgie meebring. 
Title: Re: Die blok is benoud
Post by: Meraai vannie Baai on September 08, 2012, 10:59:57 AM
En soos nou, die reuk van moerkoffie wat gang af sweef hier in die pandokkie - hou jou koppie ek gooi in  :icon_biggrin: dan droom ons verder oor die reuke uit vergange se dae.
Title: Re: Die blok is benoud
Post by: PM on September 08, 2012, 11:05:31 AM
Skink my sustertjie skink!  Jy kan saggies nader sluip in die nag en so 'n koppietjie langs my bed neersit dan is ek wakker met 'n lied in my hart, voordat jy omdraai en weg stap.   Moet dan nie verbaas wees as jy 'n klapsoen kry nie.  :hello2:

Vicks.  Wat 'n reuk!

Title: Re: Die blok is benoud
Post by: Meraai vannie Baai on September 09, 2012, 12:21:54 AM
Hene man nou dat jy van vicks praat. Ek het so toonnael skeet, en die medikasie daarvoor werk teen die rottegif. Lees ek anderdag dat 'n verpleegsuster by 'n versorgingsoord altyd die oumensies met borsprobleme so 'insmeer' met die vicks. Dan smeer sy sommer die ou voetetjies ook en eendag toe sy weer kyk het al die seer tone verbeter! Ek druk dit sommer so onder die naels ook in en smeer bo op en binne dae is dit beter en daai kloppende pyn verdwyn binne ure na jy dit aangesit het  :notworthy:
Title: Re: Die blok is benoud
Post by: PM on September 09, 2012, 09:18:58 AM
My ouma, ek praat altyd van haar as "die kinders se Oumagrootjie" het altyd so na vicks geruik.  Sy het ook al 'n paar jaar gelede gegroet, maar wat 'n lieflike mens.  Toe ek die dag vir Ouma Naas ontmoet het, het ek sommer weer my eie oumatjie terug gevind.  (Nie dat Ouma Naas na Vicks ruik nie hoor.)  :icon_biggrin:

Die slim mense sê dat Vicks vinniger deur die voetsole geabsorbeer word. 

Ek sal beslis daardie raat onthou.  Hannes se vingervelletjies is geneig om in te skeur, as dit vir toonnaels werk sal dit beslis ook daarvoor werk.  Hy gebruik altyd "Lipice".
Title: Re: Die blok is benoud
Post by: PM on July 25, 2013, 05:31:51 AM
"Winter green", wie onthou daardie reuk.  Dit is gebruik vir seer spiere, of wanneer jy 'n enkel verstuit het. 
Title: Re: Die blok is benoud
Post by: Meraai vannie Baai on October 09, 2019, 06:37:24 AM
Winter green kan ek nou om die dood nie onthou nie maar daar was 'n ander salf wat my ouma gebruik het vir skeet en kwaal wat net soos daardie pienk kougom geruik het. Wonder ek of iemand dalk 'n naam kan koppel aan die reuk?  :icon_bigsmurf:

Title: Re: Die blok is benoud
Post by: Naas on October 09, 2019, 09:51:54 AM
Wiks kougom. Die een met die Amerikaanse vlag papiertjie rondom.
Die wiks kougompies het my gat onnodig laat brand. Ons mag nie kougom geeet het nie. Die eerste keer wat ek die wiks eet vang my pa my. Dis mos toe dat my agterent vlamvat...



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die blok is benoud
Post by: Meraai vannie Baai on October 09, 2019, 11:07:58 AM
Giggel met respekte. Dankie Naas - dit is ynste daardie ene. Nou probeer ek op die naam kom van die salf wat so geruik het. Dit maak jou vel eers koud en dan warm. Jinnetjie tog, waarheen verdwyn mens se geheue?  :icon_scratch: :munky2:
Title: Re: Die blok is benoud
Post by: Naas on October 09, 2019, 04:21:28 PM
Praat jy van deep heat?

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die blok is benoud
Post by: Meraai vannie Baai on October 09, 2019, 10:47:01 PM
Ynste ynste. Daardie reuk het my altyd laat dink aan die kougom  :headbang: hoekom weet ek nie. Snaaks hoe sekere reuke 'n mens terugvoer op paaie wat jy al vergeet het. PM se opmerking het my ook gister bietjie dieper laat delf oor wintergreensalf en ek het verstommende inligting gekry. Nooit voorheen besef dat selfs net 'n salf, bloedverdunners se uitwerking kan beinvloed nie. Die gevare wat jou dokter jou nie vertel nie...