Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Die Inligtingkantoor => Topic started by: Naas on March 11, 2012, 02:30:05 PM

Title: Oppas vir Faceboek
Post by: Naas on March 11, 2012, 02:30:05 PM
Net 'n stukkie Faceboek raad.
Wanneer jy enige skryfwerk of digwerk of fotos op Faceboek plaas doen jy afstand van jou regte op daardie plasing. As jy hierdie werke van jou publiseer kan Faceboek jou dagvaar vir die winste omdat die werk nie meer aan jou behoort nie. As jy die fynskrif in hul voorwaardes deurgelees het toe jy aangesluit het sou jy weet dat Faceboek gratis is maar alles wat jy daarop plaas word outomaties die eiendom van Faceboek.
Ek het meeste van my werk daar gestoor onder "notes". Ek gaan dit verwyder maar dit bly op FB se databasis en sal nooit weer myne wees nie.  :pottytrain5:




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Oppas vir Faceboek
Post by: PM on March 11, 2012, 02:52:19 PM
Sulke helle!  Gelukkig het ek nie werk daarop nie en niemand sal 'n foto met my bakkies daarop wil koop nie.  :toothy4:
Title: Re: Oppas vir Faceboek
Post by: Naas on March 11, 2012, 04:05:37 PM
Ek sal. Wou nog 'n paar van my fotos lamineer om teen die toiletdeure te hang (hou die vliee weg) maar nou sal ek nuwes moet neem.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Oppas vir Faceboek
Post by: Angelica on March 12, 2012, 03:48:55 AM
Dankie vir die waarskuwing, Naas.
Sal jy asseblief ons ander vriende ook waarsku, asseblief, soos Adele, Ammie, MCE (Marie Bredenkamp), Franscois Viljoen.

Title: Re: Oppas vir Faceboek
Post by: Ah Willa on March 12, 2012, 03:19:36 PM
Dis hoekom dit goed is om dit op Woes te plaas en vandaar te deel - want al is dit op facebook gedeel - is dit nie op Facebook geplaas nie

maar ja - mens moet so versigtig wees wat jy deel en wat nie ...
Title: Re: Oppas vir Faceboek
Post by: Meraai vannie Baai on March 14, 2012, 03:11:59 AM
Gou gaan loer wat is die fynskrif wat my laat kopkrap op FB:

You own all of the content and information you post on Facebook, and you can control how it is shared through your privacy and application settings.

In addition: 1. For content that is covered by intellectual property rights, like photos and videos (IP content), you specifically give us the following permission, subject to your privacy and application settings: you grant us a non-exclusive, transferable, sub-licensable, royalty-free, worldwide license to use any IP content that you post on or in connection with Facebook (IP License). This IP License ends when you delete your IP content or your account unless your content has been shared with others, and they have not deleted it.


Title: Re: Oppas vir Faceboek
Post by: PM on March 15, 2012, 06:45:56 AM
Dankie vir die inligting Raaitjie.  Dankie Naas.  Julle is sterretjies.
Title: Re: Oppas vir Faceboek
Post by: Ah Willa on March 18, 2012, 02:34:12 PM
Ek het meeste van my gedigte en notas van Facebook verwyder ... nou deel ek dit vanaf my webtuiste of Woes ...  anders deel ek dit met 'n image met copyright duidelik in plek -

ek verstaan hoekom Facebook dit moes bysit by die voorwaardes om Facebook te mag gebruik - want anders kan hulle heeltyd gesue word as iemand jou werk "share" wat jy op jou wall gepost het of op jou page gepost het ... hulle kan nie beheer uitoefen oor wie deel wat van jou nie ... anders moet hulle al die "share" buttons disable ... dit disable Facebook se funksie ...


dis maar nog steeds goed om mooi te dink wat jy waar op die internet plaas ... soos hierdie is 'n privaat forum en dus veilig ... publik forums soos Facebook/Twitter/Google+ post dit liewers vanaf jou blog of Website na die social media of wees bereid om dit te laat gaan ... so deel minder belangrike werke wat nogsteeds mense na jou webtuiste/blog sal trek (so tussen hakkies - as julle webtuistes met 'n blog nodig het ... Andre en ek bied 'n goeie diens aan met billike pryse ... dink nie julle sal beter op die mark kry nie :-)
Title: Re: Oppas vir Faceboek
Post by: Anicia on October 23, 2013, 01:48:14 PM
O gaats! Ek lees nou jul vermaning, maar ek is bevrees dan is dit te laat vir 2 van my stories. Ek het dit deur fb op die Skrywersblad geplaas. Ai toggie tog!   :icon_scratch:
Title: Re: Oppas vir Faceboek
Post by: Anastasia on June 17, 2015, 12:06:02 PM
Julle laat my nou ook groot skrik.  Ek het baie van my gedigte, soos Naas noem, op my facebook blad onder my notes.  Sjoe.  Ek het egter net 68 vriende, my eie keuse so.  En ek het streng opdrag vir hulle dat NIKS op my blad geshare mag word nie.  Verder pas ek streng veiligheid daar toe op my gesiggieboek werfie.  Daar is alarms, lasar strale, groot honde, diefwering en veiligheidspolisie.  Ek dink nie dit kan veiliger nie.   :glasses7: :police:
Title: Re: Oppas vir Faceboek
Post by: PM on June 22, 2015, 10:43:38 AM
 :icon_biggrin:  Ja-nee, ek dink met al daardie sekuriteit is jou werk veilig. 
Dalk kan jy net nog 'n paar kameras laat instaleer.   :bootyshake:
Title: Re: Oppas vir Faceboek
Post by: Anastasia on June 22, 2015, 10:46:29 AM
Lekker lag ek nou vir jou, Pietta Magrietta!  Jy is steeds lief vir die 'boude' icon.  Ai, ek het so baie aan julle gedink en verlang.  So so baie, as julle maar net weet.
Title: Re: Oppas vir Faceboek
Post by: PM on June 22, 2015, 11:02:53 AM
Ek dink jy sal ook oral op die forum optel oor hoe ons na jou verlang het en gewonder het hoe dit met jou gaan.
Ek is baie bly jy is terug.   :icon_cheers:   en ja. . . ek swaai nog die boude, maar ek moet mooi kyk,   :pottytrain2:  as ek oorhaastig raak dan gryp ek die verkeerde een.   :toothy4:
Title: Re: Oppas vir Faceboek
Post by: Anastasia on June 22, 2015, 11:12:38 AM
Ek het gesien julle het my gevilang!  Is die rooi boude vir boude wat gatslae gekry het?  Hie hie   :toothy2:
Title: Re: Oppas vir Faceboek
Post by: PM on June 22, 2015, 11:19:12 AM
Ek weet nou nie of ek dit kan seg en of dit toelaatbaar is nie en of dit reg is nie, maar ek het gehoor die kinders sĂȘ "ek gooi vir jou 'n nool".  Dit is wat ek verstaan het dit beteken.   :snorting: