Die Afrikaanse Forum

Die Klaskamer => Hoe werk die program? => Topic started by: Meraai vannie Baai on January 19, 2012, 11:51:59 PM

Title: PhotoScape (7) Region funksie
Post by: Meraai vannie Baai on January 19, 2012, 11:51:59 PM
Pret met die funksie het heel handig te pas gekom om my waterglas te 'merk'  :toothy4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/002-1.jpg)
Title: Re: PhotoScape (7) Region funksie
Post by: Meraai vannie Baai on January 20, 2012, 03:06:15 AM
En vir almal wat nostalgies voel: dieselfde funksie met 'embossing & sepia' as agtergrond i.p.v 'edge' en gekose deel in kleur soos met die waterglas.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Opgestel1b-2.jpg)
Title: Re: PhotoScape (7) Region funksie
Post by: PM on January 20, 2012, 04:39:11 AM
Baie mooi!  Plaas jy ook die foto's op die forum, uit photoscape uit Raaitjie?

Ek dag eers dit is valstande wat in die glas is.  Ha-ha.
Title: Re: PhotoScape (7) Region funksie
Post by: Meraai vannie Baai on January 20, 2012, 04:51:25 AM
Giggel ek vir jou valstande!  :toothy4: Weer terug  :icon_bigsmurf: nie seker wat jy bedoel met Plaas jy ook die foto's op die forum, uit photoscape uit Raaitjie?

Op FB het ek 'n verwysing na die forum aangebring vir die ouens wat wil kom saamspeel/leer en gese hulle moet jou kontak as hulle belangstel om te registreer indien hulle nog nie deel van ons ABC groepie is nie.

Hier is nog 'n foto wat ek vir die fam gemaak het met dieselfde funksie (ideaal om klem te le op 'n sekere deel in jou foto). Ek sukkel net om my fokuspunt van die kamera reggestel te kry. Sal moet Outop nadersleep vanaand!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/011-2.jpg)
Title: Re: PhotoScape (7) Region funksie
Post by: PM on January 20, 2012, 05:24:13 AM
Skuus, moes gou 'n eiertjie gaan bak vir die baas se kosblik. 

Dankie vir die skakel Raaitjie.  Hoop hulle kom sommer almal inloer.

Ek is mal oor die tafeltjie met jou boek op.  Dit is baie  mooi.

Marion is baie ongelukkig, haar boek het gekraak en hoeke-omgebuig by haar aangekom seg sy.

Sodra ek 'n kansie kry wil ek ook my hand hieraan waag.  Vandag eers kan oom drukker die laaste datastokkie inneem en oor die naweek 'n paar boeke druk.  Hoop ek kry dit terug van die binders af teen Woensdag, want ons ry Donderdag Kaap toe.

Ek gebruik nog photobucket om die foto's geplaas te kry.  Moet jy dit ook eers oordra daarheen voordat jy dit hier kan plaas?
Title: Re: PhotoScape (7) Region funksie
Post by: Meraai vannie Baai on January 20, 2012, 05:30:40 AM
Ekke moet ook deur photobucket werk en maak dit ook sommer daar kleiner, dan wys dit vir 'n ruk nog groot hier en as ek weer sien is dit darem kleiner formaat. Weet nie of iemand inspring en help en of dit vanself later in die kleiner vorm wys nie LOL!
Title: Re: PhotoScape (7) Region funksie
Post by: Meraai vannie Baai on January 20, 2012, 05:39:59 AM
Ek is soooo jammer om te hoor van Marion se boek! Is gaande oor myne  :love7: daar is maaaande se leesstof in! Ons het net 'n probleem met humidity en dan begin die boeke se blaaie bietjie golwerig vertoon, maar sodra dit minder vogtig is, wys alles weer perfek! Selfs die boeke in ons biblioteek doen dieselfde.
Title: Re: PhotoScape (7) Region funksie
Post by: PM on January 20, 2012, 05:45:35 AM
Toe ons die boeke terug gekry het van die binders af, het dit ook so "gegolf".  :icon_biggrin:
Nou is hulle weer mooi reg. Nou verstaan ek ook hoekom!  :icon_salut:

Ek kan nie verstaan hoe Marion se boek so beskadig daar aangekom het nie.  Was die verpakking swak?
Title: Re: PhotoScape (7) Region funksie
Post by: Meraai vannie Baai on January 20, 2012, 05:54:47 AM
Ek het net gister hier op ons nuus gesien hoe rof werk party poskantoorpersoneel met pakkies. Die ou het toevallig videobeeld gehad toe die man sy pakkie (antieke klokhorlosie) bo oor die hek wat gesluit was, gegooi het! Soms sit die ou wat ons pos aflewer my boeke sommer bo-op die posbussie neer ... enige iemand wat verby stap kan dit neem en as dit sou reen sou dit verfomfaaid gewees het snik. Maak my moerig man!!
Title: Re: PhotoScape (7) Region funksie
Post by: PM on January 20, 2012, 06:44:36 AM
Hulle is rof ja, dit is mos nie hulle goed nie!  Tog is ek net te dankbaar dat julle die pakkies ontvang het en dat jou boek tenminste nie "verkrag" is nie.   :icon_biggrin:
Dit is darem 'n allemintige bedrag geld om te betaal om 'n verflenterde boek te ontvang!
Title: Re: PhotoScape (7) Region funksie
Post by: Meraai vannie Baai on January 22, 2012, 06:35:36 AM
Ek stem mater! Baie baie dankbaar vir hoe ons boek hier aangekom het  :notworthy:

Terwyl ek nou weer kraai hier op die erf, wil die uwe sommer gou vir die lesers wys hoe 'n mens ook die funksie kan toepas, en ouma se mooiste ou blommetjie is hier gebruik as voorbeeld  :love7:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Oumaseblommetjie.jpg)
Title: Re: PhotoScape (7) Region funksie
Post by: PM on January 23, 2012, 09:14:39 AM
Dit is baie mooi.  Ek sal my stert moet swaai en hierdie program probeer.   :bootyshake:
Title: Re: PhotoScape (7) Region funksie
Post by: Meraai vannie Baai on August 10, 2017, 01:00:48 AM
Wys ek gou eers vanoggend my sus se kleinkind hoe 'n mens hierdie spesifieke funksie van die program gebruik. So dankbaar ek het dit aangeteken  :book1: