Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on December 29, 2011, 09:46:59 AM

Title: In die tronk van ‘n skedel
Post by: Naas on December 29, 2011, 09:46:59 AM
Tussen die leegtes van die ruimte
in die holtes van die been,
verdwaal daar stilstom stemme
roepend om hul heen.

Die geklang van siel se slotte
sluit die wêreld van hom af,
waar die skares van alleen wees
worstel met sy eie straf.

Hoekoms jaag die waaroms
in kringe deur die kop.
Verwese sit die selfverwyt
met kasty se hoedjie op.

In sy eie kopbeen tronk
dawer nog net die berou.
Vergifnis is die staaldeur
wat hom nou nog binne hou.

© Naas


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: In die tronk van ‘n skedel
Post by: Louis on December 29, 2011, 10:19:06 AM
dit is n ongelooflike stuk werk. baie goed geskryf
(nou voel dit so asof ek die soort tronk nogal goed ken)
Title: Re: In die tronk van ‘n skedel
Post by: Angelica on December 30, 2011, 03:07:13 PM
Hi Naas.
Mens moet amper geniaal wees om hierdie te kan uitdink.
Regtig baie goed geskryf.
Title: Re: In die tronk van ‘n skedel
Post by: PM on December 30, 2011, 03:29:10 PM
Stem ek honderd saam Ellé.  Dit is werklik goed geskryf Naas.  :notworthy:
Het net weer vanoggend op RSG (op pad huistoe) geluister na 'n praatjie oor vergifnis.  Die gedig is treffend. 
Title: Re: In die tronk van ‘n skedel
Post by: Naas on December 30, 2011, 03:54:17 PM
Dankie julle. Boor ek maar my groottoon innie grond.  :color:
Word nou die nag met hierdie eggo woorde in my kop wakker. Bang ek vergeet dit, gryp ek die stemvangertjie maar die se papperye bat. Toe moet ek maar daar rondval in my zebrapakkie vir 'n pan en pepier. lakkar deurie tjol het ek darem die regte woorde agtermekaar gekry.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: In die tronk van ‘n skedel
Post by: PM on December 30, 2011, 06:56:15 PM
"pan en pepier" lekker dubbelsinnig!   :icon_biggrin:

Die lekker in hierdie gedigte is om dit weer en weer te lees.  Elke keer tref dit dieper.   :notworthy:

Title: Re: In die tronk van ‘n skedel
Post by: Naas on December 30, 2011, 08:36:31 PM
Waarom beteken 'n dubbelsinnige ding altyd net een ding?   :icon_biggrin:






 :icon_bigsmurf:
Title: Re: In die tronk van ‘n skedel
Post by: PM on December 31, 2011, 10:28:59 AM
Omdat dit nie twee dinge is nie.   :icon_biggrin:
Title: Re: In die tronk van ‘n skedel
Post by: Ah Willa on February 19, 2012, 12:04:45 PM
Naas jy het darem 'n manier om woorde te laat toor -
dit wat jy hier beskryf, is baie hoe ek my laaste twee jaar ervaar het -
en hoendervlies draf oor my lyf terwyl ek dit lees ...

ek hoop regtig ons kan meer dig aande he (soos met die boek launch)
sal graag wil hoor hoe jy die een voorlees

dis verby ongelooflik mooi :hello:
Title: Re: In die tronk van ‘n skedel
Post by: Trapsoetjie on February 20, 2012, 03:08:00 PM
Hoe het ek die een mis gekyk.

Dis die meeste waar woorde wat ek in 'n langtyd gehoor het. Eish. Daai deur wat toegeswys word deur ons self, wat ons binne hou.  :notworthy:

 :angel12:
Title: Re: In die tronk van ‘n skedel
Post by: Meraai vannie Baai on October 03, 2016, 04:51:19 AM
Self deur die meule van vergifnis het die ene gekom asof gestuur. Naas ek het dit al hoeveel keer gese maar ek gaan weer: jy is ons eie Langenhoven  :notworthy: :hello2: :icon_salut:
Title: Re: In die tronk van ‘n skedel
Post by: Marinda Kemp on November 03, 2016, 12:24:28 AM
Net een kan so skryf. Goed gedoen soos altyd.  :toothy4:
Title: Re: In die tronk van ‘n skedel
Post by: adele on November 03, 2016, 05:36:01 AM
hierdie 'tronklewe' het ek die afgelope tyd goed leer ken, die afgelope jare ... maar ook ervaar hoe daardie staaldeur sommer oopgaan ....
Title: Re: In die tronk van ‘n skedel
Post by: Anastasia on May 27, 2018, 09:55:34 PM
Naas, jy het my met die een gehad by 'Tussen die leegtes van die ruimte' - sjoe, jou metaforiese tronk is so goed omdat jy dit so nou bind aan die ware Jakob.  Soms wonder mens watter een die ergste is?  Een, twee, drie, jy het my met die een.  Skitterend
Title: Re: In die tronk van ‘n skedel
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2019, 04:10:09 AM
En weereens moet die woorddief blosend erken dat jy 'n slagoffer was. Anastasia ek skryf hoofletter AMEN op jou kommentaar aan ons eie Langenhoven. Hierdie puik voorbeeld van metafore word ook met trots uitgestal by 'kom herkou saam aan Metafore'.

 :love7: :hello2: :notworthy:
Title: Re: In die tronk van ‘n skedel
Post by: PM on March 12, 2020, 02:21:09 PM
 :icon_salut:   :notworthy: