Die Afrikaanse Forum

Die Klaskamer => Hoe werk die program? => Topic started by: Meraai vannie Baai on March 16, 2012, 08:59:58 PM

Title: PhotoScape (10) Cartoon funksie
Post by: Meraai vannie Baai on March 16, 2012, 08:59:58 PM
Prettige funksie vir daardie spesiale 'mylpale' wat kabouters bereik! Weereens uit die filter skakel se reeks, kies jy Pictorialization en daaruit weer cartoon

Vir die skrif: Object (kies T, en grootte/soort skrif ens.) skryf in die blokkie en skuif dan rond op foto waar jy dit wil plaas.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/047a.jpg)

*hierdie funksie kan ook gebruik word as daardie spesiale oomblik nie te duidelik uitgekom het nie. Nadat jy die cartoon funksie gebruik het, stel jy by 'bright, color' die  'contrast' effens na regs en by 'bloom' kies jy een van die opsies wat jou foto die beste laat vertoon. Met die druk van 'n paar knoppies is die spesiale oomblik gered om in kleinding se boekie uitgestal te kan word  :hello:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Virforumvoorbeeld.jpg)
Title: Re: PhotoScape (10) Cartoon funksie
Post by: Ah Willa on March 18, 2012, 03:11:17 PM
Dis te oulik - 'n opvreet gesiggie!

 is PhotoScape 'n gratis program??

Dieselfde funksie is ook met The Gimp beskikbaar wat wel 'n gratis open source program is - werk op meeste platforms soos Microsoft, Linux en Apple Mac ...

Title: Re: PhotoScape (10) Cartoon funksie
Post by: Meraai vannie Baai on March 19, 2012, 03:53:53 AM
Willa dit is gratis beskikbaar maar werk ongelukkig nie op Mac nie. Sal biekie gaan loer na die ene wat jy gebruik. Ek is maar treurig om ietsie baas te raak - soos PM altyd so mooi beduie, ek verstaan vinnig as jy laaaaank verduidelik  :icon_bigsmurf: PhotoScape verbaas selfs my twee 'designer-kinders' met sy eenvoudigheid.
Title: Re: PhotoScape (10) Cartoon funksie
Post by: PM on March 19, 2012, 09:59:10 AM
Ai, dit is 'n mooie klein prinsie Raaitjie.  Dankie vir die deel van nog 'n prag-funksie. 
Ja, ek verstaan gou as julle lank verduidelik, want ek is mos my ma se "spesiale" kind.  :icon_biggrin:
Ek wens ek kon so "gou" vergeet het ook, maar dit gebeur baie vinniger.  :crybaby2:
Title: Re: PhotoScape (10) Cartoon funksie
Post by: Ah Willa on March 19, 2012, 01:08:02 PM
Dit is goed - daar moet meer vrye programme beskikbaar wees vir almal - en die wat meer in details met design wil gaan kan maar die duurder programme aanskaf :-)

The Gimp neem bietjie dinkwerk - dis nie vanself sprekend of ooglopenend nie - maar daar is baie hulp bronne beskikbaar en ek sal ook graag help waar ek kan ...
Title: Re: PhotoScape (10) Cartoon funksie
Post by: Meraai vannie Baai on March 20, 2012, 02:34:53 AM
Dankie vir die mooi komplimente julle. Ons harte se punte die kleingoed ne. Die prinsie op die wittroon was vir ons almal DIE mooiste gesig en grootste verligting - tot daai dag het hy verseg en amper stuipe gekry as jy hom net naby 'n toilet wou bring. En terwyl hulle hier kuier by my vir 9 slapies, se hy baie benoud vir ouma, hy het nou daai witgevaarte dringend nodig en walla ... die ogies rek en hy verbeel hom hy is regte prins  :love7: Wil hy net papier afrol en moet ons keer. Net biekie liefie - anders maak hy soos Naas se kopsere by die skool  - gebruik sommer hele rol vir die netelige takie en trek alles deur sy sitvlak  :icon_biggrin:

Willa ek glo dat jy wonderlike raad sal kan gee met jou program. Sal kom aanklop vir hulp hoor  :notworthy: :hello2: