Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Brood, skons en beskuit => Topic started by: PM on January 30, 2012, 11:34:43 AM

Title: Doodeetskons
Post by: PM on January 30, 2012, 11:34:43 AM
Doodeetskons.

Bestanddele:

1) Vier koppies bruismeel
    1 Telepel sout
    2 telepels bakpoeier
    2 telepels suiker
    Meng alles saam.

2) 2 Groot eiers
    Halwe koppie olie
    1 koppie karringmelk (of gewone melk met 'n telepeltjie suurlemoensap of asyn gemeng)

Meng nou nommer 1 en 2 saam.
Meng met 'n slaplemmes.
Skep in muffenpannetjies so twee derdes vol.
Bak by 200 grade C tot gaar.