Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Klein koekies => Topic started by: PM on January 30, 2012, 09:05:56 AM

Title: Hertzoggies
Post by: PM on January 30, 2012, 09:05:56 AM
Bestranddele:
4 koppies meel.
250 gr margarine of botter.
2 Telepels bakpoeier.
6 Geskeide eiers.
Kwart koppie suiker.
Kwart telepel sout.

Vulsel:
1 Blik appelkooskonfyt (plus minus 400 gram)
1 Koppie suiker
250 gram klapper
6 Eierwitte
1 Telepel vanilje ekstrak.

So maak mens die koekiedeeg:
Meng die meel, die bakpoeier en die sout saam.
Vryf die botter daar in.
Meng die eiergele en die suiker saam.
Voeg 1 koppie water by. (As die deeg te styf is kan jy nog 'n titseltjie water byvoeg.)
Los dit eenkant om te rus vir so 10 minute.
Rol die deeg uit en druk dit uit met 'n oopgesnyde blikkie. (Sny sommer die appelkooskonfytblikkie aan alby kante oop en gebruik dit vir die drukkertjie.  Dit pas perfek in die vlak holtes van die koekpannetjie.)

Skep 'n telepeltjie vol appelkooskonfyt op elke uitgedrukte  degie.

So maak mens die vulsel:
Klits die 6 eierwitte styf.
Gooi 1 koppie suiker in en klits goed.
Gooi die klapper by die mengsel en meng goed deur.
Voeg die telepel vanilje ekstrak by en roer deur.
Skep telepels vol van hierdie mengsel en pak die telepel konfyt op die degie, goed toe daarmee.
Bak dit teen 180 grade C tot ligbruin.


Title: Re: Hertzoggies
Post by: Assie on September 07, 2021, 03:36:33 PM
Waar kry mens geskeide eiers. Ek het nie eers geweet die goed trou nie.

 :mumum:
Title: Re: Hertzoggies
Post by: PM on September 07, 2021, 09:22:54 PM
Jy moet nou nie hier vir jou kom slim hou nie!  Hierdie resep het ek nog by my Ouma Naas gekry en ek belowe vir jou, dit is die lekkerste Hertsoggies wat jy sal kry.  Ek kry sommer 'n knop in my keel en huil my hart uit as ek dink aan die dae toe sy dit nog vir my gebak het.  Here!  Wat 'n wonderwerk! 
Ek dink ook aan die wonderlike rok, die rok van skouer tot vloer, wat sy vir my gebrei het, wat my deur hierdie vieslike winter gedra het.
Skuus, dit is net die nostalgie wat my tot trane dryf.  Dit het niks met rooiwyn te doen nie.  :dontknow:
Title: Re: Hertzoggies
Post by: Assie on September 08, 2021, 12:56:16 AM
Ek het drie weke terug weer so 'n slag belustig geraak vir die hertzoggies soos ma dit gemaak het. Die winkels s'n is nettie dieselfde nie.
Ek en Nanja het die eiers se skeisake self hanteer en 'n baksel gebak.
7 dosyn hertzoggies later het ek my diabetes 'n les in die verwerking van suiker toegedien en 'n groot duik daaruit geeet. Natuurlik het Nanja baie hard bystand verleen en het ons nie baie bakke nodig gehad om die res te bere nie.
Ek het self al die skottelgoed en die berebakke gewas.

 :mumum:
Title: Re: Hertzoggies
Post by: PM on September 08, 2021, 08:58:21 PM
Dit is die ergste van enige gebaksels, daardie oneindige hoeveelheid van skottelgoed.  As ek net daaraan dink dan wip my behoefte om te bak by die agterdeur uit!

Ek buig die knieg vir jou en Nanja.  As julle weer so n groot projek aandurf, laat weet vir my.  Ek is daar, boots and all.
Title: Re: Hertzoggies
Post by: Meraai vannie Baai on September 08, 2021, 11:16:44 PM
Water my mond nou!
Title: Re: Hertzoggies
Post by: Assie on September 09, 2021, 06:16:42 AM
Ek is baie dae spyt die forum laat nie kiekies toe nie...

  :mumum:
Title: Re: Hertzoggies
Post by: PM on September 09, 2021, 06:18:58 AM
Jy moet net vir Raaitjie vra, sy weet hoe. 
Title: Re: Hertzoggies
Post by: Assie on September 09, 2021, 06:35:13 AM
Het al vir Ta Raatjie gevra maar kom nie reg nie. Ek dink sy het ook al die vermoe verloor.

 :mumum:
Title: Re: Hertzoggies
Post by: PM on September 09, 2021, 06:38:42 AM
Kom ons vra haar.  Ta Raaaaaiiiitjieeee!
Title: Re: Hertzoggies
Post by: Meraai vannie Baai on September 09, 2021, 08:06:51 AM
Ek het iewers my manier beduie. Ongelukkig het ek die fooie wat Outop vir my betaal het omdat ek die kwota fotos oorskrei het, opgegee en aangesluit by 'n ukulele forum met die dollartjies  :icon_bigsmurf: nou kan ek niks nie sneppies hier meer deel nie. Die fotos wat ouens soms deel op ander maniere weier my tikkertjie om te wys.
Title: Re: Hertzoggies
Post by: PM on September 09, 2021, 08:17:59 AM
Dit is sooooo jammer!  :crybaby2:
Title: Re: Hertzoggies
Post by: Naas on September 22, 2021, 08:06:49 PM
Lees bietjie hier:
https://www.google.com/url?sa=t&source=web&rct=j&url=https://maroelamedia.co.za/afrikaans/taaltoffie/woord-hertzoggies-smutsies-tweegevreetjies/&ved=2ahUKEwiU54e2lpPzAhXLSsAKHf1dDjgQFnoECAYQAQ&usg=AOvVaw2LIWpq0RLz0_rtcGua065K

Woord: hertzoggies, smutsies, tweegevreetjies

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hertzoggies
Post by: adele on September 22, 2021, 08:17:11 PM
en het ons nie baie bakke nodig gehad om die res te bere nie .....  :toothy4:
 :love7: :coffee2: :love7: :coffee2:
Title: Re: Hertzoggies
Post by: PM on September 23, 2021, 03:59:06 AM
Ek het bietjie gelees Naas, dit is baie interressant.  Tweegevrietjies.   :evil6:   Dankie vir die skakel.