Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Voorstelle => Topic started by: Bestuur on May 08, 2011, 09:14:02 AM

Title: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: Bestuur on May 08, 2011, 09:14:02 AM
Hier gaan nou dinge gebeur.  Die eerste werk (kan dit seker nie 'n bundel noem nie) moet nou in boekvorm kom. 

Wat is die doel met die boek?  Ons weet almal dat niemand gaan geld maak nie. 

Ek wag vir voorstelle.  Hoe gaan daai boek lyk?  Wat kom alles daar in?  Spookstories, Karel Grootlieg, ander stories, gesegdes, gedigstrukture en gedigte?

Slapband of hardeband?  Dof of blink?  Hoe bepaal ons wie betaal hoeveel? 

Help asseblief. 


Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: Angelica on May 08, 2011, 04:28:29 PM
Ekskuus die Engelse woord, maar 'exciting' is die eerste woord wat in my gedagtes opkom.
Ek het beslis nie fondse om my eie bundel te publiseer nie. Hierdie is die ideaal.

'n Voorstel: Elkeen kry 2 bladsye en daarmee kan hy doen wat hy wil. (Twee bladsye is net 'n voorstel. Dit kan meer of minder wees).
As elkeen 2 bladsye het, is dit maklik om die kostes vir elk te bereken. Bv. R100 per skrywer.
Die bestuur kan dan met die 'kitty' besluit of dit hardeband glans of sagteband standaard sal wees.
Sal elke deelnemer 1 boek ontvang?



Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: Trapsoetjie on May 09, 2011, 09:07:08 AM
Ek sien, ek houvan, ek luister.

Dit klink na 'n baie oulike plan.

Die kostes kan ons ook so verdeel in hoeveel bladsye gebruik gaan word. Vind eers uit wat dit gaan kos om 'n boek te druk, bv..met 100 bladsye, deel dan die kostes uit in hoeveelheid baldsye. Die voorblad sal natuurlik verdeel word in die hoeveelheid skrywer deel neem.

Dan is die belangriste (uit ondervinding) wie gaan die boek bemark? Digbundels is nie die maklikste boek om te verkoop nie.
Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: Jeannedarc on May 09, 2011, 09:27:20 AM
dit klink vir my na 'n goeie idee. Groep 7 drukkers is baie billik en 'n mens kan daar van 5 tot 5000 boeke laat druk. my eerste bundel wat ek self uitgee en wat ongeveer 80 bladsye is het my R23 per boek gekos, A5 grootte en die voorblad is in kleur maar nie glans nie. ek dink dat twee bladsye strakkies 'n bietjie min mag wees - van my gedigte is drie of vier bladsye, miskien moet die wat belang stel in die boek se hoeveel bladsye elkeen wil he en dit sal dan ook bepaal hoeveel elk sal moet opdok. ek dink dat ons genoegsame kennis het om die grootste deel van die werk self te kan doen - die uitleg, grafika en so meer wat ons sal bespaar op koste.
Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: PM on May 09, 2011, 09:51:05 AM
Baie dankie vir julle insette.

Hoe meer skrywers ons het,  hoe goedkoper gaan die drukkostes wees dus.  Wie ken nog skrywers wat ons kan vra om te kom deelneem?   

Ek het baie navrae gekry oor Engelse gedigte.  Wat dink julle daarvan dat ons 'n Engelse afdeling skep en ook Engelse gedigte in die boek opneem? 

Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: Fransi on May 11, 2011, 10:18:49 AM
 :hello:

'n Mens sal dan ook net iemand moet kry om dit te proeflees- so dit sal ook by die kostes ingesluit moet wees. Ek weet Ann Hiemstra doen o.a redigeringswerk en as ek reg onthou is sy ook baie billik met haar pryse. Dit sal lekker wees om 'n kort-kortverhaal afdeling in te hê. Plus minus 1000 woorde?
Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: PM on May 11, 2011, 10:31:30 AM
Natuurlik!  Die kortverhale kan langer ook wees of wat dink julle.

Ek weet beloftes is beloftes en die wat daarop wag word gekul,  maar ek het 'n bolofte van 'n uitgewer, natuurlik op voorwaarde dat die standaard reg is.  Dit sal ook nie 'n ewigheid neem om die ja of nee te kry nie. 

Ek is hard besig om te werk aan die inhoudsopgawe. 

Fransi,  as die uitgewer die boek sal druk,  sal hulle natuurlik ook die proeflesing behartig.  Soms kan dit 'n groot kopseer raak,  want proeflesers verstaan nie altyd digters en skrywers se koppe nie.  Intussen kan ons almal saamwerk om die werk wat hier geplaas word reg te maak.  Ek persoonlik glo die werk is van goeie gehalte. 
Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: Gawelina on May 12, 2011, 06:27:05 AM
Irma Mey (Irene) doen my proefleeswerk en bladuitleg en Groep 7 drukkers doen al my drukwerk.  Ek is baie in my skik met die diens en die kostes is bekostigbaar.  Irma is uitstekend met sulke goed.  Sy bly ook naby Groep 7 drukkers en werk baie nou saam met Illette.  Ek kan hulle aanbeveel.  Irma is 'n taalkenner en self 'n skryfster.  Kontak haar.
Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: PM on May 12, 2011, 06:39:11 AM
Ek sal 'n draai daar by haar gaan gooi en met haar gesels, dankie Gawie. 

