Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Hoendergeregte => Topic started by: Trapsoetjie on February 08, 2012, 11:53:36 AM

Title: Soet Suur Hoenderstukke
Post by: Trapsoetjie on February 08, 2012, 11:53:36 AM
Soet Suur Hoenderstukke

Bestanddele:

Hoender stukke (dye)
1 Koppie blatjang
1 Koppie mayonnaise
1 Koppie bruin uie sop (Meng met 1 koppie kook water)

Hoe nou gemaak?

Meng eers die bruin uie sop met die Koppie kook water, voeg dan al die ander bestanddele saam, behalwe die hoender.

Plaas die hoender in 'n oondbak en gooi die sous oor die hoender.

Bak vir 'n 1 uur.

Bedien met rys.

.........................................EN GENIET...................................................................

Die hoender is so 2 stukke per persoon. Mens kan tot 16 stukke in pak met die sous. Daar gaan net nie baie sous wees nie. So, as jy meer sous wil hê verdubbel die mengsel net.

Ek het dit nog nie met borsies gemaak nie, maar ek glo dit sal heerlik wees, veral as daar baie sous is.

 :angel12:
Title: Re: Soet Suur Hoenderstukke
Post by: PM on February 08, 2012, 12:55:01 PM
Dit klink smaaklik en maklik om te maak.  Dankie Trappies.
Title: Re: Soet Suur Hoenderstukke
Post by: Fransi on February 08, 2012, 01:49:45 PM
 :hello:

Nou verlang ek so terug na my kinderdae. My ma het gewoonlik Sondae hierdie hoender vir ons gemaak. Een van die min etes (dae) wat ons bedrywige huisgesin altyd saam geëet het. Lekker!
Title: Re: Soet Suur Hoenderstukke
Post by: Meraai vannie Baai on April 15, 2016, 01:05:39 AM
My moederlief het dieselfde resep vir ons gemaak maar dan het sy soutskyfies (hoendergeur) fyngekrummel en bo oor gestrooi. Die sousie het dan so deurgekook. Mannemarak! Ons het skelm vingers afgelek  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Soet Suur Hoenderstukke
Post by: PM on April 19, 2016, 11:01:37 AM
Oor die 5000 kere gelees.  Ek wonder hoeveel lesers het die resep gemaak?  Andrew het nou die aand geskakel.  Dit gaan goed met hulle. 
Title: Re: Soet Suur Hoenderstukke
Post by: Meraai vannie Baai on April 20, 2016, 10:03:13 AM
Wonderlike nuus PM! Yep ek wonder hoeveel ouens het gemaak, wens hulle wil kom wys  :hello2:
Title: Re: Soet Suur Hoenderstukke
Post by: PM on July 22, 2016, 06:48:12 PM
Ek het al baie gewonder of Afrikaners maar net lui van geaardheid is.  Jammer om dit so blatand te sê.  Mense stel net nie belang om 'n antwoord te gee nie.
Goeie genade, dit neem net 'n oomblik.
Ek daag almal wat hier lees om 'n antwoord te gee!