Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: PM on November 28, 2011, 07:30:26 PM

Title: Waar is julle?
Post by: PM on November 28, 2011, 07:30:26 PM
Ek skakel soveel as moontlik en praat met julle op julle selfoon. 
Ek verstaan dit is duur en ek verwag nie dat een van julle my moet skakel nie.
Dit kos egter nie 'n arm en 'n been om vir my 'n briefie in my eposbussie te gooi nie. 
Hoekom praat julle nie met my nie?
As ek nie 'n briefie skryf of 'n oproep maak nie, dan is daar net geen kontak nie.
Waar lê die probleem?
Is hier dalk iemand wat genoeg moed het om vir my die ware toedrag van sake te verduidelik?
Ellé begin op 'n gereelde basis 'n nuwe onderwerp. 
Niemand doen eers die moeite om haar te antwoord nie. 
Hier is kort-kort iemand wat iets in sy eie plekkie skryf, maar dit is blykbaar nie die moeite werd om daarop te antwoord nie.  Wat is fout?
Ek is liederlik opgestress daaroor en ek wil graag weet, waar lé die probleem?  Het ons "geliefdes vir Agrikaans" die pot mis gesit of wat is die probleem?
Moenie vir my sê jy het nie tyd nie, want jy het baie tyd om op FB of 'n paar ander programme jou sê te sê!  Hoekom kan jy my nie vierkantig in die oë kyk en sê presies waar die probleem lê nie?  Ek het jou nog altyd reguit en eerlik behandel, dink jy nie jy skuld my dit om dieselfde te doen nie?
As hierdie forum nie meer 'n doel dien nie, kom ons sluit dit.
Gaan jy maar net lees en stilletjies verby sluip of gaan jy my antwoord?
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Angelica on November 28, 2011, 07:46:50 PM
Ek is so verskriklik jammer dat jy so voel.
Ek hoop regtig nie dat ons die punt gaan bereik dat jy die Forum moet sluit nie. 
Vir my is dit die plek waar ek kom ontspan, my gedagtes neerskryf, 'n ietsie van myself met julle deel.
Dit sal my hart breek as julle nie meer deel van my dag sal wees nie.

 
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on November 28, 2011, 08:48:34 PM
Ellé, dit is presies hoe ek ook voel.  Elke dag teken ek in op die forum met die verwagting dat my matertjies ten minste vir my 'n paar woordjies los waarop ek kan teer vir die dag. 
Sover ek weet, het ek niks gedoen om iemand te na te kom nie. Ek is raadop!
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Angelica on November 29, 2011, 05:53:31 AM
Daar is natuurlik soveel redes as wat daar lede is wat nie meer hier kom kuier nie.
Wat dit is wat hom daarvan weerhou, sal net die persoon weet.
Ons is natuurlik almal baie besig, meer besig hierdie tyd van die jaar.
Daar is meer werk en spertye skuif na aan na volgende jaar nie.
Miskien net 'n vyf minute van jou dag hier spandeer kan ander goed laat voel.
Ek wens elkeen wil vir jou persoonlik in 'n e-pos vertel wat die rede is vir haar/sy wegbly hier.  Slegs dan kan dit opgelos word.
Maar as jy nie weet nie, PM, sal jy nie iets aan die saak kan doen nie.
En werklik, jy is nie 'n monster wat 'n tantrum sal gooi as een vir jou vertel hoe hy voel nie.
Ek het 'n paar weke gelede my kant gebring,  miskien is daar nog iemand wat sy bydrae wil lewer in daardie geval.
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Gawelina on November 29, 2011, 07:38:35 AM
Ek het hierdie kwartaal 3 grade in een klas gehad. Nou is ek veronderstel om met vakansie te wees, maar ek het 'n krat vol boeke huis toe gebring om my werk op datum te kry.  Ek is besig om stelselmatig my huis te springclean en intussen het al wat leef en beef besluit die ideale kersgeskenk vir oupa en ouma is 'n skets van al hulle kleinkinders.  Ek skets asof dit uit die mode gaan.  Voeg daarby 'n moeë liggaam wat nie kan byhou nie en wat elke middag doodruk en jy het 'n uithaler resep vir depressie.  Ek lees wel hier, maar ek het eenvoudig nie die krag of die lus om woorde te los nie. Jammer.
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Naas on November 29, 2011, 08:12:16 AM
As ek niks het om te se nie bly ek stil.





 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Trapsoetjie on November 29, 2011, 09:44:53 AM
Nee wat PM ek is nie kwaad nie. Soos Naas sê. EK loer en as ek saam stem dan los ek dit, want ek wil nie 'n een lyn of een woord pos nie.
Ek geniet ook om hier te loer so nu en dan. Het ook glad nie tyd nie. Beplan altyd om te kuier dan as ek weer my oe uitgevee het is dit laat en ek moet nog stort en die helfde van dit wat ek nog wou doen is nog nie gedoen nie. Dis moeilik as mens groot mense tuis het en net een moet die huis houding doen en nog werk ook. EK kla nie dis net wat in my lewe aangaan. Dan November was ek net een naweek tuis.. Weer ek kla nie dis my lewe. Besig Besig Besig. Gaan dalk hulp kry. SO hou duim vas Sy kan my help op 'n Maandag. Dit gaan my oneindig baie help. Dan hoef ek nie so rond te hol tussen potte en huisskoon maak (wat nou al so agter is, dat die muise dink dis 'n lekker kuier plek) eish  :crybaby2:
 :angel12:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Angelica on November 29, 2011, 08:00:42 PM
Lekker om weer vir julle hier te sien.
Vandag het ons:
Gehoor hoe Lox en sy gemeente en vriende woeker in Mosambiek.
Vir Trappies help duimvas hou dat sy hulp sal kry op 'n Maandag om haar week se werk draagliker te maak.
Naas sy probleme met ons deel dat ons hom aan ons Vader kan opdra.
Gawelina tyd gegun om weer tot verhaal te kom na 'n baie baie bedrywige paar weke.
PM weer laat glimlag omdat sy weet dat ons haar nie vergeet nie al is ons baie besig.

Julle is ook vir my belangrik.  Ek vind myself na 'n besige dag hier op die Forum.

Lekker aand verder.
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Fransi on November 30, 2011, 08:38:46 AM
 :hello:

Beslis nie kwaad nie, sukkel net met my werk (begin al hoe minder en minder van rekenaars hou- emosioneel onstabiele goed) en is in die aande besig om die skildery wat my skoonsus wil hê te maak. Daarna moet ek begin om die persoon wie se naam ek getrek het se kerspresent te maak- nie bonus gekry nie. Februarie is daar 'n kunsuitstalling en ek nog net twee skilderye vir dit en Maart is dit die miniatuur kuns uitstalling en ek het nog nie eers daaraan begin te werk nie- maar hopelik (my groot droom) kry hierdie stadige os wel 'n paar skilderye klaar en sien iemand "groots" dit raak en dan kan ek my werk los. :-)

Jammer dat ek so stil is, ek lees wel.
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Naas on November 30, 2011, 08:59:08 AM
Voorspoed met die "prentjies" Fransi. Ek weet dis harde en ondankbare werk wat gewoonlik eers in jou graf waardeer word.






 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Fransi on November 30, 2011, 09:52:06 AM
 :hello:

Dankie Naas en dit is so waar. Die een skildery waarmee ek nou seker by die 50 ure besig is, gaan vir my maar 'n wins van R300 inbring. Dus is my arbeid R6 'n uur "werd". Baie minder as wat Sophie per uur vir skoonmaak by my verdien. Ek wonder soms hoekom die kunste(enige vorm) en kunstenaars( tensy jy bekend is) so maklik uitgebuit kan word.
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on December 01, 2011, 06:54:56 AM
Julle maak my hart warm klop en my stertjie swaai weer.  Dankie vir die lekker kuier hier, as ek nie lief was vir julle nie sou ek julle nie gemis het en gesoebat het om te kom kuier nie.   :icon_biggrin:  Dankie, ek weet julle is almal dol besig, ek het maar net 'n bietjie verlang.   :notworthy:

Fransi, ek was al bevoorreg om jou werk te sien en dit is baie goed gedoen.  (Een van Fransi se werkstukke is in ons boek.)
Laat weet waar die uitstalling is, ons wil ook kom kyk.
As 'n mens sien wat doek, verf en ander kunsitems kos, is dit geen wonder dat soveel talent in ons land verlore gaan nie en die eindproduk kos 'n fortuin omdat die kunstenaar so duur vir alles moet betaal.  Voorspoed matertjie. 
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Fransi on December 01, 2011, 08:28:06 AM
 :hello:

Dankie PM. Die uitstallings sal hier in Lichtenburg wees. Ek weet die een van Maart gaan by die een kwekery gehou word, maar ek weet nog nie waar die ander een gaan wees nie. Sal vanaand probeer uitvind. Ja, die eindproduk kos 'n fortuin, tensy jy as kunstenaar so dom is om te vra watter tipe prys hulle ingedagte gehad het vir die skildery- dan gebeur wat nou weer gebeur het. Soms is dit so erg dat jy in werklikheid 'n verlies ly. Dit is beslis nie goed vir 'n mens se selfbeeld as iemand vir jou minder aanbied as wat hulle vir hulle huis- of tuinwerkers betaal nie. Verder moet 'n mens ook gallerye se beleid inagneem nl. o.a. dat jou werke se pryse nie moet verskil nie. Nie as dit dieselfde grootte is nie. As jy ooit die hoop het dat 'n gallery jou werk sal uitstal is dit dus eintlik beter om jou werke te prys volgens Lengte x breedte. 110cm maal 76cm sal dus in die omgewing van R8300 wees. Of R0.15 per vierkante sentimeter plus die raam se koste en soms selfs 'n 10% hanteringsfooi. (en dit is vir amateurs- soos ek- wat nog nie naam gemaak het nie) Die persoon het my egter R900 aangebied en die materiaal het my R600 gekos. Die ergste is dat hulle die geld aanbied met die houding van dat hulle jou 'n guns bewys om tenminste jou kostes om dit te kon maak te dek. Dit terwyl ek doodseker is dat hulle ontsteld sou wees om R300 te maak vir 50+ ure se werk.
Jammer vir my galbraak- ek het duidelik nog nie genoeg na my rustige, kalmerende musiek geluister nie. :-)
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on December 01, 2011, 08:48:22 AM
Dit suig!  (Soos Naas sê)  Bloedsuiers!  Ek sal ook galbraak. 

Wat sal die persoon nou doen as jy sê jy het intussen 'n beter aanbod gekry, sal hy/sy 'n beter aanbod maak?





Title: Re: Waar is julle?
Post by: Fransi on December 01, 2011, 09:04:23 AM
 :icon_biggrin: My donker kant het dit beslis oorweeg.  :icon_biggrin: Dit is vir familie, so 'n mens wil nie drama veroorsaak nie. Ek moes seker maar net leer dat 'n mens nie aan vriende of familie iets moet verkoop nie. Of soiets. Ek dink wel my donker kant gaan wen. Ek het die man se naam getrek vir 'n Kerspresent. Ek dink ek gaan die skildery as 'n Kerspresent gee en die mosaïek tafeltjie wat ek besig is om vir hom te maak, eerder uitstal en hopelik verkoop.
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on December 01, 2011, 09:11:33 AM
Koop vir hom 'n das, dit sal hom leer!   :icon_biggrin:

My se slim pa het ook altyd gesê, as jy jou vriende of familie wil verloor, doen met hulle besigheid.
As jy kwaad is vir iemand, leen vir hulle geld, want dan sien jy hulle nooit weer nie.  :icon_biggrin:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Trapsoetjie on December 01, 2011, 09:14:25 AM
Ek kan verstaan. Het 'n klomp regtig goeie kunstenaars in my familie. Het al van jul werk gekoop ook, gee nie om om vir iets te betaal as ek daarvan hou nie.
Ek self sal my nie een noem nie. Ek hou daarvan om goed te maak. Ek kan nou nie so mooi verf soos julle nie, maar ek geniet dit en dit beland in my kas. (My beste helfde wil dit elke keer raam shame Dis wat ek nou noem goeie ondersteuning ha haha)  :dontknow:
Die andergoed wat ek maak gee ek weg of verkoop vir basies wat die produk my gekos het, want ek wil nog maak. Ek geniet dit, dit hou my (skuus kry ek nou nie 'n woord vir) "sane". Of tot 'n mate.
 :angel12:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on December 01, 2011, 09:25:47 AM
Nee wat, toe kuns uitgedeel is het ek agter in die ry gestaan.   :icon_biggrin:  My agting vir kunstenaars is vreeslik groot! 
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Fransi on December 01, 2011, 09:37:29 AM
 :icon_biggrin:  :icon_biggrin:  :icon_biggrin:

Trappies, kraletjies en mosaïek is weer vir my baie terapeuties. Nie baie konsentrasie word benodig nie en behalwe vir die oorspronklike ontwerp is dit basies dieselfde tipe aksies oor en oor. Ek sal graag jou werke wil sien.

Ek het darem ook 'n tannie, my ma en my skoonpa wat al by my tekeninge gekoop het en hulle het nie my uitgebuit nie- inteendeel. :-)

PM, jy het ook kuns in jou met jou skryf/digwerk.
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on December 01, 2011, 09:45:55 AM
Trappies doen pragtige kralewerk, maak seep en kerse en ...  Kom vertel self Trappies.

Oeps, "kuns".  Sal nog baie moet leer en oefen.   :icon_biggrin:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Trapsoetjie on December 01, 2011, 11:43:52 AM
PM jy maak self die mooiste kralewerke. Naas is die man vir die kerse, ek het nie nog plek vir dit ook nie  :icon_biggrin: dink my beste helfde sal my uitskuif na Bagheera se hok toe.  :evil6: as ek nog iets tuis bring. Min weet hy wat alles in my kas wegkruip  :icon_biggrin:.

 :angel12:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Angelica on December 01, 2011, 07:33:14 PM
Ai, julle maak my jaloers.  Al wat ek kan doen is om te paint by numbers.  Ek dink juis daaraan om 'n eseltjie te koop om solank hier te staan. Dalk eendag verf ek 'n streep oor 'n doek.

Oeeee... julle moet Louis se sketse sien. 
Ongelooflik mooi.  Ek wens hy wil dit hier plaas sodat almal kan sien.
Maar as ek vra dan het hy die lelikste goed wat hy kwytraak oor hy's nog besig of hy is te besig. Al daai strnt.
Luiperds, met al daai kolle!!!, is sy speciality.
Hy is 'n groot kunstenaar.
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on December 02, 2011, 07:49:38 AM
Ons het darem 'n paar van sy sketse in ons boek. 
Louis, bring nog 'n paar dat ons kan saam geniet. 

Vandat ons terug is het ek nog nie weer aan 'n "skepping" begin nie Trappies, net vir 'n paar mense iets reg gemaak. 
Naas se meisiekind is mos 'n regte juwelier wat met regte goud en diamante werk. 

Ellé, ek glo nie eers ek sal kan "paint by number" nie.  Ek "paint by Photoshop".   :icon_biggrin:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Fransi on December 02, 2011, 08:40:15 AM
 :hello:

Ek is nou so nuuskierig om julle almal se skeppings te kan sien.
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on December 03, 2011, 12:38:45 PM
Ons moet 'n "Bragboek" begin waar almal hulle mooi skeppings kan plaas. 
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Angelica on December 04, 2011, 08:01:28 AM
Jou 'bragboek' klink na 'n uitstekende plan.  Amper soos 'n galery vir die meesters-in-wording.
Nee, Louis se hedendaagse werke is om oor te 'oe' en te 'aa'. Werklik.
Por hom aan om sy grootkat sketse te plaas.  Dis Afrika-katte op hul beste.
Ek het die voorreg gehad om dit te sien en wens hy wil dit uitstal.  Hy het 'n wonderlike geleentheid om dit op Paternoster te doen nou met die toeloop van ryk binnelanders. 
Ek wil sy arm (af) draai, maar hy is so sku vir celeb-status, dis net nie waar nie.
Seblief, Louis, stal jou werk uit vir jou vrinne, toe. 
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on December 04, 2011, 09:50:10 AM
Ek het gedink, die forum is al klaar groot en 'n mens verdwaal maklik.   :icon_biggrin:
Elke ou kan sy goed uitstal in sy eie plekkie.  Gratis.  Bring julle sketse, handwerk, of kunswerk en deel dit met ons. 
Louis, sebliefie, kom deel met ons. 
Naas, Fransi, almal wat kunswerk het, plaas dit in julle eie plekkie en as hier perongeluk iemand is wat nog nie 'n eie plekkie het nie, kom skree klip hard.
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Angelica on December 04, 2011, 02:50:17 PM
Klink wonderlik.  Kom ons hoop dit realiseer.
Dink net, die Forum se kunstenaars almal tesame met hul uitstallings op een plek - hier en miskien Stellenbosch... ??
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Louis on December 04, 2011, 02:59:27 PM
dit is nou als baie nice - maar as jy die rekenaar gestremdheid het wat ek het sal jy ook nie sommer probeer nie
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Naas on December 04, 2011, 03:08:04 PM
Toemaar Louis, ek is ook al 100 keer verduidelik en kan nog steeds nie 'n foto hier geplaas kry nie.

Hoe stadiger hulle verduidelik, hoe stadiger verstaan ek.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Louis on December 04, 2011, 03:56:01 PM
Elle het eendag vir my gewys hoe om te spoeg en plak. control A, control C en control V.
pragtig het dit die eerste twee keer gewerk maar van daar af is die enigste ding wat ek moet
control, my humeur, want die arme muis ontgeld dit elke keer. gelukkig is hulle goedkoop.
die ergste is dat my twee seuns albei rekenaar 'boffins' is maar het jy al vir so iemand gevra
om te verduidelik. dit is n styd van epiese proporsies. ek probeer nog dink aan die eerste ding
wat gese is dan trek hulle al stap twintig.
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on December 04, 2011, 05:44:28 PM
Die slim ouens verstaan nie hoe dit werk nie.  :icon_biggrin: 
My beste vriend in rekenaars is Google.  Eintlik is Google my beste vriend in alle inligting kwessies.  Die moeilikste van alles is om eers die "taal" te leer praat.  Dit is hier waar jy leer dat 'n mouse nie eintlik 'n muis is nie.   :icon_biggrin:
Alles is maklik as jy eers weet hoe en dit verg oor en oor doen.  Ek skryf maar alles neer, want oor twee weke het ek skoon vergeet wat ek gedoen het om dit reg te kry. 

Stuur julle foto's vir my, ek sal my bes probeer om dit te plaas. 
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Chichi on December 27, 2011, 06:10:09 PM
Ek is sorrie liefste PM! Ekke het nie eers kom lees nie *skaamgesiggie* jy mag nie meer kwaai wees nie! okay! Want ek is nou weer terug
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on December 28, 2011, 04:21:09 PM
Sodra jy net nie weer so lank wegbly nie gehoor!   :icon_biggrin:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Chichi on December 28, 2011, 05:58:28 PM
hehe nee dits reg, ek sal nie hoor!
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Meraai vannie Baai on August 23, 2018, 03:47:43 AM
Skouerlees altweer (erkenning aan Naas) hierdie plasing was gedoen in 'n tyd wat dit 24/7 donker was in ons lewe. Nie dat dit enigsins 'n verskoning is vir afskeep van geliefde maters nie maar ek kon nie help om na die datum te kyk en skielik het my maag op 'n knop getrek toe ek besef dit was ons eerste kennismaking met 'n asemdief.

PM, as jy nou sou vra waar is ek - ek is hier hoor  :toothy4: :love7: :snorting:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Anastasia on August 23, 2018, 02:17:05 PM
Meraai, skuif op dat ek saam met jou kan sit en hoendervleis kry.  Ek lees ook kort kort 'n stuk hier raak, en slaan my oog dan so op na die 'datum', nie berge nie, en besef dit was midde in die of daardie traumatiese gebeure in my lewe.

Title: Re: Waar is julle?
Post by: Meraai vannie Baai on August 23, 2018, 11:12:24 PM
So gemaak en ek sit my arm om jou liefste mater van ons. Glo jy verstaan 101  :love7:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on August 24, 2018, 03:51:18 PM
Skuif op matertjie, ek wil hierdie kant sit.  Hier is die mampoer, ons het iets sterks nodig. 

Gelukkig het ons  'n hele paar matertjies  se kunswerk in ons boeke.  As my gatseggies vandag gewerk het, het julle net  :hello2: :hello2: :hello2: en  :pottytrain2: :pottytrain2:  :pottytrain2:  :pottytrain2:  gesien.
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Meraai vannie Baai on December 11, 2018, 12:10:58 AM
Ek hoop regtig daar is nog bietjie mampoer oor  :toothy4: voel my hoeka ek gaan dit nodig kry voor ek 'n draai hier kom gooi want die alleenheid wurg selfs die geleende asems uit. Het niemand vir ons 'n grappie of ses nie? Lus vir lag man en kleinkind kyk my skeef aan as ek so op my eentjie lag.

Anastasia se sy verlang al na vyande nevermind mense wat sy nie ken nie  :angel4:

 (https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/stick%20up%20my%20ass.jpg)
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on December 11, 2018, 08:27:34 AM
More matertjies.  My sakke is gepak.  Ons gaan vandag terug huis toe.  Hopelik sal dinge nou weer terug keer na normaal.  Sal van my laat hoor as ons daar is. 
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Naas on December 11, 2018, 10:05:03 AM
Ek het ook nou net met Hannes gepraat. PM is op en aan die gang. Gelukkig het sy 'n groot hart. Sy sal sekerlik later self verslag doen oor haar gesondheid intussen is ek baie verlig dat ons maatjie nog op en wakker is.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Meraai vannie Baai on December 11, 2018, 11:01:11 AM
Nou klop my hart tjoklits. Ek het weer gehoor van twee van ons geliefde maters  :bootyshake: :love7: :hello2: Drukkies vir altwee van julle en hou die blinkkant bo. Skop in paaiemente as dit moet maar skop terug as die lewe sy 0 vir jou draai!
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Anton Louw on December 12, 2018, 06:40:37 AM
Hallo hallo!

Laaste wekie voor die rustyd so ek skarrel en het ook so een of twee onverwagte probleempies gehad om uit te sorteer.  Petra, bly om te hoor jy staan nog sterk - ek neem aan julle is al terug by julle se huisie daar in die hitte?    Gelukkig klink dit vir my daar het darem 'n bietjie water geval in daardie omgewing -  ek hoop by julle ook!

Ek drink sommer my koffie hierso vanogend - kan ek skink -   daar is rooi koeldrank ook  :toothy4:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Meraai vannie Baai on December 12, 2018, 07:19:34 AM
Sterkte mater met jou eie probleme Anton, en dankie vir inloer. Ek sal bietjie rooi koeldrank vat dankie  :icon_biggrin:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on December 12, 2018, 11:27:58 AM
Dankie julle.  Dankie Naas.  Het laasnag in my eie bed geslaap.  Morsdood geslaap.  Nie eers eenkeer omgedraai nie.  :icon_biggrin:
Anton, dit is pragtig groen hier.  Die bos lyk te pragtig, maar dit is die stilte wat my kniee laat knak van dankbaarheid. 