Kan julle asseblief help met die inhoudsopgawe en net min of meer sê wat julle graag in die boek wil hê,  dit is nou van julle eie werk.  As dit moeilik is probeer bepaal hoeveel bladsye elkeen wil bespreek. 

Ouens,  ek het gevra hoe voel julle oor 'n tweetalige boek.  Gawie se storie is in Afrikaans en Engels.  Ek dink ook dit sal 'n groter mark teiken as ons Engelse werk ook het.  Kom vertel nou vir my wat dink julle daarvan,  groot asseblief. 

Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: Fransi on May 12, 2011, 07:53:51 AM
 :hello:

Wat van 2 Afrikaanse en 2 Engelse gedigte elk, asook 'n kortverhaal (Engels of Afrikaans)indien so verlang?
Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: PM on May 12, 2011, 08:21:52 AM
Dankie vir jou insit Fransi. 

As elke skrywer kan sê hoeveel werk hy/sy het om voor te lê, hoeveel Afrikaans en hoeveel Engels,  hoeveel gedigte en hoeveel stories van hoe lank, dan kan ons min of meer bepaal hoeveel bladsye daar is en dan kan ons min of meer 'n prys kry. 

Wie wil sketse of grafiese werk by hulle werk hê? 
Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: Fransi on May 12, 2011, 01:06:51 PM
 :hello:

Dankie PM. Ek is tans besig met 'n skilderytjie en die gedig daarvoor is reeds geskryf, maar met werk saam vorder die prentjie maar stadig. As ek mag, sal ek graag die twee saam wil insit- of dalk net die skildery, want die woorde van die gedig gaan op die skildery ook wees. Verder weet ek nie watter gedigte en stories om in te sit nie, want ek het my bestes vir die Woes-kompetisie ingeskryf en een van die bepalings en voorwaardes het gesê dat 'n mens dit dan nie êrens anders mag publiseer of stuur vir ses maande nie. Is ek die enigste een met hierdie probleem? Indien die bundel binne die volgende ses maande gaan gebeur kan ek wel die sklidery met sy Afrikaanse gedig gee en een of twee Engelse gedigte, maar nie 'n storie nie.

Ek is nou so nuuskierig en opgewonde om almal se werke te sien. :-)
Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: PM on May 12, 2011, 02:15:42 PM
Ek glo nie dit sal minder as ses maande neem om die boek saam te stel nie Fransi.  Ek is ook seker dat die voorwaarde ook net geldig is tot al die wenners aangekondig is.  Indien  van die werk wat dan voorgelê is inkom,  moet ons dit net verwyder.  Dit gee die skrywers ook kans om iets in die plek daarvan te skryf. 

Ek het ook prentjies met die gedig daarop geskryf.  Dit is nie nodig om die gedig dan weer te plaas nie,  tensy dit effens onduidelik is,  maar dit bly nog die skrywer se keuse. 

Ek wil ook graag gedigstrukture in die boek behandel en al die voorbeelde wat ek gebruik, met julle toestemming natuurlik, sal ek self betaal. 

Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: Angelica on May 12, 2011, 07:15:28 PM
Hoeveel werk - Ek sal 3 Afrikaans en 1 Engels gedigte insit. Dan weet ek van iemand wat ongelooflike werk in Engels doen. Die persoon skryf nie hier nie. Ek dink ook dit sal die blootstelling verbreed as ons in albei tale doen. Ek sou ook darem van die werk wat ek ingeskryf het vir die Woes kompetisie wou insit in hierdie bundel / boek, want dit was van my persoonlike bestes wat ek tot dusver kon doen. As dit ongeveer 6mnde gaan neem om te publiseer, dan is dit goed.
Dankie PM dat jy dit vir my, en ek is seker hier is nog wat so voel, kan bring. Ons moet net glo dat dit wel gaan realiseer. Intussen sal ek skaaf en skuur aan my pogings om dit waardig genoeg te maak vir 'n deeltjie in die boek.
Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: Fransi on May 13, 2011, 07:19:17 AM
 :hello:

Dan is dit goed. Ek glo die gedigstrukture sal 'n wenner wees. :-)

Soos Angelica sê: Dankie vir die wonderlike geleentheid.
Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: PM on May 13, 2011, 08:50:47 AM
Dankie vir julle ook.  As dit nie vir die lede is nie sal die forum nie bestaan nie. 

Dit gaan 'n mooi boek wees om op trots te wees.  Ons het ook die "help mekaar" hoekie waar ons gedigte of stories kan plaas as ons wil hê almal moet voorstelle maak om ons werk te verbeter en uit die aard van die saak sal dit help met die proeflees ook. 

Nooi die persone wat Engelse gedigte het en dan kan hulle dit in hul eie plekkie plaas. 

Ek het 'n vriendin wat in Holland woon en sy vra of sy asseblief ook kan bydraes maak in Nederlands.  As iemand besware het moet hulle asseblief kom praat. 
Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: Angelica on May 13, 2011, 07:26:32 PM
Absoluut, PM. Natuurlik kan jou vriendin ook haar bydrae maak. Ek is seker niemand sal beswaar he nie. Hierdie boek is al lankal 'n droom van jou. Go for it, girl. Ons gee ons beste pogings vir jou.
Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: PM on May 14, 2011, 07:35:27 AM
Baie dankie Angelica.   :love7:

Daar het soveel ander verpligtinge in die ry gestaan,  nou het ek die geldjie onder die matras en niemand gaan dit kry nie.  Net ons vir die boek!   :hello2:

Marion is tans met verlof,  sy sal binnekort terug wees.  In Holland is 'n hele paar bydraes van haar in vrouetydskrifte opgeneem. 
Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: Fransi on May 14, 2011, 08:34:55 AM
 :hello:

Dit sal so lieflik wees.

Ons is tans besig om 'n huis te koop en daar bly goeters opduik ( o.a 'n stofsuier, grassnyer- ek het per ongeluk die klein grassnyer gebreek/uitgebrand ens.), maar sodra ek einde van die maand sien of daar 'n geldjie oor is, sal ek inbetaal, sodat ek ook hier kan plaas. :-)
Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: PM on May 14, 2011, 08:16:58 PM
Fransi,  ek glo dit gaan nog maande neem.  Daar sal genoeg tyd wees om elke maand 'n ietsie weg te sit vir 'n blaadjie of twee of drie. 
Huiskoop is nie pêrekoop nie!   :icon_biggrin:  Daar gaan nog 'n lelike klomp goggas hul koppe uitsteek!  Laat hierdie ou tannie maar nou vir jou vertel!  Dit is elke sent die moeite werd!  Ek persoonlik glo dat 'n eiendom die beste belegging is wat 'n mens kan maak!  Ploeg my liefie en saai diep!  Julle sal die vrugte pluk! 
Mag ek die eerste ou wees wat sê:  Hartlik geluk!  Nou sal julle vir die eerste keer belê in jul eie belange!  'n Mens kan altyd nog later 'n bydrae maak tot 'n boek, of selfs jou eie boek uitgee.  Nou moet jy eers jou voet in die deur sit en jou "kleim" afbaken. 

Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: PM on May 18, 2011, 08:08:31 AM
Julle, ek wens julle kan dit sien!!!!!     Ons het gister die eerste proewe gedoen met een van die gedigstrukture.  Dit is fantabbilooslik mooi!  Ek is soooo opgewonde!   :hello2:

A 4 grootte  ('n folio) op sy sy,  noem ons mos "Landscape".
'n Foto van 'n sonsondergang,  dof en dit lyk soos 'n waterverf skildery,  met die woorde in roesbruin daaroor geskryf. 
Gee kans,  ek sal probeer om 'n foto te neem en dit op te sit sodat julle kan sien hoe dit lyk.

Die boek sal in volkleur wees en elke skrywer wat deelneem kan sy eie kunswerk kies vir die agtergrond. 

Ek is besig om te onderhandel vir die beste prys en sal dit deurgee sodra ek die finale woord gekry het.  Die ouens wat dit self op pdf kan plaas of iemand anders het wat kan help, kan dit natuurlik self doen. 
Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: Fransi on June 15, 2011, 09:06:49 AM
 :hello:

Jammer PM dat ek nou eers jou mooi woorde sien. Baie dankie. Dit is heerlik sover, maar baie harde werk en soos jy sê duik daar die heel tyd iets op. Ons het nou al soveel dinge ontdek wat onder al die boskasies weggesteek was. :-)
'n Ordentlike heining is die eerste prioriteit op die oomblik. Ek het geen idee gehad dat 'n heining so baie kan kos nie, maar dit is alles goed, want dit is vir ons eie plekkie. Ek kan nie wag vir die tyd wat ons met die kreatiewe deel kan begin nie- soveel idees. :-)

Ek is baie opgewonde om die foto te kan sien.
Title: Re: Die Afrikaanse Forum se eerste boek.
Post by: PM on June 16, 2011, 01:17:35 PM
Harde werk maar groot vreugde! 

Ons is nou met vakansie tot die einde van die maand.  Sodra ek tuis is kom plak ek 'n foto'tjie of paar.   :icon_biggrin: