Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Naas on April 27, 2011, 01:18:25 PM

Title: Tel saam
Post by: Naas on April 27, 2011, 01:18:25 PM
Een van die twee drielinge vier die vyfde van die sesde maand hul sewende verjaarsdag. :headbang:





 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Tel saam
Post by: PM on April 27, 2011, 02:03:24 PM
Hierdie een is darem nie eens so erg as daai sinne wat jy wil hĂȘ ek moet van agteraf vorentoe lees nie.   :icon_biggrin:
Title: Re: Tel saam
Post by: PM on January 08, 2018, 01:45:06 PM
Nog 'n vroegste inskrywing.  Ek dink daardie drieling vier hierdie jaar hul 14de verjaarsdag?
Title: Re: Tel saam
Post by: Meraai vannie Baai on January 09, 2018, 03:07:49 AM
Een keer het ek wrintiewaar twee maal moes lees van die drieling se viering op die vyfde van die sesde maand toe hulle sewe geword het om agt(er) te kom hoe die storie inmekaar steek. So spyt ek het die negende, tiende en al die ander gemis  :`ip2:
Title: Re: Tel saam
Post by: PM on January 10, 2018, 01:42:32 PM
Ja-nee, hierdie getellery is nie maklik nie. 
Title: Re: Tel saam
Post by: Naas on January 18, 2018, 10:57:29 AM
Onthou julle hoe ons as kinders gevra het hoe spel jy?
Vuurhoutjie... Een houtjie, twee houtjie, drie houtjie, vuurhoutjie.
Klavier... Kla een, kla twee, kla drie en klavier.
Seker daar moet nog baie wees.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Tel saam
Post by: PM on January 18, 2018, 07:13:04 PM
Wraggieswaar.  Nou het my kop tot stilstand gekom.  Ek weet daar is nog, maar ek weet ook dat ek dit vergeet het.  Ha-ha. 
Welkom Naas, ons het gedink dat ons jou amper verloor het.  (giggle)