Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Foltergrot => Topic started by: Naas on April 27, 2011, 08:49:12 AM

Title: Fôkkôlie
Post by: Naas on April 27, 2011, 08:49:12 AM
 :dontknow: En wat gaan hier aan dat hier Fôkkôlie aangaan.

Ek maak drie maal 'n dag 'n draai net om niemand te sien nie. Ek pluk sommer my toonnaels en knip my ooghare van verveeldgeit.



 :evil5:
 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on April 27, 2011, 09:49:53 AM
Hierdie kant van die see wat daaikant lê, was die ark oop.  Ons was so besig dat die winter ons stilletjies bekruip het.  Vanoggend toe ek my voete uit daai bed sit,  toe weet ek,  PM,  jy gaan bars van die koue.  Hierdie winter is nie vir sissies nie.  Ek sal 'n paar stelte moet aanskaf om effens verder van die koue vloere af te loop. 

Nou is dit dan ook tyd dat die twee ou spoke 'n paar dae verlof neem en Manlief se kop staan Tsitsikamma toe.  Maar dit is dan winter dan?  Wat van die bosveld?  Daar skyn die son ten minste.  Ek dink ons sal die brood maar in die helfte moet deel.  Of hoe?  Of is iets beter as fôkkôllie?

Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Mel on April 28, 2011, 01:36:16 PM
Ek voel vir jou PMtjie  :confused1:
Ek kan nie onthou wanneer laas ons 'n behoorlike winter beleef het nie en afwesigheid van sweetpakkke kan getuig!

Hier by ons is dit vir 'n paar dae net Harley Davidsons en rock 'n roll! Die African Bike Week het vandag afgeskop! Te lekker!
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on April 28, 2011, 01:55:13 PM
Wow!  Ek kan glo dat jy in jou noppies is met die bikes.  As daai Harley so diep uit sy keel uit grom-grom dan kry ek ook lekker tot in my kleintoontjie.   :icon_biggrin:

Hier by ons is dit koud vandag.  Die wind sny sommer die brood ook.   :evil6:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Gawelina on April 28, 2011, 04:42:10 PM
Ek dink ek word oud, want ek kry wragtag ook koud.  Diep tot in my siel koud.  Ek weet nie of my oë van koue traan of huil ek nie.  Ek dink Melkkos sal vannaand net die ding doen. Dan 'n lekker warm bad.  Weet nie hoe ek uit die dêm bad gaan kom nie, maar bad gaan ek bad. Kompleet met skuimbad en al. Sal maar wag tot pa by die huis is dat hy my kan kom uithelp. 

Genugtig, ek kan nie onthou wanneer laas ek in 'n bad was nie.  Ek stort tot 3 keer op 'n dag partykeer, maar dis darem nie dieselfde as 'n lekker warm warm bad nie.
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on April 28, 2011, 05:49:39 PM
Dit klink heerlik Gawie.  Moenounetnie vergeet om 'n glasie saam te neem nie.  As pa dan tuis kom en jou uit help kan jy hom dalk in help.   :icon_biggrin:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Naas on April 28, 2011, 08:20:36 PM
En terwyl julle nou met glasies wyn sit en skuim maak gaan hier al weer Fôkkôlie aan.
Ai, ai, ai ai ai!
:sleepy2: :sleepy2: :sleepy2: :sleepy2:





 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on April 29, 2011, 11:11:24 AM
Ja, maar ons was hier toe is jy weg,  en toe was jy hier en toe is ons weg,  en nou is ek weer hier en nou is julle weg.  Ai, ai!   :crybaby2:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Naas on April 29, 2011, 12:58:36 PM
Moderne wegkruipertjie?




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Trapsoetjie on May 09, 2011, 02:36:25 PM
Koeweeeee, blok myself>  :wave:


 :angel12:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on May 09, 2011, 03:03:36 PM
 :laughing7:  Lyk my almal speel saam.  Ek dink net Naas kan nou maar uitkom,  ek gaan nou ophou soek!   :laughing7:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Naas on May 09, 2011, 04:25:55 PM
Naas is tans baie gelukkig in sy depressie vasgevang.
Sal eers oorgaan nadat ek 'n leerder aangerand het.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on May 10, 2011, 07:25:12 AM
Een twee drie blok vir Naas!   Jy het die aan! 

Nou is ek darem baie bly ek leer nie by daai skool nie.   :bootyshake:  Wat doen hulle aan jou Naas, dat jy so drasties wil optree.   :crybaby2:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Trapsoetjie on May 10, 2011, 08:14:34 AM
Ongelukkig het "Kênners" geen respek meer nie!

Dis uit by die voordeur terwyl Mnr Moreel die hasepad by die agterdeur gevind het!

 :angel12:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on May 10, 2011, 08:39:52 AM
... en nou sit Mevrou Standaard met die gebakte pere!   :bootyshake:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Naas on May 10, 2011, 10:06:02 AM
NAAS se gebakte pere.
Daar is net nie pille of salf vir die "onskuldige" d0ÑÑ#&$ wat hulself leerders noem nie. Toe hulle nog leerlinge was kon mens hulle ten minste met 'n rottang reg timmer.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on May 10, 2011, 10:50:49 AM
Dit is wat 'n mens magteloosheid noem.  Jy wil so graag maar jy mag nie.  (Ek bedoel nou iemand 'n opvoeding gee.)  :icon_biggrin:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: adele on May 26, 2011, 09:27:29 PM

Hier by ons is dit koud vandag.  Die wind sny sommer die brood ook.   :evil6:

lanklaas het ek so lekker gelag, vriendin, jou opmerking kry 'n reuse groot roset van my.
natuurlik nog meer vanaand waar ek met 'n groooot warm kombers om my sit en 'n cokebottel warm water om my rondskuif. my goed is nog ingepak, dus is my gasverwarmer nog weggeraap en die elektriese goed het ons sommer hulleself laat wegpak, ek sien nie kans vir vandag se eenheidsprys daarvoor nie.

 :grommit:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on May 26, 2011, 09:53:21 PM
En Matertjie,  ek wil ook graag vir jou sê,  ek het lanklaas so lekker saam gekuier!  My hart klingel klangel teen sy eie snare vas en dit voel vir my asof ek tuis gekom het!
Ons vrek ook van die koue,  maar dankie tog vir warm harte wat saam kan kuier!
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Edelsteentjie on June 12, 2011, 10:19:26 AM
Het ek nou so lekker gelag vir myself. Maak die skrywe oop, en toe hak die internet vas. Staan daar net die opskrif, Naas as outeur en ... Verder fokollie! Dog ek dis die grap. Aai, blonde oomblik!
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on June 12, 2011, 11:11:26 AM
Op pad hierheen hou ons stil by 'n padstal.  Manief vrek mos oor koop!   :icon_biggrin:  Daar koop ek toe 'n pakkie fokkoltjiesaad.  Dit kos R1.00   Op die pakkie is die aanwysings en al.  Laggend vra ek toe vir die Kaapse meisie waar die saad dan is.  Vra sy:  Wat verstaan mevrou dan nou nie van fokkeltjiesaad nie?  Al die fokkol is daar binne in!   :sign10:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Angelica on August 06, 2011, 07:27:17 AM
Kom vanoggend eers op hierdie af.
Dis ons mensies daai.
Het ek lekker gelag vir die 'Fokkolie-saad' Nogal R1 'n pakkie.
Seker hulle manier om bietjie fondse bymekaar te maak en sommer 'n warmgeitjie in die dag te bring met 'n lag.

Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on August 09, 2011, 11:24:57 AM
'n Nasie vol humor en nou en dan nog 'n slim plan daarby.   :toothy4:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Chichi on September 22, 2011, 04:55:48 PM
Hier is nooit iemand 'online' wanneer ek op is nie    :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on September 23, 2011, 07:23:53 AM
Haai oe Blommie   :toothy4:  ek voel ook altyd so.  Los altyd 'n briefie:  Jy was hier toe is ek weg, nou is ek hier, nou is jy weg!

Dit maak nie regtig saak nie.  Ek is baie bly as ek "weer terug is" om al die skryfseltjies te lees en saam te gesels.

Soms mis ek julle met net 'n paar minute.   :dontknow:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Chichi on September 23, 2011, 08:17:58 AM
Jip ek het dit agtergekom!!!  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on July 18, 2012, 10:07:56 AM
Ek wonder nou maar net hoekom gaan hier nou weer Fôkkôlie aan?
Waar is almal?  Julle kan julle "beswaardhede" hier in driefoud kom plaas sodat ons die saak kan ondersoek, maar so kan dit nie aanhou nie.  Ek kou al my polse af en het niemand om mee te gesels nie!   :crybaby2:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Meraai vannie Baai on July 18, 2012, 12:16:08 PM
Ek is beswaard en kan nie gras sny nie   Outop het nuwe foun gekoop en die knoppies is so klein soos die dollars wat hy vir die ding betaal het. Gaan my sewe maande en nege jaar neem om die ding baas te raak. Gaan sit ek baie beswaard in sitkamer terwyl die baas van die pandok probeer agterkom watter knoppie doen watter funksie.

Volgende moment hoor ek hoe praat Outop met 'iemand' en besef hier is niemand behalwe ons twee siele. Vra ek pa moet ek ambulans bel is jy oraait?

Fôkkôlie antwoord.

Storm ek uitasem study toe. Sit hy en praat met die foon van alle dinge. Volgende oomblik gebeur 'n wonderwerk voor my oge. Die letters verskyn soos Outop praat ... we are safely home. Love you all. Mom & Dad.
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Trapsoetjie on July 18, 2012, 01:59:51 PM
Verstaan ek ook nie Fôkkôlie nie! As jy jou werk doen is dit nie goed genoeg nie, ek was nooit vertel ek moes 'n gedagtes-lesser wees nie. Nou ja, met my kristal-bal in vir diens het ek toe die einste gedagte gemis, en word toe daarvoor gewaarsku, per mond en 'n week later per epos.

Die Fôkkôlie gedeelte, is toe ek wel iets doen deur ander se gedagtes te lees, let wel die balletjie is nog in vir diens, was dit ook nie goed genoeg nie, en word daar weer 'n epossie vir my aangestuur. Elkgeval nou nie  :crybaby2: te veroorsaak nie, is gelukkig druk besig om my "Giggel tee" te drink.  :hello2:

Sussie sê toe nou, die ding staan so, dis seker die enigste wettige manier om "Sceletium" in te kry...Nou soek ek die plantjie  :evil6:

So moenie te veel komkommer as jy fôkkôlie hier van verstaan nie. Dan maak dit twee van ons.  :evil6: Maar is ek nog gelukkig want giggel tee, maak die hardste woorde na jelly klink.  :evil6:

 :angel12:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on July 18, 2012, 10:57:14 PM
Twee dinge staan soos 'n paal bo water:
Raaitjie is: we are safely home!   Dankie tog!
En Trappies:  ek is nog gelukkig want giggel tee, maak die hardste woorde na jelly klink.    evil6 
Trappies, kan jy van daardie tee vir my aanstuur asseblief?  Ek het dit dringend nodig!
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Meraai vannie Baai on July 18, 2012, 11:23:53 PM
Ek wou vir julle boodskap stuur van die nuwe kontrepsie af maar die ding is net slim in Engels en verstaan fôkkôlie  as mens met hom Afrikaans praat. Gelukkig kyk ek voor ek send druk: Aki de lis.  :color: (Ek het julle lief) ek kry dit nie uitgevee nie, hoop nie die ding kan self stuur ook nie  :icon_bigsmurf: As iemand so boodskap kry, ek pleit onskuldig.

Trappies kan ek ook van jou spesiale tee kry seblief?
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on July 19, 2012, 08:12:06 AM
Ons se twee seuns ruil toe hulle voertuie so ewe gelyk in vir nuwes.  Hulle voertuie het ook sulke kontrepsies in wat Engelse ore het. My fountjie vertel ook vir my wie skakel, maar dit klink maar rof.  Hannes is "Hêns".  :evil6:
Die tegnologie vorder darem flink.  Wonder wat is volgende?

  Trappies, is dit nou "Sceletium activa"?  :angel4:  Sal moet help soek na daardie plantjie. 
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Trapsoetjie on July 19, 2012, 08:22:27 AM
PM op die boksie staan "Giggel Rooibos met Sceletium - Happy Rooibos with Sceletium". Ek het bietjie gaan loer op oom Google, en die wil vir my amper seg, dat 'n soort van Kannas is. Nou my plat brain is my te vertelle dat daai dêng wat ons nie mag groei in ons tuin nie.  :evil6:      :dontknow:

Die tee is beskikbaar by Annique, so as julle 'n agent naby het, koop dit by hulle. Dit werk  :icon_biggrin:.

http://www.kanna.co.za/

Dit lyk eerder soos 'n vet plant as 'n Dagga plantjie.  :evil6:

 :angel12:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on July 19, 2012, 08:53:22 AM
Die poppie wat ons huis huur werk vir Annietjie. Ek sal haar bietjie skakel.
Nou is die tyd vir Naas se "so kalm soos 'n daggawalm" en Trappies se "giggelteetjies".  :angel8:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Meraai vannie Baai on September 01, 2015, 09:41:49 AM
Giggel ek nou, nee ek het nie van die happy Rooibos in nie. Net 'n rooietjie - myse Outop sweer hoog en laag dit is enige verkouekiem se dood uit 'n glas.
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on September 04, 2015, 01:46:11 PM
Heerlike ou dae saam gekuier.   :love7:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Meraai vannie Baai on August 31, 2018, 01:30:48 AM
Telegram uit Gatkantland: PM, jy was 'n slagoffer van die woorrdief  :bootyshake: :book1: :notworthy:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4338.msg29609#msg29609
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on August 18, 2020, 02:04:53 PM

Onthou ek nou weer van hierdie saad!
Op pad hierheen hou ons stil by 'n padstal.  Manief vrek mos oor koop!   
  Daar koop ek toe 'n pakkie fokkoltjiesaad.  Dit kos R1.00   Op die pakkie is die aanwysings en al.  Laggend vra ek toe vir die Kaapse meisie waar die saad dan is.  Vra sy:  Wat verstaan mevrou dan nou nie van fokkeltjiesaad nie?  Al die fokkol is daar binne in!
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Naas on October 06, 2021, 01:26:55 PM
Ek het nou 'n nuwe party gestig. Dit word afgekort as EVF. (Ek Voel Fokkollie)
In kort werk dit so.
Ledegeld is R100 per maand maar as jy dit nie betaal nie... EVF
As jy nie vir my wil stem nie... EVF
As jy nie met my saamstem nie... EVF
As die ander party wen... EVF
As die ander partye die land in die grond in boer... EVF
Wat ook al verder gebeur... EVF
As julle nie hier wil lees en antwoord nie... EV ook F.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Assie on October 06, 2021, 02:26:12 PM
Oom Naas, ons is te laat om kandidate vir die verkiesing te registreer.

 :mumum:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Naas on October 06, 2021, 02:27:19 PM
EVF

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Meraai vannie Baai on October 06, 2021, 11:14:13 PM
Ek is nou deel van die EVF party. Het ook iets om vanaand te probeer as Outop by die huis kom. Nie ek of die kinders of sy kollegas het hom al ooit hoor swets nie. Diekant van die aardbol is die kras deel van Fôkkôlie deel van die taal en as dinge verkeerd gaan by die werk vra hulle graag vir Outop of dit F'd is dan antwoord hy net: it is not happy! En die res verloop so: "you mean to say it is F'd?" .... "No, it is not happy at all."  So ek gaan hom vertel van die nuwe party waarvan ek deel is en wag vir sy antwoord  :`ip2:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Assie on October 07, 2021, 12:55:34 AM
 :hello2:  :coffee2: :headbang: :angel4:

 :mumum:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: PM on October 08, 2021, 01:10:22 PM
Ja-nee, dit is so waar, waarder as die waarheid.   :angel7:
Title: Re: Fôkkôlie
Post by: Naas on October 11, 2021, 01:45:52 PM
Wat was Outop se reaksie oor jou nuwe party?
Ongelukkig kan jy nie vir my stem daar in gatkantland nie maar EVF.

 :icon_bigsmurf: