Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Hoendergeregte => Topic started by: PM on January 30, 2012, 12:51:39 PM

Title: Hoendergebak
Post by: PM on January 30, 2012, 12:51:39 PM
Hoendergebak

Bestanddele:

1 Heel hoender of borsstukkies
1 Pak gesipperde sampioene
1 Pak spek gesnipper
1 Halwe groenrissie
1 Hoenderblokkie
Sout
Petersielie
2 Koppies pasta
1 Groot pak sout-en-asyn skyfies

So maak mens:

Kook hoender tot sag, nie pap nie.  (Hou die hoenderaftreksel)
Laat afkoel en sny in blokkies. (Hou eers eenkant)
Braai spek liggies. (Hou eers eenkant)

Gooi gesnipperde sampioene, groenrissie en pasta in die hoenderaftreksel.
Kook tot sag en voeg dan die hoenderblokkie by.
Meng die gesnyde hoender, spek en petersielie by.
Plaas dit in 'n oondskottel.
Druk die aartappelskyfies fyn en strooi bo-oor.
Bak in 'n 350 grade oond tot ligbruin.