Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: Lox on December 06, 2011, 04:50:45 AM

Title: verjaar
Post by: Lox on December 06, 2011, 04:50:45 AM
gister 5 desember het my vrou en haar pa verjaar en dit was redelik malhuis by ons. vrou se ouers bly op die oomblik hier. haar ma kry chemo en raak erg siek en haar pa het beroerte gehad so paar jaar gelede, hy sukkel ook om te stap.

Ek het nog gaan duikwerk doen in 'n dam, hier was kuier mense, plaas werk moet aandag kry ens.

in elk geval, al is ek een dag laat, ek het nie vergeet nie, baie geluk Gawelina wat gister saam verjaar het, mag dit vir jou 'n goeie en geseënde jaar wees.



ns my pa sou ook verjaar het.

Title: Re: verjaar
Post by: PM on December 06, 2011, 06:30:20 AM
Baie geluk aan al die verjaarsdagmaatjies.   :love7:

Hoop die jaar wat voorlê sal mega goed wees vir julle.   :wave:

Title: Re: verjaar
Post by: Angelica on December 06, 2011, 06:41:37 AM
Aan al die verjaarsdag-mense...  hoop julle het 'n wonderlike dag gehad en dat die nuwe lewensjaar wat voorle al jou drome oortref.
Sterkte aan die baie spesiale mense in ons lewens, ons ouers en senior burgers wat so nog baie bydra tot ons lewens.
Title: Re: verjaar
Post by: Fransi on December 06, 2011, 09:17:10 AM
 :hello:

Baie geluk en mag julle (lewens)tuine vol wit vlindertjies wees.