Man, ek wil net nie daardie tweede asem kry nie.  Ek gaap soos 'n kraai wat in die warm son sit! My voete lyk darem beter.  Oom dokter het 'n week gelede "bloed gelaat".  Net 400ml gekry.  Maandag weer probeer.  Net 100ml, as dit so baie was.  Seg hy my bloed is te dik.  My hart werk te hard.
My 0 is te dik as jy my vra!  (Anton, 0 staan vir gat  :icon_biggrin:  ) 


Ek moet oor 'n week weer gaan.  Een ding is verseker, niemand gaan 'n kano van my maak nie.   :angel4:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: Meraai vannie Baai on December 12, 2018, 12:15:34 PM
Jou humor is aansteeklik liefste forummoedertjie van ons  :headbang: ek stem saam oor die kano. More is dit weer my beurt. Ek wens die bewende lab-tannietjie wil nou aftree. Sy kom so bewe-bewe aan met die naald en as sy hom in jou arm het, begin sy die naald heen en weer beweeg - opsoek na 'n aar  :pottytrain2: ek kry hoendervleis as ek net aan dit dink.
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on December 12, 2018, 12:41:05 PM
Ek is jammer vir jou matertjie.  Dit voel sommer of ek sand onder my valstanne het.  (Ek hettie eers valstanne nie  :icon_biggrin:  )
My dokter is darem jonk en aantreklik, 'n bietjie skeef maar wat, dit pla my mos nou gladnie.  :angel3:
Hier na die derde steek toe kry hy daai dik pea-shooternaald in 'n ou klein dun aartjie net bokant my duim se laaste lit en hy klou my hand en daai naald vas vir 'n vale.  (Ek seg nog steeds, dit is hoekom daar nie wou bloed uitkom nie.  :icon_biggrin:  )
Hannes was nie baie be-indruk met my nie, toe ek vir oom dokter seg dat hy maar net kon vra as hy my hand wou vashou. 


Jy laat my nou dink aan die ou seuntjie wat wou het dat sy ouma hom moet vat om te piepie, want sy ouma bewe dan so lekker.   :icon_biggrin:

Title: Re: Waar is julle?
Post by: Meraai vannie Baai on December 12, 2018, 11:05:35 PM
Ek is verkrukkeld gelag diekant van die aardbol.  Sien ek al die prentjie.  En so sien ek ook vir jou en die mooie dokkie - hand aan hand. Griet verdriet, ek het nie eers geweet hulle probeer bloed trek uit jou vinger nie. Soms is ek gelukkig om by 'n lab uit te kom as ons toer, waar die tegnikus jou vinger prik vir die INR toets om die warfarin dosis te kan aanpas. Nooit te oud om te leer nie.
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on December 13, 2018, 10:27:21 AM
Daar loop 'n lekker dik aar net tussen jou duim se laaste lit (bo) en die pols.   :dontknow:  Een groot pluspunt is dat dit geen pers-groen-blou-merke gelaat het nie.  Ongelukkig wou dit ook nie bloed laat nie.   :sign10:

Title: Re: Waar is julle?
Post by: Meraai vannie Baai on December 13, 2018, 10:47:25 AM
Oi joi joi. Nog iets geleer vandag! As jy weer 'bloed moet laat' onthou om vooraf genoeg water te drink. Dit help om nie vol gate gesteek te word opsoek na are wat wil saamspeel nie  :`ip2:
Title: Re: Waar is julle?
Post by: PM on December 13, 2018, 11:47:39 AM
Ek sal dit beslis onthou. 
Daar is ook soveel menings aangaande bloedlaat as wat daar dokters is.  Hier is 'n "bossiedokter" wat glo jy veroorsaak maar net ander probleme, soos 'n tekort aan yster en ander minerale.  Hoe weet 'n mens nou eintlik wat is reg en wat is verkeerd.