Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Groot koeke => Topic started by: PM on January 30, 2012, 01:07:35 PM

Title: Wortelkoek
Post by: PM on January 30, 2012, 01:07:35 PM
Wortelkoek

Bestanddele:

1)  Klits goed saam,
     2 Koppies suiker
     1 en 'n halwe koppie olie
     4 eiers

2)  Sif saam
     2 en 'n halwe koppie meel
     'n Kwart telepel sout
     3 telepels bakpoeier
     3 telepels fyn kaneel
     1 telepel koeksoda

So maak mens:

Voeg nommer 1 by nommer twee en meng dit goed.
Voeg 3 koppies fyngerasperde geelwortels en 'n halwe koppie fyngekapte neute by.
Meng weer goed deur.
Gooi die mengsel in twee gesmeerde koekpanne en bak by 180 grad C of 350 grade F
tot gaar. 
Laat afkoel op 'n draadrak.

Vulsel:

Meng die volgende saam:
125 gram botter
1 Koppie versiersuiker
1 Telepel vanilje geursel
1 Bakkie gladde Cottage cheese

Smeer dit tussen die twee lae en bo-op die koek.
Title: Re: Wortelkoek
Post by: Chichi on January 30, 2012, 08:52:57 PM
mmmm ek wil die probeer
Title: Re: Wortelkoek
Post by: Fransi on February 02, 2012, 02:08:05 PM
 :hello:

Njam-njam. Dit is juis my gunsteling koek.
Title: Re: Wortelkoek
Post by: Trapsoetjie on February 03, 2012, 12:38:38 PM
Kan ek dit ook maak in 'n ronde bak die een met die gat in die middel?
 :angel12:
Title: Re: Wortelkoek
Post by: PM on February 03, 2012, 05:43:35 PM
Jy kan seker, dit is 'n laagkoek, het jy twee van daai gatterige goed?
Title: Re: Wortelkoek
Post by: Angelica on February 03, 2012, 07:31:24 PM
Wortelkoek is my favourite. Maar die icings is te dik en soet.
Sondag gaan drink ek en 'n vriend koffie by M&B hier in Durbanville. Wat 'n heerlike wortelkoek. Baie neute in en heerlik klammerig.
Ons het elk 'n halwe sny daarvan en 'n halwe sny lemon meringue en 'n blob roomys gehad. (Het myne Maandag saamgevat werk toe. Sonder die roomys natuurlik. Sondag ge-eet.  Roomys laat my ore jeuk). Met water en ietsie koud.  Die koffie moet maar oorstaan tot winter. Dit is nou te warm in die Kaap.
Wortelkoek is beslis my favourite.
Ek het 'n stoof. Met 'n oond. Ek bly al langer as 'n jaar hier en ek weet nog nie of die oond werk nie. Wat se dit?  Ek het nog nie gebak en gebrou nie.  (Dit is nou al heelparty jare dat ek nie kook en bak nie).  Ek is te bang die ding gaan ontplof as ek die knoppie draai.  Dalk het die kokkerotte al 'n klein dorpie gemaak binne-in.
Title: Re: Wortelkoek
Post by: PM on February 03, 2012, 09:50:55 PM
Ek dink nie dat hierdie te soet sal wees nie, want jy gebruik Cottage cheese. Dalk is dit die ideale geleentheid om te kyk hoeveel "kok-kroathes" uitpeul!   :icon_biggrin:
Dalk is ek so hansgat om hierdie koekie te bak vir wanneer jy Sondag kom kuier. 
Ons het 'n heerlike ontbeende varknek gekoop.  Andrew is 'n boffin met die rook en voorbereiding daarvan.  As ek nou 'n paar gebakte aartappels, 'n lekker spinasiedis met geurige rys en pampoenkoekies voorsit, kan dit dalk net 'n wenner wees.  Bring maar jou sooibrandpilletjies saam.   :icon_biggrin: Hê-hê, ek is nie die beste kok in die wêreld nie. 
Title: Re: Wortelkoek
Post by: Trapsoetjie on February 03, 2012, 09:56:30 PM
Nee ek het net een van daai gaatgoeters..  :icon_biggrin:

Hoelank moet dit in die oond? Of is ek weer blind en kyk ek dit mis.

Lekker nou kan ek eers nie wag vir Sondag nie. Jy moenie jouself so afkraak nie, jy maak ongelooflike lekker kossies. Wat sal ek saam bring? Behalwe lekker rooi koeldrank  :toothy4:
 :angel12:
Title: Re: Wortelkoek
Post by: Angelica on February 04, 2012, 05:00:46 AM
Klink of ek vir ete genooi is.  Dankie..
Louis, jy het nou nie verlede Sondag lyn natgemaak in die sloep nie.  Bring daardie stok en rooiaas dan soek ons 'n kabeljou.
Sal dit nou nie lekker wees as ons almal kan gaan visvang en dan varknek eet by PM se Plek in die Wolke.
Gaan Naas weer chicken wees?
Wat  bring ek?  PM, ek sal die pampkjin fritters bring.  Nee, dit kom nie uit my kombuis nie, dit kom uit Woelies se kombuis.
As ek 'n wortelkoek moet bak, moet ek eers die plaatjies en die meel en en en  moet gaan koop en dan is daar nie plek in my huis vir myself nie. :dontknow:
Sal maar bly by Woelies se mikrogolfbare disse.
Title: Re: Wortelkoek
Post by: PM on February 04, 2012, 10:21:51 AM
Natuurlik is jy genooi vir ete, Louis en Naas is ook welkom en WW en wie is nog hier naby?
Bring maar net 'n drinkdingetjie, ons het tee en koffie, en ja, water ook.   :icon_biggrin:
Ons het alles hier om te bak en te brou.  Daarvoor het Ouma Naas gesorg. 

Trappies, ek bak dit maar so 30 minute en dan steek ek 'n tandestokkie in om te sien hoe lank nog.
Gewoonlik is dit gaar as die gebak so effens wegtrek van die pan se rante af. 
Title: Re: Wortelkoek
Post by: PM on February 04, 2012, 09:32:49 PM
En natuurlik het ek die wortelkoek probeer en natuurlik het die "icing" geflop!
Hoe nou gemaak?
More is 'n nuwe dag en more probeer ek weer!  Beter julle vroeg hier is om my te hulp te snel!

Title: Re: Wortelkoek
Post by: werelde weg on March 16, 2013, 01:37:47 PM
patrys hoe begin ek n nuwe lyn op jogurt koek? en hetb iemand so  n resep?  :color:
Title: Re: Wortelkoek
Post by: PM on March 16, 2013, 01:50:24 PM
Gaan na groot koeke en begin 'n nuwe onderwerp.  (New Topic)  Het ek jou reg verstaan?
Title: Re: Wortelkoek
Post by: werelde weg on March 16, 2013, 02:02:02 PM
jip dankie patrys... vraag is ook het iemand so n  resep vir jogurt koek?
Title: Re: Wortelkoek
Post by: PM on March 16, 2013, 02:17:59 PM
Ek sal vir Terry vra vir 'n jogurt resep.  Intussen het ek my vriend Google gevra en hy sê jy kan hier gaan loer:

http://www.huffingtonpost.com/2013/02/27/yogurt-cake-recipe_n_2767405.html
Title: Re: Wortelkoek
Post by: Naas on July 20, 2015, 11:26:58 AM
My Wortelkoek.

WORTELKOEK
(1 Koek van 23 cm in deursnee)

2 Koppies (500 ml) suiker
4 groot eiers
1 Teelepel vanieljegeursel
1½ Koppies (375 ml) sonneblomolie
2 Koppies (500 ml) koekmeel
1 Teelepel bakpoeier
2 Teelepels koeksoda
2 Teelepels fyn kaneel
1 Teelepel sout
3 Koppies gerasperde wortels
¾ Koppie (200 ml) fyn klapper
1 Koppie (250 ml) okkerneute, gekap
1 Koppie (250 ml) geblikte fyn pynappel, gedreineer

Versiersel

125 g botter, sag
500 g versiersuiker
250 g roomkaas
1 Teelepel vanieljegeursel
Ekstra gekapte okkerneute vir bo-oor sprinkel

Verhit oond tot 180 °C.
Smeer twee 23 cm-koekpanne met bietjie botter en voer met bakpapier uit.
Klits suiker, eiers en vanieljegeursel saam en voeg olie geleidelik by.
Sif meel, bakpoeier, koeksoda, kaneel en sout saam en meng by die eier-en-suikermengsel in. Voeg die gerasperde wortel, klapper, okkerneute en pynappel by beslag.
Gooi in voorbereide koekpanne en bak vir ongeveer 1 uur of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel in die panne.

Vir die versiersel:
Klits sagte botter totdat dit romerig is en voeg helfte van die versiersuiker geleidelik by. Klop tot lig en romerig. Voeg roomkaas by en meng by stadig. Voeg laastens res van versiersuiker en vanieljegeursel by.
Meng slegs tot alles goed deurgemeng is, anders raak die versiersel loperig.
Keer koeke uit panne en verwyder bakpapier. Smeer een koek met helfte van die versiersel. Plaas die ander koek bo-op en smeer met die oorblywende versiersel.
Sprinkel gekapte okkerneute bo-oor.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wortelkoek
Post by: Meraai vannie Baai on July 23, 2015, 04:06:49 AM
Vaderland Naas, dit klink hemels!