Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on December 05, 2011, 05:54:17 AM

Title: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: Angelica on December 05, 2011, 05:54:17 AM
Hierdie week is die een op die kalender wat as crazy hectic beskryf kan word.
Ek sal heel moontlik nie die krag he om 'n rekenaar aan te skakel vir die volgende paar dae nie.
En vanaand moet ons gaan kerrie eet by die sub redakteur wat saam met my seun afgele is.  Op 'n Maandag.  Op hierdie allervreeslikste dag.
Any way,  ek moet gaan.
Dit is heerlik om te sien dat almal weer bedrywig is, so julle sal my nie eens teeny weeny bit mis nie.
Goeie week vir julle en bly veilig.
xx
Title: Re: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: PM on December 05, 2011, 06:51:22 AM
Bog, ek mis jou al klaar!   :love7:

Voorspoed matertjie, mag jy vanaand se ete baie geniet en voor jy weet is die week verby.  Hoop jy kry darem so nou en dan 'n kansie om hier te kom ogies wys. 
Title: Re: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: Lox on December 05, 2011, 08:08:44 AM
dis mos die afskyt tyd in die jaar, wanneer kom die opskyt weer in januarie?
Title: Re: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: PM on December 05, 2011, 08:27:55 AM
Ek kry nie 'n opskyt nie want ek kry nie 'n afskyt nie.  :evil6:
Title: Re: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: Meraai vannie Baai on November 20, 2018, 01:55:15 AM
Opskyt en afskyt  :angel4: :bootyshake: :headbang:

O lieven loven - julle sal mos maak dat ek verstik in my eie giggel. Kan alreeds vir myself 'n titel toeken: Die forum se Giggelloog.

Title: Re: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: PM on November 20, 2018, 11:45:36 AM
Lag is altyd goeie medisyne.   :hello:
Title: Re: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: Assie on November 21, 2018, 08:47:02 AM
Afskyt is partykeer hartseer maar oppas vir opskyt want dit veroorsaak beskyt.  :coffee2:



  :mumum:
Title: Re: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: Meraai vannie Baai on November 21, 2018, 09:32:08 AM
En daardie soort het nie anys of karringmelk in nie ne Assie  :toothy4:
Title: Re: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: PM on November 21, 2018, 09:54:13 AM
Is byskyt nie heuning nie? 
Title: Re: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: Assie on November 21, 2018, 10:53:11 AM
Niks van daai lekkergoeters nie.


 :mumum:
Title: Re: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: Meraai vannie Baai on November 21, 2018, 11:57:44 AM
 :icon_biggrin: :bootyshake: Heuning was nog nooit so snaaks nie!
Title: Re: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: Assie on November 21, 2018, 12:25:57 PM
om ons soete taal te waardeer moet jy byskyt op jou beskuit eet.

'n Bytjie is daai insekkie met die soet bekkie aan die een kant en die skerp asgaai aan die ander kant.




  :mumum:
Title: Re: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: PM on November 21, 2018, 12:32:10 PM
Hierdie gebyskytery en beskuitery kry my nou onder, onder die boom met die byskyterypot op my beskuitery.  :icon_biggrin:
Title: Re: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: Meraai vannie Baai on November 22, 2018, 05:33:09 AM
Op hierdie soete noot kom ek ook eers koebaai waai :hello: Ons gaan bietjie wegloop vir 'n week na heerlike vars seelug en hopenlik vang Outop 'n vissie of twee wat ons kan braai. Gaan julle dan vir eers net goed maters  :love7: Drukkie as jy hier verby kom.
Title: Re: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: PM on November 22, 2018, 09:14:12 AM
Geniet dit matertjie.  'n Wel verdiende ruskansie.  Stuur 'n stukkie van daai vissie met e-pos dat ons kan deel in die lekkerte!
Kom veilig huistoe. 
Title: Re: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: Assie on November 22, 2018, 11:26:23 AM
Ta Raaitjie en outop moet die visvang geniet.
Ek en Oupa het 'n geheime plekkie net duskant die baai waar ons altyd visvang. Ek het nou die dag twaalf visse gevang. 'n Elf en 'n lekker vet grunter.


 :mumum:
Title: Re: Koebaai en nie Vaarwel...
Post by: PM on November 22, 2018, 03:07:24 PM
Dit maak twaalf ja! 
Ek het eendag 'n vyf en 'n half gevang.  Dit was ook 'n elf totdat 'n haai dit middeldeur gebyt het.