Die Afrikaanse Forum

Die Klaskamer => Taal Definisies => Topic started by: PM on November 14, 2011, 01:38:06 PM

Title: Ontronding en Diftong
Post by: PM on November 14, 2011, 01:38:06 PM
Ontronding  is ‘n klankverskynsel waar mense geronde klanke “ontrond” en dit met “gesplete lippe” uitspreek.
Dit is dan wanneer – reguit – regyt   
gebruik – gebryk
bruin – bryn, ens voorkom.
Ek glo dat die kinders skryf soos hulle hoor en dit is hoekom dit so dikwels voorkom.
As ons van “skruif” sou praat en dit duidelik so sou uitspreek, sou die kinders dit so geskryf het.
 
‘n Diftong is ‘n kombinasie van meer as een  vokaal wat direk na mekaar uitgespreek word, om twee klanke te vorm, maar wat tot een klankgroep hoort.
aai   h-aai
ai   ai-tsa
eeu   spr-eeu
ei   l-ei
oei   l-oei, k-oei
ooi   m-ooi
oi   o-tjie
ou   ou-d
ui   fl-ui-t
y   l-y
Vir my is dit baie belangrik om die diftong baie deeglik te behandel as jy daarby kom.
Ek wens dat elke ouer ‘n groot muur met bordverf wil verf, en alles vir ‘n kind daarop leer.
Maak rympies of sinnetjies soos bv.
Fluit fluit my storie is uit.
Of die rooi ooi is mooi. Gooi die rooi ooi in die kooi.
Slegs by herhaling sal kinders leer.
Title: Re: Ontronding en Diftong
Post by: PM on November 14, 2011, 01:40:41 PM
Die volgende drie diftonge, EI,  UI  en Y, gee groot kopseer vir baie skrywers.
Dalk help die volgende voorbeelde.

ei
Ei word gebruik as jy water in 'n voor aflei.
Jy lei 'n perd na die water.
'n Leier is dan iemand wat die leisels hou.  (Ook die leier van 'n land of 'n groep.)

Die spreekwoord "vir 'n appel en 'n ei verkoop" beteken die "ei" 'n eier wat Nederlands is vir 'n hoendereier.

'n Koei het 'n uier en 'n baba dra 'n luier.
Luier beteken ook om leeg te lê en 'n mens se motorenjin luier ook as dit vryloop.

Iemand wat siek is ly aan 'n siekte.
Pyn en lyding word dan in dieselfde sin gebruik.
Om te ly is dus seer, eina, pyn, lang y.

As jy nie van werk hou nie is jy lui.

'n Sny koek is 'n skyf koek,
'n mens skiet ook na 'n skyf.

Jy skuif 'n skaakstruk of
skuif iets van een plek na 'n ander.

Die son skyn,
maar dit skyn ook  dat jy nie die waarheid vertel het nie.  (Dit wil so voorkom.)
Ook skynheilig.


As daar nog verwarring is sal dit gaaf wees as ons dit kan bespreek om duidelikheid te verkry.