Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Kom ons help mekaar => Topic started by: PM on January 03, 2012, 09:22:13 AM

Title: 'n Italiaanse (11) lettergrepe spel.
Post by: PM on January 03, 2012, 09:22:13 AM
Kan julle my asseblief gou help met die woorde "lettergrepe spel" (ek wonder of dit nie een woord moet wees nie) en dan die onderstreepte versreël se leestekens.  Asseblief. 

'n Italiaanse (11) lettergrepe spel.

Kom speel saam om die Terza Rima woordvuur
waar kettingrym suutjies oor en weer vry -
met Piet Magriet se riglynkruk aan die stuur

van 'n gedigvorm wat skrywers wil verlei;
so word hierdie liefdesverhaal oorvertel
vanuit die dertiende eeu en steeds beny

ons almal Dante se lettergrepe spel,
en verweef verse ragfyn in hul geheel
met rympatroon, slaafs gevolg as 'n bevel.

Dans versvoete in tersines en speel-speel
word die Terza rima nog 'n beiteltjie
waar ritme tussen die strofes, nooit verveel.

Soos Dante,  groet ek met 'n enkel reëltjie!

© Meraai vannie baai
Title: Re: 'n Italiaanse (11) lettergrepe spel.
Post by: Meraai vannie Baai on January 09, 2012, 02:39:33 AM
Ek is glad nie meer op hoogte met nuwe spelreels ens. maar het sterk vermoede dat die voorbeeld-gedig dalk beter sal vertoon soos hier onder PM?

'n Italiaanse (11) lettergrepe-spel.

Kom speel saam om die Terza Rima woordvuur
waar kettingrym suutjies oor en weer vry -
met Piet Magriet se riglynkruk aan die stuur

van 'n gedigvorm wat skrywers wil verlei;
so word hierdie liefdesverhaal oorvertel
vanuit die dertiende eeu en steeds beny

ons almal Dante, se lettergrepe spel
en verweef verse ragfyn in hul geheel
met rympatroon - slaafs gevolg as 'n bevel!

Dans versvoete in tersines en speel-speel
word die Terza rima nog 'n beiteltjie
waar ritme tussen strofes, nooit verveel nie.

Soos Dante,  groet ek met 'n enkelreëltjie!

© Meraai vannie baai

 






Title: Re: 'n Italiaanse (11) lettergrepe spel.
Post by: PM on January 09, 2012, 06:58:52 AM
Dankie vir jou inset Raaitjie.  Dit lyk nou vir my in die haak!  Dit bly maar 'n mooi gedig.   :notworthy: