Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: Naas on December 22, 2011, 11:20:43 AM

Title: Die ander onskuldige ou
Post by: Naas on December 22, 2011, 11:20:43 AM
Lees ek mos die paalkoerante vanoggend. Gooi amper die rooi Golf om.
Weet nie of ek moet lag, frons of die donner in raak nie.
Hierdie ding kom al lank aan.
Adam het vir God gesê dis Eva se skuld.
Eva sê nee, dis die slang se skuld.
“Moenie kak praat nie,” sê die slang, “ek eet nie eers appels nie.”
Nou moet ons almal in sonde lewe, met pyn geboorte skenk en sweet vir ons geld. En dis niemand se skuld nie.

Net meer as ‘n jaar terug, by ‘n spooroorgang. Die veiligheidshek is af. Daar kom ‘n trein aan. Tien motors staan en wag.
Taxibestuurder besluit hulle is simpel. Mors sy tyd. Hy ry by hulle verby. Ignoreer die veiligheidshek en steek die spoor oor.
Reg voor die trein in. Tien passasiers (almal kinders op pad skool toe) is dood vir die res van hulle lewens. Nog twee beland in die hospital.
Bestuurder word aangekla vir manslag en skuldig bevind op tien klagte van moord en twee van poging tot moord. Landros sê hy het Russiese roulette met die kinders se lewens gespeel.
En die bestuurder se verweer. “Dit was God se skuld.”

En ek wonder hoe… ???




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die ander onskuldige ou
Post by: Trapsoetjie on February 03, 2012, 01:30:54 PM
Nou wat, as ek mag vra, wonder jy Naas?

As ek dit kan opklaar met 'n storie, gaan ek jou gou verveel.  :icon_biggrin:

Vinnige weergawe:

Ek het 'n Groen Jetta, gepakkeer regvoor my "Wendyhuisie". Ek sit in die "Wendyhuisie" en werk op my rekenaar. Regvoor die venster waar my Groen Jetta sit. Klapperkop ry die "Forklift" (Vurkhyster ek dink) met die naam Groenie die draak. Draakie kom verby gery, heen en weer. Soos Klapperkop goed uit dra. Klapperkop draai en stamp my Groen Jetta met een van die vurke. Hy ry aan. Ek (baie kalm) storm uit. Jou (*^^#$&) wat maak jy. Klapperkop stry hy het nie my Groen Jetta gestamp nie. So sê ek maar magtig ek het jou gesien. Klapperkop: "Nei dit wassie eki. Dit was die Forklift." Nou ja by daai tyd was ek so kalm soos 'n daggawalempie. Ek spring op Groenie en skrou vir Klapperkop nou sta jy voor Groenie dat ek jou raak ry, want dis mossie eki. Toe verstaan Klapperkop, "Nei, as jy dit so stel dan het ek sekker tjou se kar gastamp."

Nou bou 'n nasie.   :toothy4:

 :angel12:

Title: Re: Die ander onskuldige ou
Post by: Lox on February 03, 2012, 02:17:46 PM
Op die plaas kry ek dit ook baie keer:
Die tang het gebreek,
Die hamer se steel het gebreek,
Die trekker sit in die modder vas......

so asof die goed vanself breek en die trekker vanself in die modder vassit.

Title: Re: Die ander onskuldige ou
Post by: PM on February 03, 2012, 05:13:38 PM
Eish my baas! Dit is nou een ding wat ek ook nie kan klein kry nie.  :dontknow:
Title: Re: Die ander onskuldige ou
Post by: Angelica on February 03, 2012, 07:55:30 PM
Ja nee, ons kan ons storie so draai dat dit na die anderkant toe wys.
En jy weet nie wat om vir die persoon te se nie. Dit vat die wind uit jou seile.   :dontknow:

Title: Re: Die ander onskuldige ou
Post by: PM on February 03, 2012, 08:41:32 PM
Totaal en al! Windloos!  Skuus, my wind is ook uit my seile uit.   :dontknow:
Title: Re: Die ander onskuldige ou
Post by: PM on December 11, 2015, 09:58:55 AM
Nou het ek weer my lag vir die dag in!
Ek wonder waar is al daai onskuldige Kapenaars, hoekom kom gesels hulle nie saam nie, ek mis hulle.